Nuwe Tuks-rektor sit rasseoorheersing oor Afrikaners voort

Posted by Dan Roodt | Rubrieke | Vrydag 31 Julie 2009 9:43 am

 Powered by Max Banner Ads 

Hoewel die bruin bevolking van Suid-Afrika oor die laagste deelname aan tersiêre onderrig beskik, is hul besetting van rektorsposte die hoogste, veral as dit by voorheen Afrikaanse universiteite kom. Met die aanstelling van prof. Cheryl de la Rey as rektor van die UP, beskik vier uit die vyf “histories Afrikaanse universiteite” oor bruin of kleurlingrektore.

Indien enigiemand nog daaroor getwyfel het of daar rassekwotas by die aanstelling van rektore geld, kan hy of sy maar gerus wees: daar ís rassekwotas.

Blykbaar word 97% van alle akademiese publikasies in Suid-Afrika deur blankes geproduseer en meer as die helfte daarvan deur blanke mans. Geen blanke man kwalifiseer egter meer om as rektor van ‘n Afrikaanse universiteit aangestel te word nie en veral geen blanke Afrikanerman nie. In dié opsig moet dr. Theuns Eloff van die Noordwes-universiteit seker besef dat hy ‘n volslae anomalie binne die “nuwe orde” verteenwoordig en waarskynlik eersdaags op grond van sy ras van sy pos onthef sal word of andersins net nie weer ‘n aanstelling sal verkry nie.

Afgesien van Nazi-Duitsland waar Jode nie universiteitsposte mag beklee het nie, is daar geen voorbeeld in die moderne geskiedenis van ‘n rassebeleid en veral ‘n diskriminerende rassebeleid wat so konsekwent teen ‘n bepaalde etniese groep gevoer is soos tans teen Afrikaners geskied nie.

In dié opsig is die grappies wat sowel Beeld as RSG oor die nuwe rektor se van gevoer het, as sou sy ‘n “De la Rey wees wat die Tukkies kom lei”, in swak smaak en kwetsend vir baie Afrikaners wat nog waarde aan hul geskiedenis en hul helde heg.

Hoewel Cheryl de la Rey ‘n van geërf het, het sy reeds tydens haar RSG-onderhoud duidelik gemaak dat sy verkies om Engels te praat en dus van geen Afrikaanse of Boeresentiment verdink kan word nie.

Prof. De la Rey, indien u geen sin vir taaletiket het nie: om op die nasionale Afrikaanse stasie Engels te praat terwyl u kennelik Afrikaans magtig is, sy dit dan vir u ‘n tweede of derde taal, verteenwoordig vir ons almal ‘n growwe belediging en is in die konteks uiters ongepoets. Dit voorspel niks goeds vir u vrome voornemens om sogenaamde “meertaligheid te bevorder” – wat in die SA konteks al ‘n sinoniem vir verengelsing geword het – en om reg aan Afrikaans aan Tukkies te laat geskied nie.

Op sy beste sit die aanstelling van “die swart vrou” Cheryl de la Rey die aftakeling van alles wat Afrikaans is en deur Afrikaners in die land opgebou is, voort, want uit haar houding blyk reeds dat sy die status quo van onafwendbare verengelsing gaan handhaaf. Op sy slegste, het ons hier net nog ‘n akademiese voorbeeld van etniese en rasseoorheersing waarmee Afrikaners in dié bose, onregverdige en rassistiese bestel vir lief moet neem.

Ons moet ook onthou dat Cheryl de la Rey ‘n lang verbintenis met sowel die Universiteit van Natal as die Universiteit van Kaapstad het, twee universiteite wat reeds dekades lank met ‘n volgehoue veldtog van Afrikanerhaat besig is en as’t ware die akademiese sentra van die huidige etniese suiweringsveldtog teen Afrikaans en Afrikaners verteenwoordig. Akademici in die algemeen is tropdiere en aartskonformiste. Heel waarskynlik dink Cheryl de la Rey nie veel anders as haar kollegas aan dié  twee universiteite nie.

Die Vryheidsfront Plus se jeugtak op die kampus sal daarom dié nuwe rektor met ‘n arendsoog moet dophou. Slegs voortgesette waaksaamheid en stryd sal Afrikaans nog hoegenaamd op die kampus laat oorleef. ‘n Revolusie sal egter nodig wees om Afrikaans hoegenaamd weer vryheid en gelykheid te gee, dít wat taalgemeenskappe elders ter wêreld as vanselfsprekend aanvaar.

Veral moet Afrikaners nie so naïef wees om te dink dat die mooipraatjies oor “meertaligheid” enigiets anders as voortgesette verengelsing en die verdrukking van Afrikaans beteken nie.

Die beskawingsteorie van Aleksandr Dugin

Posted by Dan Roodt | Sonder kategorie | Sondag 26 Julie 2009 4:21 pm
Aleksandr Dugin

Aleksandr Dugin

Hier is ‘n fassinerende opstel deur die Russiese denker en politikus Aleksandr Dugin. Dit mag vir Afrikaners van hulp wees om te verstaan waarom hulle in die wurggreep van die moorddadige “Atlantisme” verkeer.

The Great War of Continents

The Great War of Continents by Aleksandr Dugin

This text was originally published as Part III of “Konspirologya” (The Analysis of Conspirations), Arktogeya, Moscow 1992.
Part I – Before 1945
Geopolitics and the secret forces of history

The patterns of “conspiracy” are extremely miscellaneous. In this sphere the greatest popularity indoubtedly goes to the concept of the “Judaic-Masonic” conspiracy, so spread today in the most different circles. On principle, this theory deserves the most severe study, and we must recognize that we have no complete and serious scientific analysis of this theme, despite hundreds and thousand works either “exposing” this conspiracy, or “substantiating” its non-existence. But in the present work we shall examine a completely differente conspirologic pattern, based on a system of coordinates distinct from the “Judaic-Masonic” version. We shall try to describe in general the planetary “conspiracy” of two opposite “occult” forces, whose secret opposition and the invisible fight predetermined the logics of world history. These forces, in our opinion, are mostly characterized neither by national specificity nor by their belonging to a secret organization of Masonic or para-Masonic kind, but because of a radical divergence in their geopolitical orientation. As to the explanation of the final “secret” of these opposing forces, we are inclined to see it in the difference between two alternative and mutually excluding geopolitical projects, which stand aside of national, political, ideological and religious differences, and unite people of the most contradictory opinions and beliefs into one single group. Our conspirologic pattern is the pattern of “geopolitical conspiracy”.

The bases of geopolitics

Let’s remind the basic postulates of geopolitics – a science which was earlier called also as “political geography” and whose basic elaboration is due to to the English scholar and political expert Halford Mackinder (1861-1947). The term “geopolitics” was for the first time introduced by the Swedish Rudolf Kjellen (1864-1922) and then brought into use in Germany by Karl Haushofer (1869-1946). Anyway the father of geopolitics remains Mackinder, whose fundamental pattern stood at the bases of all subsequent geopolitical studies. A merit of Mackinder is that he managed to outline and to comprehend the definite objective laws of political, geographical and economic history of mankind. If the term “geopolitics” appeared rather recently, the realiy designated by this term has a pluri-millennial history. The substance of the geopolitical doctrine can be summarized in the following principles. In the world history there are two opposite and constantly competing approaches to the assimilation of land and room – the “overland” approach and the “maritime” approach. Depending on what attitude (“overland” or “maritime”) the diverse states, peoples, nations, their historical consciousness adhere to, their foreign and domestic policy, their psychology, their world-view are shaped according to completely definite rules. Given such feature, it is quite possible to speak about an “overland”, “continental” or even “steppe” (“steppe” is “land” in its pure, ideal kind) world-view and about a “maritime”, “insular”, “oceanic” or “aquatic” world-view. (We shall notice incidentally that the first hints of a similar approach can be found in the works of the Russian slavophiles – as Khomyakov and Kiryevsky). In the ancient history the “maritime” powers who became the historical symbol of the “maritime civilization” as a whole were Phoenicia and Carthago. The overland empire opposing Carthago was Rome. The Punic war is the purest image of the opposition of “maritime civilization” and “overland civilizations”. In the Modern Age and in the recent history the “insular” and “maritime” pole became England, “Mistress of the seas”, and later the giant island-continent America. England, as well as the ancient Phoenicia, mostly employed sea trade and the colonization of the coastal areas as its basic instrument for domination . The Poenician-Anglo-Saxon geopolitical type generated a special “mercantile-capitalist-market” pattern of civilization founded first of all on economic and material interests and the principles of economic liberalism. Therefore, despite all possible historical variations, the most general kind of “maritime” civilization is always linked to the “primacy of economics above politics”. As against the Phoenician pattern, Rome represented a sample of warlike-authoritarian structure based on administrative control and civil religiosity, on the primacy of “politics above economics”. Rome is the example of a non-maritime, overland, purely continental type of colonization, with its deep penetration into the continent and assimilation of the submitted peoples, automatically “romanized” after the conquest. In Modern History incarnations of the “overland” power were the Russian Empire and also Central European imperial Austro-Hungary and Germany. “Russia – Germany – Austro-Hungary” are the essential symbolls of “geopolitical land” during Modern History. Mackinder clearly showed that in the last few centuries the “maritime attitude” means “atlantism”, as today the “sea powers” above all are England and America, that is the Anglo-Saxon countries. Against “atlantism” personifying the primacy of individualism, “economic liberalism” and “democracy of a Protestant kind”, stands “eurasism”, necessarily presupposing authoritarianism, hyerarchy and the establishment of “communitarian”, national-state principles over the simply human, individualistic and economic concerns. The clearly expressed eurasian attitude is typical first of all of Russia and Germany, the two mightiest continental powers, whose geopolitical, economic and – most important – wordl-view concerns are completely opposite to those of England – US, that is the “atlantists”.

Verlos ons van Classic FM

Posted by Dan Roodt | Rubrieke | Sondag 26 Julie 2009 7:55 am

‘n Mooi Afrikaanse stem is darem maar mooi om na te luister en daar was soveel omroepers wat beide wel ter tale en melodieus van stem was in die verlede dat mens kwalik al die name kan opnoem.

Die koms van ‘n klassieke radiostasie aan die Rand, wat deur Eon de Vos begin is, was aanvanklik vir my ‘n welkome briesie tussen die al hoe meer primitiewe klanke wat van die popstasies uitgesaai is. Trouens, stasies soos Hoëveld en Jakaranda wat voorheen ook ander programme gehad het, het verval in stereotiepe rioolpype vir die jongste Amerikaanse musiek wat lank nie meer deur witmense gemaak word nie en waarna niemand sonder voorsate iewers uit die Nigerdelta langer as tien minute kan luister nie.

Terloops, vir gereelde lesers van hierdie woernaal wat dalk deur die Engelse datums en programopskrifte geïrriteer kon gewees het: gisteraand het ek en Albertus Kleingeld, PRAAG se webmeester, Wordpress hier sover doenlik verafrikaans. Eers het ek ‘n half voltooide Afrikaanse taalpak vir Wordpress op die internet gevind en daarna het Albertus sommer die kieslys op die voorblad insgelyks verafrikaans.

As mens nou al die klippies in die Classic-FM-skoen, wat jou op die duur rasend maak, moet begin opnoem, dan is die feit dat die stasie uitsluitlik Ingels is seker nommer een. Wat weet Engelse in Suid-Afrika van klassieke musiek af? Waarskynlik is meer as die helfte van Classic FM se luisteraars Afrikaners, maar ons kry steeds ‘n streng Engelse dieet oor die lug. En by al hul pogings om pretensieus te klink, kry die C lassic-FM-0mroepers dan gewoonlik die uitspraak van Duitse, Franse en Italiaanse name en terme verkeerd!

Julia Burger, wat ‘n gewone “Burger” is, soos in Schalk Burger, maak van haar eie van iets soos “Bûghuh”, maar ek veronderstel in die soort koloniale benoudheid van Classic FM sal ‘n Afrikaanse van kwalik geduld word.

Nie net is die stasie se nuus uiters swak nie en word belangrike nuusstories daagliks uitgelaat nie, maar die mense wat dit lees klink asof hulle laas ‘n rieksjawaentjie in Koeala Loempoer gestoot het.

Dan is daar Mike Mills. Daar is min mense wat dit kan regkry om jou met sy onnosele, aangeplakte vriendelikheid so te irriteer dat jy hom graag oor die eter sou wou te lyf gaan, maar Mike Mills is die swaargewigkampioen in die afdeling van afskuwelike radiomanne. Terwyl jy wag dat hulle nou nog ‘n bekende Mozart-nommertjie gaan dóódspeel soos soveel ander, is mnr. Mills land en sand besig om ‘n vakansie na die Maldives, Alaska of Maleisië, daar waar sy nuuskollegas vandaan kom, te probeer verkoop.

gauci_miriam

Classic FM het my laat besef dat klassieke musiek nie gemaak is om deur advertensies en morone soos Mills onderbreek te word nie. Trouens in ‘n oorver-kommersialiseerde wêreld, is klassieke musiek die laaste oorblywende luukse, die laaste tikkie beskaafdheid in ‘n toenemend barbaarse wêreld waar taxibestuurders vir jou toeter blaas voor jy dood gery of gestamp word en die struikrowers jou op dieselfde sorgvrye, valse toon as Mike Mills aanspreek alvorens hulle jou met ‘n AK-47 bokveld toe stuur.

Mens kan net hoop dat Mike Mills en Classic FM in die maalkolk van middelmatigheid kan verdwyn waaruit hulle soos ongekunstelde weekdiere te voorskyn gekom het.

Terwyl ek dié laaste sin skryf, sing die Maltese sopraan Miriam Gauci die beroemde aria Ebben? Ne andrò lontana uit “La Wally” van Catalani, ‘n lafenis wat Mike Mills se stem hopelik vir ewig uit my ouditiewe geheue verdryf.

Brief aan Kleinboer oor Nietzsche en Wagner

Posted by Dan Roodt | Sonder kategorie | Saterdag 25 Julie 2009 7:32 pm

Ek slaan so pas iets na op Google oor die Duitse filosoof Nietzsche en daar spring ‘n brief wat ek twee jaar gelede (27 November 2007) geskryf het uit! Indien enigiemand belangstel:

nietzscheKleinboer, jy is heeltemal korrek dat Nietzsche aanvanklik as jeugdige gaande was oor Richard Wagner, maar agterna in sy boek Der Fall Wagner weer sy afkeer van sy musiek uitgespreek het.

Op 27 Oktober 1868 skryf Nietzsche in ‘n brief aan Erwin Rohde, nadat hy ‘n orkesuitvoering van die ouverture van Die Meistersinger von Nürnberg, asook die voorspel tot Tristan en Isolde gehoor het: “Ek kan my nie daartoe bring om ‘n kritiese afstand teenoor dié musiek te handhaaf nie. Dit stuur ‘n rilling deur elke vesel, elke senuwee van my en vir ‘n lang tyd het ek nie so ‘n gevoel van verrukking ervaar as wat Die Meistersinger my gegee het nie.”

Skaars twee weke later het Nietzsche deur bemiddeling van sy studentemaat, Windisch, vir Wagner in die Teaterkafee van Leipzig ontmoet. Wagner was op ‘n geheime besoek aan die stad waarvan die pers nie moes uitvind nie. Volgens Nietzsche was Wagner ‘n lewendige, vurige man wat met sy kwinkslae enige privaatbyeenkoms kon opkikker. Wagner het self klavier gespeel en dele van Die Meistersinger gesing.

In die daaropvolgende jaar (1869) is Nietzsche op die ouderdom van 24 aangestel as professor van filologie in Basel. Wagner was self op dié stadium in Switserland woonagtig te Tribschen, ‘n pragtige villa tussen die Lucernemeer en die Pilatusberg. Hoewel Wagner reeds 56 jaar oud was, het hy saam met die 31-jarige Cosima von Bülow, die tweede van Franz Liszt se buite-egtelike by die hertogin Marie d’Agnault, gewoon. Sy was sedert 1863 sy minnares. Op Saterdag 15 Mei het Nietzsche die huis ongenooid aangedoen, maar Wagner kon hom nie onmiddellik ontvang nie en het hom uitgenooi om op die Maandag terug te keer. Sy ervaring van Wagner en Cosima in die herehuis met skilderye en twee borsbeelde, een van Wagner en een van Ludwig II, het ‘n onuitwisbare indruk op hom gemaak. In ‘n brief het hy Wagner as “die geestelike erfgenaam van Schopenhauer” beskryf.

Nietzsche se eerste boek wat baie goed ontvang sou word, Die Geburt der Tragödie, is grotendeels geïnspireer deur sy bewondering vir Wagner se operas. Maar van die begin af was daar ‘n verskil in siening tussen hulle wat eers later op die spits gedryf sou word. Terwyl Nietzsche die voortreflikheid van die verhewe individu oftewel “Übermensch” besing het, was Wagner daarvan oortuig dat die individuele kunstenaar bloot die instrument was waardeur die genie van die volk gespreek het. Hierdie idee het Wagner in ‘n opstel “Das Kunstwerk der Zukunft” ontwikkel.

Soos wat Wagner se roem toegeneem het en veral met die geweldige publisiteit en openbare aanhang wat hy ná die opening van die Festspielhaus in Bayreuth te beurt geval het, het Nietzsche se houding verander en omgeslaan in vyandigheid. Van nou af was Wagner vir Nietzsche ‘n intellektuele en estetiese vyand wat bestry moes word.

Terloops, die Festspielhaus bestaan natuurlik vandag nog en slegs Wagner se operas word daar opgevoer. Kaartjies is jare vooruit bespreek en moeilik bekombaar. In die restaurant is alle disse op die spyskaart na Wagner-operas vernoem. Ek en Karin het in die laat tagtigjare een somer daar verby gery, stilgehou en die gebou bewonder, maar uiteraard was daar geen kaartjies beskikbaar nie.

Die subtitel van Der Fall Wagner is “Ein Musikanten-problem”, wat ook opgevolg word deur Nietzsche contra Wagner. Daarin verskyn selfs ‘n hoofstuk met die titel: “Wagner als Gefahr” waar hy onder andere beswaar maak teen die verhoogde gevoelswaarde van Wagner se musiek (juis dit wat hom aanvanklik betower het!). Volgens Nietzsche: “Das espressivo um jeden Preis und die Musik im Dienste, in der Sklaverei der Attitüde – das ist das Ende …”

Dis egter waar dat sowel Richard Wagner as Cosima nie van Jode gehou het nie; in Nietzsche se vroeë briewe is ook iets van die Wagners se anti-Joodse invloed te bespeur.

Is die globale Ryk wenslik? – ‘n kritiek op die Ryksgedagte

Posted by Dan Roodt | Toesprake en referate | Vrydag 24 Julie 2009 9:53 am

Filosofiekafee Café Riche, Kerkplein, Pretoria, 31 Januarie 2003

Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat globalisering in terme van ‘n Ryk gesien sou word.  Die Verenigde State van Amerika word toenemend as ‘n nuwe Rome beskryf.  Engels is die nuwe Latyn, en sodoende beleef ons een van daardie historiese herhalings wat vir filosowe en historici deur die eeue ‘n sisteem aan die geskiedenis verleen het.

Enersyds, veral uit die geledere van ekonome, word globalisering verwelkom as verhoogde mededinging, en die vryelike sirkulering van goedere en dienste.  Andersyds word dit egter gekritiseer as ‘n oorheersing van die Noorde oor die Suide, van die nywerheidslande oor die Derde Wêreld.  Met die einde van die Koue Oorlog is dit beswaarlik meer van pas om van ‘n regs/links-verdeling te praat, maar tipies sou ons kon sê dat globalisering van regs verwelkom word en van links afgewys word.  Net om daardie rede is die werk van Hardt en Negri waarna ek gaan verwys, belangwekkend, want hulle sien in globalisering en ‘n herrese Ryk ‘n positiewe, selfs bevrydende ontwikkeling.  En hulle is geen regse ekonome wat soos Milton Friedman die vrye keuse van die markekonomie bepleit nie, maar linkse intellektuele.  Trouens, Antonio Negri is so links dat hy ten tye van die skryf van Empire steeds besig was om ‘n vonnis uit te dien as voormalige terroris van die Brigati Rossi, die Italiaanse Rooi Brigade.  Ek kon hom seker ‘n stedelike guerilla genoem het, maar gegewe die onlangse bomontploffings in Suid-Afrika, sou ek dalk kwalik geneem word indien ek enige sulke optrede sou wou goedpraat deur neutrale terme te gebruik.

De Klerk en Britte se orde stort in duie

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Donderdag 23 Julie 2009 3:02 am

Dít wat Dan Fourie en Pieter Redelinghuys op LitNet my “fantasieë” noem, is dalk besig om gouer as wat selfs ek gedink het, te realiseer. Die byna landwye opstand teen die ANC wat in die swart woonbuurtes aan die gang is, toon dat hierdie orde wat FW de Klerk en sy Britse marionetmeesters op ons afgedwing het, besig is om in duie te stort.

Dié foto wat in Thokoza aan die Oosrand geneem is, druk dit alles baie mooi uit. Op die plakkate van die swart betogers staan: “AWB was better than ANC” en “We vote for better life not for worse. We live like pigs.”

Die tyd is nie meer ver dat die miljoene verarmde en verhongerde swartes in die land na Afrikanerregering gaan terugverlang nie. Ek identifiseer geheel en al met die frustrasies van die huidige revolusionêre beweging – en ek gebruik, anders as Theuns Eloff van Potch, André P. Brink of ander salonmarxiste nooit die woord “revolusionêr” ligtelik nie – wat besig is om in die swart woonbuurtes momentum te verkry. Volgens ‘n intellektuele swart vriend in Kwa-Thema naby Springs vind daar Saterdag ‘n massavergadering daar plaas. Ek is amper lus om dit self by te woon en die mense daar te vertel dat hoe gouer ons van dié korrupte groep plunderaars ontslae raak wat FW de Klerk en Robin Renwick, die destydse Britse ambassadeur, in 1994 oor ons aangestel het, hoe beter sal dit vir ons almal wees. My swart vriend noem hulle “gangsters” of skurke en ek dink nie daar is ‘n ander woord vir hulle nie.

Hierdie orde, al sy mooi beloftes van demokrasie en voorspoed ten spyt, is nie net tot op die been verrot nie, maar is ook werklikheidsvreemd. Tensy mens, soos die Britte, glo dat Zimbabwe eintlik ‘n sukses is omdat daar af en toe ‘n verkiesing plaasvind en daar ‘n anti-wit regering aan bewind is, kan niemand die ANC-orde meer ernstig opneem nie. Hoe op aarde gaan anti-wit rassisme, transformasie en regstellende aksie vir enigiemand – ook vir die breë massa swartes – welvaart en geluk bring?

Die tyd is ook haas nou ryp dat ons op ‘n volkstaat, wat deel van ‘n Suider-Afrikaanse konfederasie sal wees, moet aandring. Hoe gouer die betogers na die Uniegebou opruk en die spul waBenzi – wat die land met die De Klerk en die Britte se goedkeuring besteel – gaan uitsmyt, hoe vinniger kan ons tot werklike onderhandelings – pleks van die skyn van Kodesa – oorgaan en die ernstige probleme in Suider-Afrika begin aanspreek.

AWB was beter as ANC

Posted by Dan Roodt | Sonder kategorie | Donderdag 23 Julie 2009 12:01 am

‘n Foto met ‘n ongehoorde stelling is besig om die rondte te doen. Dit toon ‘n groep betogende swartes wat hul misnoeë met die huidige bewind in geen onduidelike terme te kenne gee nie.

South Africa - Thokoza Protest - 21-07-09

Dan Roodt – die mens agter die aktivis

Posted by Dan Roodt | Onderhoude | Woensdag 22 Julie 2009 1:41 pm

Jansie Kotze

Dan Roodt is heeltemal anders as wat ek myself voorgestel het. Hy is skaam en rankerig. Grys. Weg is die lang, anargisties-geïnspireerde ‘kapsel’. Dit het plek gemaak vir ’n bedaarde middeljarige haarstyl. Gelukkig het ’n foto in die koerant my gewaarsku dat die flambojante beeld waarmee Dan Roodt ’n kultusfiguur geword het, aan die verlede behoort. Die platwees-op-die-aarde kom egter as ’n verrassing. En soos dit ’n taalaktivis betaam, praat hy suiwer Afrikaans.

Vir die afgelope 20 jaar het Dan Roodt in en uit die Afrikaanse publieke oog bly glip en ons verbeelding aangegryp met sy kompromielose en, ja, soms selfs uitspattige uitsprake en gedrag. Hy lag oor die oshart-insident in die vroeë tagtigerjare. ’n Paar mense by RAU het hom genooi om poësie te kom lees. Hy het in ’n dadaïstiese gebaar ’n oshart oor sy linkerbors vasgestrep, en ’n komposisie van ‘kru’ woorde voorgelees. Soos die hart ontdooi het, het bloed by sy borskas afgedrup. Die gebaar moes sy pyn simboliseer.

Dit was hierdie onstuitbare gedrag wat ’n leemte in die Afrikanerpsige gevul het. Dit is dalk hoekom jan-en-hester-allemens hom aangevat het toe hy in aandele-opsies en ander afgeleides begin handel dryf het. Aan die een kant het die publiek sy gedrag verwerp, maar aan die ander kant het hy hulle alter egoïstiese fantasieë aangehits.

Die ironie is egter dat hy heeltemal per ongeluk betrokke geraak het in die markte. In die tagtigerjare in ’n poging om die Weermag te ontduik, het Dan Frankryk toe gevlug. En as die leser my sal toelaat om myself hier te onderbreek — want aan die skryftegniek om die Weermagstaaltjie subtiel in die teks in te bring, ontbreek dit my — sal ek nou eers vir Dan Roodt die Weermagstorie laat vertel. “Johan van Wyk het Swaziland toe gevlug om diensplig te ontduik. Vir ’n maand bly hy daar in ’n karavaan, toe is sy geld op en kom hy maar weer terug. Met die intrapslag vang die militêre polisie hom en neem hom vir observasie. Die psigiater sê toe hy is ’n skisofreen en hy word ontslaan. Dit gee my toe ’n idee. As Johan van Wyk ’n skisofreen kan wees, hoekom nie ek nie?

“In 1981 is ek genooi om by die skrywersgildeberaad in Gordonsbaai te praat. Ek het vir Phil du Plessis, digter maar ook dokter, daar raakgeloop en gesels met hom oor my Weermagprobleme. Hy sê toe, ‘Ag man, ek sal vir jou ’n briefie stuur.’ Hy stuur toe vir my ’n briefie wat sê ek ly aan ’n rare soort epilepsie wat my baie aggressief maak. Ek stuur dit vir die Weermag, maar dié sê ek moet nog stawende getuienis van ’n psigiater verskaf. Ek kry toe Johan van Wyk se psigiater, maar ek kon hom nie oortuig daar is iets fout met my nie. Ek het selfs ’n boek oor epilepsie gaan koop om op te lees oor my toestand. Die psigiater sê toe ewe ‘Ag, dit sal nie so sleg vir jou wees om Weermag toe te gaan nie’, maar ek was nie bereid om die stelsel te gaan verdedig nie. Ek kon nooit stawende getuienis kry nie. Toe is ek vir ’n jaar na die Universiteit van Durban-Westville toe as dosent. Ek het gehoop die Weermag het van my vergeet. Maar aan die einde van daardie jaar het hulle vir my ’n toewysing na Oudtshoorn gestuur. Ek en Karin (sy vrou) is binne 10 dae sak en pak Frankryk toe.”

En nou liewe leser, sal ek u trakteer op Dan Roodt se betrokke-raak by die finansiële markte. In Frankryk was hy en sy vrou bevriend met “’n klomp Russe in ballingskap” — dit was nog voor perestroika. Toe Rusland begin oopmaak het onder Gorbatsjof het hy, sy vrou en hul Russiese vriende ’n seminaar oor die Sowjet-Unie georganiseer, en ’n paar Russe oorgenooi om te kom praat. In ’n poging om homself in te lig oor Rusland, begin lees Dan artikels oor Rusland in die Financial Times. “Ek lees toe ook sommer die res van die Financial Times en het toe geïnteresseerd geraak, veral die kolomme met pryse van ‘puts’ en ‘calls’. En een ding lei toe tot ’n ander.”

Verlede jaar het hy bedank as afgeleide markte-spesialis by Citibank, want dit het hom begin verveel. “Nou is ek ’n vryskutpersoon, ’n soort finansiële konsultant.” Op die oomblik skryf hy baie en hoop om gedurende die volgende paar jaar ’n roman te publiseer. ’n Samestelling van sy skrywes behoort binnekort die lig te sin. Die voorlopige titel is Opstandige Opstelle.

Verder hou vaderskap hom besig. Hy is die pa van ’n vierjarige tweeling oor wie hy met deernis en plesier praat. “Vaderskap gee jou groter verantwoordelikheid. Dis om te besef jy moet omsien na twee ander mense wat taamlik weerloos is in hierdie wêreld. Dit het my ook attent gemaak op die taalkwessie. Dit is amper wonderbaarlik hoe kinders hul taalvermoë verwerf en hoe beïnvloedbaar hulle is op so ’n vroeë ouderdom. Dit het my sensitiwiteit verhoog vir Afrikaans toe ek kinders het wat hulle eerste woorde begin sê.”

Hy het geen planne om die land te verlaat nie. Hy stel dit sommer kaalkop: “Dit is ’n lamsakkige manier om na die situasie te kyk. Die misdaad en onveiligheid kwel almal. Dit is ongelooflik défaitisties om eenvoudig te emigreer, om op die vlug te slaan.” Hy bly liewer hier, en help om die probleem op te los. Dit is hierdie onmiddellike betrokke-raak wat sal maak dat Dan Roodt nooit 20 jaar sal wag voordat hy ’n brief aan ’n koerant skryf om gal te braak nie. Hy loop die probleem tromp-op.

Hy steur hom nie eintlik aan die debat rondom homself nie. “Die moralistiese houding oor my betrokkenheid by die finansiële bedryf, spruit uit onkunde. ’n Mens kan nie behoorlik oor politiek redeneer as jy nie weet hoe die markte werk nie. ’n Sekere mate van finansiële kennis is ’n noodsaaklikheid. Net soos wat mense behoort te weet Peru is in Suid-Amerika, behoort hulle kennis te dra van die markte.”

En nou is my artikel al amper klaar en ek het jou nog niks vertel oor Dan Roodt se lewensblyheid en sy voortdurende soeke na nuwe ondervindinge, of, soos hy dit stel, sy “lewensnuuskierigheid” nie. En hoe hy daarmee vir my een van die mooiste panoramas — ’n uitsig oor Johannesburg in die laatherfslig — gewys het. Toe ek hom skakel vir die onderhoud, stem hy dadelik in. Hy stel voor ons gaan na die Hyatt of die Westcliff Hotel. “Ek was al by die Hyatt, so ek weet waar dit is,” stel ek voor. “In daai geval ontmoet ons by die Westcliff,” besluit hy dadelik. En dis toe by die Westcliff waar ek opnuut verlief raak op Johannesburg. En dis Dan Roodt: voortdurend op soek na nuwe ervaring sonder om te huiwer.

Met erkenning aan Litnet.

Waarom was swartes in die ou SA soveel beter daaraan toe?

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Sondag 19 Julie 2009 3:54 am

Rapport herhaal in vandag se hoofartikel die geykte stelling dat swartes in die verlede op grond van ras benadeel is. Maar hulle is ook op grond van ras bevoordeel, deur:

- die 1936-wet wat groot stukke blanke grond aan hulle oorgedra het

- die vorige onderwysbeleid wat duisende skole op die blanke belastingbetaler se onkoste laat oprig het en wat miljoene swartes geletterd gelaat het en tienduisende swart gegradueerdes aan die tuislanduniversiteite gelewer het (met Zambië se onafhanklikwording in 1964, was daar net 17 graduandi in die hele land)

- die tuislandbeleid waar honderde miljarde rande in vandag se geld aan swart ontwikkeling bestee is.

Indien daar so ‘n groot onreg teenoor swartes in SA gepleeg is, waarom was hul lewenstandaard volgens internasionale maatstawwe van die VN en die Wêreldbank die hoogste in Afrika suid van die Sahara en daal dit sedert 1994?

Rapport praat bloot die heersende ideologie na wat ten doel het om blankes met ‘n skuldgevoel opsaal sodat hulle geen weerstand bied teen die uiterste anti-blanke rassisme en geweld wat tans woed en wat Zimbabwe uiteindelik na ‘n piekiek gaan laat lyk nie.

Die volkstaatdebat

Posted by Dan Roodt | Sonder kategorie | Vrydag 10 Julie 2009 1:56 am

afrikaanse_repSuid-Afrika, of Mzanzi, soos dit toenemend genoem word, ken nie eintlik meer politieke debatte nie. Daar heers ‘n gefabriseerde konsensus rondom die najaag van ‘n multikulturele sukkelstaat.

So ‘n week of wat gelede het ek ‘n klip in die bos gegooi rondom die idee van ‘n volkstaat vir die Afrikaner op die webblad LitNet, wat gewoonlik deur liberale of linkse briefskrywers oorheers word.

Reaksie het nie uitgebly nie en in die aanloop tot die huidige verkiesing is dit waarskynlik die enigste politieke debat wat daar tans gevoer word.Ek het verwag dat die opponente van ‘n volkstaat hulle op beginsels soos die eenheid van die Mzanziese nasie sou beroep, of die Afrikaner se morele agterstand by die res van die bevolking wat maak dat hy “verdrukking verdien”.

Tot my uiterste verbasing argumenteer die meeste teenstanders van die volkstaat vanuit die hoek van “mag is reg” en vind hulle die huidige bestel selfregverdigend: omdat die ANC die hef in die hand het, mag hy aan die Afrikaner voorskryf wat hy wil, hetsy op die gebied van taal en kultuur, hetsy deur rassewetgewing wat ons ekonomiese, opvoedings- en sportkanse beperk.

Hieronder volg my skrywes, asook enkele reaksies op LitNet:

Hoe die volkstaat gaan werk, Oom Daan Dan Roodt 4 Maart 2009

Kom ons praat bietjie verder as dagdrome en die kwasi-filosofiese geswymel oor vryheid en selfbeskikking (1) Krokodil 4 Maart 2009

Kom ons praat bietjie verder as dagdrome en die kwasi-filosofiese geswymel oor vryheid en selfbeskikking (2) Krokodil 4 Maart 2009

Die Afrikaner se luigatgeit, Bobbejaan Oom Daan 4 Maart 2009

Wat is die redes, Oester? Werner Pereira 4 Maart 2009

Hipotetiese situasie vir Oester Anton B 4 Maart 2009

Een vragie aan die tuislanders Albatros van Marion-eiland 4 Maart 2009

Gelukkig bly ek klaar in Dan Roodt se Volkstaat, Oom Daan Bobbejaan 5 Maart 2009

Volkstaat, O Volkstaat Johrné van Huyssteen 5 Maart 2009

Siener, jou onderbroek hang uit – en Albatros hang om jou nek Blou Makou 5 Maart 2009

Vraag of twee, Dan Roodt oester 5 Maart 2009

Volkstaat is nie vergesog, of stem VF Plus (1) Dan Roodt 5 Maart 2005

Volkstaat is nie vergesog, of stem VF Plus (2) Dan Roodt 5 Maart 2005

Volgende Bladsy »