Egpaar eis R1,5 m. nadat riooltsoenami hulle tref

As enigiemand nog die kosmiese verbintenis tussen die NSA-regering en riool betwyfel het, kyk na dié berig – DR.

Eise van meer as R1,5 miljoen is pas aan die Mangaung-metro-munisipaliteit beteken nadat ’n egpaar onder megaliters rou riool deurgeloop het toe ’n rioolverteertenk van die Bloemspruit-rioolplaas “ontplof” het.

Elize Baldock het amper in die riool “verdrink” toe sy haar man, Johnny, ’n ambagsman by die Bloemspruit-rioolaanleg, vroegoggend by die werk gaan aflaai en die rioolbom hulle getref het.

Source: Egpaar eis R1,5 m. nadat riooltsoenami hulle tref

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *