Springbok Nude Girls haat Afrikaans, maar bedel by Afrikaners geld!

So pas is my Maandagoggend bederf deur ‘n berig in Beeld waar ek verneem dat ene Michelle Pretorius en Arno Carstens van die Springbok Nude Girls-groep (watter idiotiese naam!) by lesers van Netwerk24 ‘n bydrae van R30 000 afsmeek om ‘n dokumentêre film oor hulself te voltooi.

“Met die dokkie wil ons probeer wys hoe ons daardie tyd gevoel het,” sê Arno ­Carstens. “Ons wou vry wees van ’n taal wat net ’n sekere groep mense kon verstaan en mee identifiseer. Ons het doelbewus nie in Afrikaans gesing nie.”

Verstaan ek nou mooi? Hulle “wou vry wees van ’n taal wat net ’n sekere groep mense kon verstaan en mee identifiseer. Ons het doelbewus nie in Afrikaans gesing nie.” En nou bedel hulle vir geld in ‘n Afrikaanse koerant?

My raad aan mnr. Carstens is: Kyk, my ou, gaan hou liewer jou hoed in die Londense moltrein en bly ook sommer daar! Ons kan vir seker sonder julle klaarkom; daar is miljoene Engelse popgroepies.

Naskrif: Jou skoene is ontsettend lelik: ek sou nie eers my dak daarmee regmaak nie wat nog te sê daarmee poseer.

3 thoughts on “Springbok Nude Girls haat Afrikaans, maar bedel by Afrikaners geld!

  1. rudolph

    Ja ek stem saam gaan druk jou kop in n gat in soos n volstrys ons het baie baie beter sangers hier jy is ni eers n goeie sanger ni ek laaik ni jou gesing ni jou korts [ gooi op ] as jy sing so gaan bedel op n ander plek

  2. Andre

    Hulle het alreeds lekker geld gemaak uit die Afrikaanssprekendes wat hulle plate gekoop het ten spyte daarvan dat hulle nie in Afrikaans wou sing nie, Nou wil hulle nog verder geld uit die Afrikaanse mense kry om ‘n documenter te maak. Dit is darem verwaand en verregaande.

  3. Ewald

    Watter vermetelheid en ‘n klad op ons moedertaal wat wêreldwyd erken word behalwe deur hensoppers soos “Nude Girls”. Na alles gaan dit oor geld en daarvoor sal swakkelinge buig voor politeike korrektheid – want dit staan soos ‘n seer vinger uit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *