Reaksie op Max du Preez wat taaldebat wil ‘herlaai’

Max, jy moet liewer jou beskadigde brein “herlaai”. Nie dat dit sal help nie, want jy is al so ver heen op die pad van verraad en Afrikanerhaat dat jy nie eens in Afrikaans sou geskryf het as dit nie was dat jy as propagandis jou stryd ter vernietiging van die Afrikaner moet voortsit nie.

Afrikaners is uitgesluit van alle besluitneming – selfs besluite oor Afrikaanse skole en universiteite – maar jy kla dat swartes van die paar oorblywende Afrikaanse universiteite “uitgesluit” word. Daar is ‘n klompie swartes wat Afrikaanse staatskole bywoon en wat in staat is om aan Afrikaanse universiteite te studeer. Die res het ‘n keuse van meer as 20 Engelse universiteite waar hulle in jóú taal – jy is mos Engels Max, nie waar nie, met jou Engelse kinders? – “opgevoed” kan word in marxisme, feminisme, witheidstudies en afrosentrisme.

In elk geval, slegs 10% van “studente” behaal ooit hul grade in dié land. 90% kom net betoog – nee, selfs dít is ‘n eufemisme – onluste pleeg sodat die linkse sotte in die kranksinnige HSM (hoofstroommedia) oor hul bedoelings kan “wonder”. Watter eksegese is moontlik vir ‘n halfgeletterde klipgooier en brandstigter wat die naaste biblioteek of lesingsaal wil afbrand? Moet ons hom “verstaan”?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *