Waarom kritiseer Mal Max vir Marx en Engels, sy helde?

As ‘n mens mooi na Max du Preez se aanhaling van Zuma kyk, dan is dit niks anders as Karl Marx en Friedrich Engels se “arbeidsteorie van ekonomiese waarde” nie. Arbeid bepaal die waarde van ‘n kommoditeit vanweë die “meerwaarde” wat daarin opgesluit is. Elkeen wat by ‘n Engelse universiteit in Suid-Afrika gestudeer het – en deesdae het ons nét Engelse universiteite – weet dít.

Die betrokke aanhaling lui:

“Ek is nie ’n sakeman of ’n professor nie, maar ek rebelleer teen die idee dat die wet van vraag en aanbod die waarde van ’n kommoditeit bepaal. Die waarde van ’n kommoditeit is die arbeid wat dié kommoditeit vervaardig het.”

Die vraag is nou: Waarom kritiseer Max dit as hy self tot die marxisme geneig is? Of het hy nie een van die Engelse akademici gehad om dit vir hom uit te lê  nie?

Marxisme en linkse radikalisme sou al Suid-Afrika se probleme oplos, dis mos wat die “meningsvormers” soos joernaliste en akademici nog al die jare aan ons voorhou. Tesame met regstellende aksie, feminisme, gay huwelike en die res.

Nou staan ons op die vooraand daarvan om die vrugte van revolusie te proe. Waar gaan dit eindig? By volslae kommunisme met hongersnood en strafkampe vir die “teenrevolusionêre” of gaan ons net so ‘n bietjie halt roep kort duskant daarvan?

Ons enigste hoop is dat die konserwatiewe bewegings in die VSA en Europa ons van volslae kommunisme kom red. Hoeveel tyd ons nog oor het, weet nugter.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *