In kommentaar op ‘n rubriek van Leopold Scholtz oor die taalkwessie skryf iemand:
“Natuurlik ís daar wel deeglik diegene wat na apartheid terughunker, wat nie die verlies van mag in 1994 kan verwerk nie. Natuurlik ís daar diegene wat Afrikaans as ’n rookskerm daarvoor gebruik” skryf Leopold.
Nie diegene nie, ALMAL. En die wat bloot “onskuldig” net Afrikaans wil behou indien daar werklik sulkes sonder bymotief bestaan, sulkes behoort te weet om hieroor aan te gaan skaar jy jouself by die ou-vlag-swaaiers. WATTER wonderlike kultuurskatte sal verlore gaan as Afrikaans nie meer die TAAL is nie? gee tog ‘n lysie. Ja ek stem saam die omstandighede waaronder Afrikaans sommer uitgeboender word is afstootlik maar ja, watter waardevolle dinge gaan nou uitsterf as Afrikaans nie meer die lesingstaal op Stellenbosch is nie? In die mid-80s was al die wetenskapilke rigtings alreeds vanuit Engelse vakboeke geleer.
–prakties
Charlize Theron het nog net twee keer in haar lewe gestem. Raai vir wie het sy gestem:
http://www.youtube.com/watch?v=DAoBLzwBc6c