Max du Preez bepleit opnuut ‘n ‘blanke las’

Dag na dag dink ‘n mense Suid-Afrika kan nie meer gek word as wat dit reeds is nie, maar dan vind die volgende “voorval” soos Penny Sparrow en haar “strandape” plaas! Hoe dink Maximum du Preez met sy minimum insig dat ‘n minderheid van 8% (en dit daal) wat oor géén politieke inspraak op watter vlak ook al (munisipaal, provinsiaal, nasionaal) beskik nie, die wonderwerk van “ekonomiese bevryding” vir die 92% gaan verwesenlik?

Is dit ‘n nuwe “white man’s burden”? Tydens sg. “apartheid” is miljarde dollar in vandag se geld aan swart onderwys, gesondheid en landbou-ontwikkeling bestee en dit is as ‘n “misdaad teen die mensdom” afgemaak. Dit was die eerste “blanke las” maar ten minste kon ons sê ons het toe veiligheid, voorspoed en Afrikaanse skole, universiteite en radiostasies gehad. Hoeveel blanke kerke, liefdadigheidsorganisasies, gholfdagorganiseerders, maatskappye wat geld skenk, ens., sloof hulle nie steeds af vir die “huidig bevoordeeldes” waarvan duisende ons vanagter die ruite van hul S-klas-Mercedesse met V12-enjins aangluur nie? Of sy Porsche of sy Bentley? Ek oordryf nie: ‘n mens sien dit elke dag. Waarom doen hierdie belangrike menere met hul baie geld, mag en aansien nie iets om “gelykheid te bevorder” nie? Nee, dis die taak van die magtelose minderheid, die Afrikanermiddelklas wat kreun onder die rassewetgewing, die misdaad, die swak dienste en onophoudelike ideologiese aanslag.

Suid-Afrika volg dieselfde patroon as elke ander Afrikaland waar die Afrikaan alle Westerse invloed verwerp, tot sy eie nadeel. Op die ou end sit hy met ‘n kammastaat met kamma-amptenare wat graag Westerse hulpgeld wil hê sodat die soustrein kan aanhou ry vir die minderheid naby aan die mag terwyl die res krepeer. Kyk na Nigerië en Angola met hul olierykdom. Party is miljardêrs en ander het nie kos of klere nie. Dit is Afrika, waarvan die bevolking in dié eeu tot meer as 4 miljard (dis nou 4 met nege nulle aan) gaan styg. Dit gaan die planeet verander, wat nog te sê Suid-Afrika. Lees my twee artikels An African Planet? 1 en An African Planet? 2 oor dié probleem.

Goddank die “blanke las” is verby en die swartman regeer. Maar ons moet ‘n oorlewingsplan hê, want die temperatuur styg en die grypsug daarmee saam. Max du Preez en sy radikale linkse vriende moet verstaan dat hulle veral geblameer gaan word as die breekspul kom, want terwyl hy hier ‘n pleidooi vir die blanke las lewer, sweep hy elders lustig saam met sy mede-linkse malletjies die swart elite oor die “rassiste” op.

Iemand sê nou die Bentley-bestuurder waarna ek verwys, is “net ‘n ryk ou met geld en ‘n ander kleur”. Nee, dis nie ‘n ryk ou met ‘n ander kleur nie. Gewoonlik is dit ‘n tenderpreneur of pantypreneur (met apologie aan Carien du Plessis of wat haar naam ook al is) wat jou en my geld uit die staatskas steel omdat iemand anders daardie selfde kontrak goedkoper en beter kon hanteer het sonder om ‘n Bentley se geld af te skep. Dan vertel Ma(r)x en die hele links-liberale horde ons dat swartes “benadeel” is en nog met verdere tenders, voortrekkery en teregstellende aksie bevoordeel moet word. Ook dat die blanke middelklas nou “gelykheid moet bewerkstellig”. Die enigste lande wat dit reggekry het is plekke soos Swede, Noorweë en Denemarke met homogene, eerlike bevolkings wat nie die welvaartstelsel uitbuit nie. Vandat hulle multikultureel raak, werk dit ook nie meer nie.

Wanneer skrik ons wakker uit dié vals beeld van ons werklikheid wat clichés soos “benadeling” aan ons voorhou?

En wanneer neem die gelykheidsvoorstanders die eerste tree en skenk hul totale boedels aan ‘n klompie enkelmoeders in ‘n plakkerskamp wat op die oomblik van staatsuitkerings vir hul telge lewe? Toe, Max, skenk jou bates dat ons kan sien dat jy darem hou by wat jy preek. Jy het nog laas gesê jy gaan in ‘n lokasie (dalk is ‘kasi die meer polities korrekte spelling soos in die SAUK-sepies) bly om te wys jy is nie rassisties nie. Ons wag nou nog daarvoor.

One thought on “Max du Preez bepleit opnuut ‘n ‘blanke las’

  1. Ewald

    Dan – jy en Penny Sparrow en ‘n paar ander sê wat die meerderheid van die blanke gemeenskap oor swyg uit vrees vir vervolging of politiese nie-korrektheid. Ek het op die FW de Klerk stigting se kommentaar oor Penny as volg gereageer.
    “Mr. de Klerk cannot be expected to react differently on the Sparrow incident and I agree that Ms. Sparrow should have known better than to place her views on public media.

    Whilst Ms Sparrow’s conviction is given in black and white, the “White” minority remains a silent witness to the public display on television news, of the conditions at Durban North beach during the festive season. The crowd consisting of virtually 100% black swimmers and Life guards gives a perfect example of how the “Rainbow Nation” reacts when given a choice of who they prefer to associate with.

    Even the so-called “Liberal” white element of the population was conspicuous by their absence.

    I guess I will now be labeled a racist when the obvious racial divide is pointed out in a practical display at Durban beach of how segregated we really remain after 20 years of what remains of what was originally intended as a democracy”.

    Ek het Max hoor sê op ‘n televisie onderhoud waartydens hulle (ek dink daar was twee ander liberales ook by) oor rasseverhoudinge gepraat het dat, “vordering gemaak sal word indien blankes in swart woongebiede sou begin woon”. Ek het nognie sy adres in Soweto of elders opgespoor nie maar het gehoor hy het verhuis na Riebeek Kasteel waar, na my wete geen plakkeskamp of swart woongebied is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *