Wat van ‘n Groot Trek terug Suid-Kaap toe?

Charles Smith vra vanoggend na watter land ons behoort te emigreer, gegewe die verval en polarisering in Suid-Afrika.

Hy skryf:

Een van die dae gaan Afrikaans ’n taal wees wat jy vir die kombuis, kerk en vleisbraaivure los. Die meeste van ons het nie boe of ba gesê oor Kovsies wat Ingels word nie. Sodra ons geld kry, hol ons na die kajieng-kerke en grênd (Ingelse) skole. Dan kan ons mos net sowel Amerika toe trek. Of na Australië, Engeland of Kanada. Die wêreld ís ons woning. Jammer, Totius! As ons geld ruik, is ons goners, soos die Yanks sê. Zuma en kie soek ons nie hier nie en hulle neuk ’n eens goeie land op.

Ek sou eerste Yankland oorweeg. Barack Obama is al leier waarna ek kan luister. Maar daar word graad eens in skole doodgeskiet en regses keur dit goed! En Donald Duck gaan hul president word.Never! En Europa gaan ’n plek soos in die Tweede Wêreldoorlog word met terroriste as die nuwe Nazi’s. Nein!

Met die hittegolf het ons ’n voorsmakie gekry hoe die Outback voel. En aardverhitting gaan groot dele van Australië vernietig. Wel, hier ook (maar ons sal net ’n nuwe kerk soek wat dit ontken, of ’n motor met beter lugverkoeling). Maar ons het minder vlieë en beter bier. En beslis mooier meisies. En AB is die beste krieketspeler ter wêreld. Vat so, Steve Smith!

Wat van die Suid-Kaap? Ek is ‘n gebore en getoë Transvaler – hier het my oupagrootjie bloed gestort teen die Engelse – maar sal dit oorweeg om Mosselbaai of omgewing toe te trek. Daar is ‘n hawe en ‘n mens kan in dié streek ‘n enklawe skep, tesame met die res van die Wes-Kaap wat tans net onder beheer van die ANC Lite is, nie die ANC-SAKP nie.

Net gister hertwiet ek amper uit verveeldheid ‘n petisie wat iemand op change.org loop, dat die Kaap moet afstig, en ná ‘n paar uur was daar meer as 3 000 ondersteuners daarvoor!

Ons sal moet aanvaar dat die grootste deel van SA net nog ‘n Afrikaland gaan word, soos Zimbabwe of Angola minus die olie. Daardie Voetspore-program op TV was nogal insiggewend om aan te toon hoe lyk dit werklik noord van die Limpopo: die gebrek aan paaie, die traagheid, die korrupsie, geen hospitale of gesondheidsorg nie, ens. As Afrikaners saamstaan en ‘n nuwe ontwikkeling in die suide begin, kan ons steeds ons lewenstandaard behou en veilig wees.

Ons moet nooit Suid-Afrika laat vaar nie, maar as ons eers veilig, georganiseerd en welvarend is, kan ons met ‘n soort “reconquista” van die noorde begin. Nooit weer moet ons egter onder Afrika-gesag staan nie; dis ononderhandelbaar. Die klimaat in Europa en Amerika verander nou in ons guns; dis net ‘n kwessie van tyd voordat die hele Weste sal begin saamstaan: nie die verraderlike elites nie, maar die gewone mense en die volkere. Dis opwindend om te ervaar, die welwillendheid tussen alle blankes, ongeag, taal, kultuur of Katoliek/Protestant/agnostikus.

‘n Deel van ons mense kan dalk in die noorde agterbly om die fort op plase en ander plekke te hou, met baie swaar privaat veiligheidsdienste om hulle teen aanvalle en geweld te beskerm.

2 thoughts on “Wat van ‘n Groot Trek terug Suid-Kaap toe?

  1. Hennie

    Viva indipendance Westan Cape. Viva!

    Dit is net hoe dit gaan wees. Vraag is, wanneer gaan jy trek? Terwyl jy kan of wanneer jy moet?

  2. Ewald

    Charles is ‘n man met ‘n plan en ek steun sy plan met die Suid Kaap. Maar ek wil tog die Weskus, beginnede by Melkbosstrand byvoeg. Hier is amper geen liberales/humaniste nie en die spreektaal is Afrikaans – en basta. Hier is ook die minder plakkers as by Georg.

    Maar Charles, ons sal moet gouspeel, voordat stemme vanaf die Ooskaap met busse aangery word om die plan te probeer dwarsboom. Dié wat in die noorde wil aanbly en wag dat die kommuniste alles gevat/verniel het, kan intussen aansoek doen vir burgerskap by die Suid/Wes -Kaap Staat. En dit behoort nie te lank te duur voordat die skiereiland ook kapituleer en by die Suid/Weskus ingelyf word waar ‘n pragtige Saldanha en Mosselbaai wonderlike hawens het wat verder ontwikkel kan word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *