Dan Roodt: Roof Bezuidenhout se analogiedenke

Andries “Roof” Bezuidenhout skryf vandag op Netwerk24 dat swart nasionalisme dieselfde pad as Afrikanernasionalisme in Suid-Afrika gaan stap. Ek weet nie of dit net dom mense is en of dit deur Media24 voorgeskryf word nie, maar dié soort “analogiedenke” is op niks gegrond nie. In ‘n rubriek met die titel, “Swart woede begin nou eers” verwoord hy dit só:

As die huidige oplewing van swart nasionalisme in Suid-Afrika dieselfde pad volg as wat Afrikanernasionalisme van weleer gevolg het, kan ’n mens dalk ’n beter voorspelling maak van wat moontlik in die toekoms kan gebeur.

Dit beteken ook dat ons eers oor sowat vier dekades weer oor versoening sal kan praat.

Andries Bezuidenhout is ‘n kulturele marxis wat by Wits gestudeer het en daar in Boerehaat en radikalisme gebreinspoel is. Waarskynlik is hy te bang om te sê wat hy regtig dink, want dan sal Netwerk24 hul laaste lesers verloor. Soos Malema sal hy teen ons uitvaar dat ons swartes se grond gesteel het en dat ons net geweld en ondergang verdien.

Pleks van eerlik te wees en sy EFF-ideologie en marxisme te bely, vermaak hy ons met dié absurde analogie: Swartes maak soos Afrikaners.

Hy kon net sowel gesê het: Swartes maak soos Duitsers. Of Japannese of wie ook al. Dus as ons ‘n atoombom op Soweto sou gooi soos die Amerikaners op Hirosjima, sal die swartes begin Toyotas maak en die wêreldmotormark verower. Dalk nog soesji eet ook, hoewel sommiges soos Kenny Kunene eet mos reeds soesji, solank dit van dames se naakte lywe af is.

Engelse het ons plase, huise, kerke en skole afgebrand, toe bou ons nuwes, asook duisende skole, huise en klinieke vir swartes. Geen Afrikaner het, sover ek weet, nog ‘n swart skool afgebrand nie. Wat nog te sê ‘n Afrikaanse skool?! Net vanjaar in Limpopo het swartes al 25 skole afgebrand. Stel jou dit voor: bietjie petrol en ‘n vuurhoutjie, en siedaar!

Dis woede. Woede wat ons moet verstaan, sal Andries Bezuidenhout en sy mede-marxiste sê. Maar daar is niks aangaande swart woede om te verstaan nie: dit lyk altyd dieselfde, of dit nou Detroit 1967, Soweto 1976 of Vuwani 2016 is. Of mens kan dit probeer ontleed, maar dan moet jy van kinderlik sadistiese gedrag begin praat. En niemand gaan dáárdie ontleding plaas of vir ‘n proefskrif goedkeur nie. Dis mos nie polities korrek nie. En nie-PK is rassisties en as jy eers die R-woord sê, dan vlug almal vir hul lewens.

As swartes Toyotas of Volkswagens wou begin bou, sou hulle al begin het. Dus is daar geen analogie tussen die Afrikaan en die Japannees of die Duitser nie. Nog minder met die Afrikaner. Afrikanernasionalisme het oor ‘n taal, kultuur, selftrots, die ontdekking van ons landskap (Pierneef, Opperman, noem maar op) gegaan, nie oor wraak op die Engelse nie. Hoewel, dis ‘n swakheid sou ek sê: ons móés wraak op die Engelse geneem toe ons kon. Maar daardie kans is verspeel en nou is ons weer onder, heel onder, en aan die ontvangkant van Engelse wraak, swart wraak, kleurlingwraak, Indiërwraak, Jodewraak, noem maar op. Dis nog ‘n ironie: die mense wat vir ons die kwáádste is, die stedelike Joodse gemeenskappe in Johannesburg en Kaapstad, is ook die welvarendste. Hulle skel ons uit in hul ontwerpersklere en terwyl hulle in hul koerantjie elke week spog met opskrifte soos “Jews hit Sunday Times rich list in force”.

Dieselfde geld die swart elite: hoe ryker hulle word, met ons belastinggeld en staatskontrakte, gratis aandele, ens., hoe meer haat hulle ons.

Andries Roof Bezuidenhout is net ‘n pion, ‘n buiksprekerpop wat die huidige elite se boodskap verkondig en om een of ander rede sien die elite die Afrikanermiddelklas as ‘n bedreiging vir hul mag. Want dalk sien die volk eendag deur hulle, dalk is dit hul grootste vrees…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *