Afrikanerkanonvoer om die ANC te ontsetel?

Ek sien nou eers Tim du Plessis van Rapport se jongste prul van ‘n rubriek raak. Daarin voorsien hy dat die opposisie (waaronder ook die EFF, onthou) “energieë (kan) losmaak wat op die duur die ANC se magsgreep op die land verbreek”.

Tussen die reëls sê Tim eintlik daar gaan nou onstabiliteit kom en ons sal die Broederbond-NP en die Progs en die Britse geheimediens en wie hulle ook al nog mee gekonkel het se kastaiings uit die vuur moet krap. Afrikanerkanonvoer of so iets.
Ons moenie in dié slagyster trap nie. Laat almal wat die ANC-SAKP aan bewind wou sien eerste sneuwel in die poging om hulle te ontsetel. As die stof gaan lê, sal ons nie eens hul lyke begrawe nie, maar hulle vir die aasvoëls los en dan besluit hoe ons weer die land kan regruk.

Wat ek nie kan verstaan nie: As die ANC, SAKP, Slovo en Mandela die beste ding was wat ooit met Suid-Afrika gebeur het, wat het intussen verkeerd geloop? Is dit net Zuma?

Dis soos mense wat al Zimbabwe se probleme aan Mugabe toeskryf. Kan één man soveel skade aanrig? Vir seker nie.

In elk geval was Mugabe tot so ‘n paar jaar gelede die Britte se “blou-oog-seun”. Hulle wóú hom aan bewind hê, net soos hulle die ANC hier aan bewind wou stel.

Wat as Zuma nie die fout was nie, maar die hele ANC-SAKP-revolusie wat nooit moes gebeur het nie? Dit het Rusland 70 jaar geneem om uit te vind dat 1917 ‘n fout was en die land sukkel nou nog om van kommunisme te herstel.

Gaan dit ons ook 70 jaar neem om van die ANC-SAKP te herstel? Aan die ander kant kan ek nie sien hoe Zimbabwe ooit van Baron Robin Renwick se idee dat ZANU PF die ou Rhodesië moes regeer, gaan herstel nie. Hulle gaan teruggaan steentydperk toe.

Daar’s nou vir jou ‘n pax britannica!

Ons probleem is nie eintlik Zuma nie, dis die beterweterige wit joernaliste en akademici wat slegs hul menings grond op die ewe groot twak wat hulle in links-liberale koerante oorsee lees en te lafhartig is om die werklikhede van ons land in die oë te kyk.

Een van die werklikhede is dat geen land in Afrika ryk genoeg is om swart regering te kan bekostig nie. Dis die duurste vorm van regering wat daar is. Elders op die vasteland is daar wel “donateurs”, asook die IMF en Wêreldbank wat toesig hou en sorg dat die korrupsie nie heeltemal handuit ruk nie. Hier by ons is daar geen perk wat daarop geplaas word nie en ek is bevrees daar sal eers beheer kom die dag as Suid-Afrika heeltemal krepeer en ons in die Weste en by internasionale organisasies om hulpgeld moet bedel.

Tot dan gaan Zuma en die res van die African National Corruption regeer asof die staatskas hul familiefonds is.

Almal wat dié stelsel onderhou, is egter aandadig: die hele politieke, akademiese, sake- en media-elite. Almal moet die blaam dra. Zuma is net effens minder marxisties as Malema, terwyl Tim du Plessis net effens minder marxisties as Zuma is. Dank almal af. Slegs wanneer ons van hulle almal ontslae geraak het, sal daar hoop wees dat die land weer kan opstaan.

Die ANC en SAKP regeer danksy die muur van politieke korrektheid wat rondom ons gebou is, ‘n bietjie soos die Berlynse Muur van destyds wat al die Oos-Duitsers gevange gehou het. Eers wanneer dit afgebreek is, sal ons helder kan begin dink.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *