Vandag op Facebook sien ek daar is “216 items wat my aandag verdien”, ‘n kennisgewing so mooi in Facebook-Afrikaans. Onder andere word ek elders op Facebook deur twee middelmatige Kruiperkaners, soos ek hulle noem, daarvan beskuldig dat ek ‘n “valse persona” is of iets van die aard. Getrou aan hul middelmatigheid en konformisme, gebruik ene Rina Sherman en Kerneels Breytenbach, die Engelse woord “fake” om my te beskryf, hoewel laasgenoemde darem ook vermeld dat ek ‘n “misrabele wese” is. Vandaar dus onderstaande repliek:

Kerneels Breytenbach Nee, ek et gewonder of jy bedoel hy is fake, of die Twitter-rekeningn is fake. Ek dink dit is Roodt se regte Twitter-rekening, want die goed wat hy sê, is op dieselfde trant as die ander twak wat hy in die verlede kwytgeraak het. Hy is ‘n misrabele wese.

Op die trant van Ockham se skeermes, watter een van die twee is dit nou: is die uwe ‘n versinsel of is sy Twitterrekening ‘n versinsel? En Rina Sherman is dalk – heeltemal per ongeluk, want sy sukkel om te spel – korrek dat ek “herly”, want eens het ons gely onder die Broederbond-sensors van weleer en nou herly ons onder die Kruiperkanersensors van die ANC en SAKP. Terloops merk ek op dat nie-misrabele Kerneels, ondanks ‘n leeftyd van kruip by die Ou en Nuwe Broederbond, slegs 402 volgelinge op Twitter kon versamel. Maar soos alle kruipers wat so snuif-snuif rondom die setels van mag, is hy ook ‘n snob wat neersien op almal wat Standaardafrikaans praat en nie ANC stem nie. Vanoggend bel ‘n vriend my en vertel dat ‘n ouerige paar wat hy ken in die Wes-Transvaal aangeval is met ‘n kapmes. Hul hande is afgekap; die ou tannie is deurnag verkrag deur ‘n drietal liewe “Nuwe-Suid-Afrikaners”. Maar dis niks, nee wat, dis seker ‘n versinsel. Wat saak maak, is wanneer een of ander polities korrekte kode oortree word… Dan kom die morrende Kruiperkaners in opstand. “Sluit op die dissidente wat ons Afro-Marxistiese utopie versteur!” skreeu hulle uit een mond dat die spoeg so spat.

Rina Sherman K Éditeur There is the view that one should not provide public space for people holding unacceptable view by all accounts. This comes a few days (if it is a true account? Kerneels?) after an event in SA that shook the world. A young woman losing her life by going to the post office. In France, a woman is killed by a husband or companion every three days. It is time for society at large to take a stance: The degenerate macho idea: ‘Sy’t dit gesoek deur soos ‘n hoer geklee te gaan’ as an excuse IS NOT RECEIVABLE! It permeates all levels of society, and by ignoring it, it is not going to go away. Dit is ‘n versmoor tegniek wat nie werk nie.

Liewe Rinatjie, blykbaar was jy op Hoërskool Linden, dink jy regtig ek het jou “publisiteit” nodig? In elk geval woon jy nie eens in die land met sy wonderlike, eerlike, feministiese regering – Swede het hulle mos aanvanklik befonds en verskaf hulle seker nou van hul huidige “moraal” – nie, dus kan jy my kwalik van ‘n seepkis (openbare ruimte) op enige plek in die RSA, soos byvoorbeeld Hillbrow waar die vullis so twee meter hoog op die sypaadjies lê, voorsien, nie waar nie? Dalk moet jy liewer saam met Kerneels werk om my te laat sensureer of dalk te laat opsluit weens ongewenste kritiek jeens die huidige hoogs morele bestel…

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *