Die ANC-minister van gesondheid, Zwele Mkhize, het so pas die jongste statistiek rakende covid-19-gevalle in Suid-Afrika bekendgemaak. Die groei in nuwe gevalle vind hoofsaaklik in die Wes- en Oos-Kaap plaas wat 84% van sodanige gevalle uitmaak, iets wat volgens die departement van gesondheid “kommerwekkend” is.

Die totale aantal sterftes in die land het oor die afgelope vier-en-twintig uur met 8 toegeneem: 3 uit die Wes-Kaap, een uit die Oos-Kaap en 4 uit Gauteng.

Hier volg ‘n grafiese voorstelling in die oorspronklike Engels wat deur die dept. van gesondheid vrygestel is.

Die totale aantal gevalle in Suid-Afrika staan nou op 10 015, die totale aantal sterftes is 194 and diegene wat herstel het, staan op 4173.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *