Stuur ons af op ‘n blanke volksmoord?

Vandeesweek het ds. Nico Smith, ‘n soort sikofant van oorle Beyers Naudé, ‘n kat in die hoenderhok gesmyt met sy stuk in Beeld waarin hy blankes tot onderdanigheid aan hul nuwe swart heersers maan. So nie, sê Smith, gaan dieselfde lot ons tref as die sowat miljoen Franse Algeryne wat almal sak en pak met net die klere aan hul lywe hul land moes verlaat toe die moederland, Frankryk, hulle in die steek gelaat het en sy militêre magte verwyder het.

Nico Smith stel dit in ‘n neutedop só: “Ons het geen keuse nie as om lojale Suid-Afrikaners te word en te vergeet van ons minderheidsregte, ons taal en kultuur, ons aansprake op die beëindiging van regstellende aksie en die herinstelling van die doodstraf.”

Met ander woorde, ons moet aanvaar dat ons en ons kinders en waarskynlik ons kleinkinders, vir altyd tweederangse burgers onder ‘n swart regering gaan wees wat ons bloot gaan verdra na gelang van ons onderdanigheid en die “lojaliteit” wat ons jeens hom gaan betoon.

Tereg het Tim du Plessis, die redakteur van Beeld wat deesdae toenemend ontnugter met sy base by Naspers se utopiese voorstelling van “Suid-Afrika se wonderlike demokrasie” raak, ‘n teenargument geopper wat ek reeds jare lank ophaal: wat het hul onderdanigheid die blankes van Zimbabwe en veral die Commercial Farmers Union gebaat? Hulle het agteroor gebuig, hulle was lojaal en inskiklik, maar op die ou end het Mugabe dit as swakheid geïnterpreteer. Hulle grond is summier onteien en van die eertydse groot blanke bevolking van etlike honderde duisende mense in die voormalige Rhodesië het daar net mooi niks oorgebly nie.

2 thoughts on “Stuur ons af op ‘n blanke volksmoord?

  1. Waterboer

    Ek stem heelhartig saam met wat hier geskryf is. Die de klerk generasie was nie bereid om te veg vir vryheid nie. Hulle heteerder probeer om nobelpryse en die pad van vrede te bewandel. Maar of ons dit wil sien of nie die oorlog kom en in sekere opsigte is dit alreeds hier!

  2. Isabel

    Ons is alreeds midde ‘n volksmoord. Meer as 40 000 van ons blankes is alreeds vermoor. Wat tel as volksmoord? Meer as 3 000 boere is alreeds vermoor. Wat tel as grondonteiening? Mense die dag toe die Ja-stem ingekom het was ons doppie geklink. Hoekom dink julle stig hulle so baie ‘informal settlements’ en ‘townships’ rondom ons? Ons is alreeds in Dingaan se kraal. Wees bang, baie bang, bid, en veg dan tot die laaste druppel, (nie ons s’n), bloed geval het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *