Stuur ons af op ‘n blanke volksmoord?

Die ANC is ‘n oorlogsparty. Sy hele denke, retoriek en sin vir intimidasie en geweldsdreigemente, is deurtrek van oorlogsug. Wat Nico Smith ook vir ons probeer sê, is dat indien daar ooit vrede in Suid-Afrika gaan wees – hoewel dit nooit ‘n geweldlose vrede gaan wees nie – sal dit geskied op voorwaarde dat ons daagliks voor ons heersers moet neerkniel en onsself moet verneder. Immers sien hulle nie, anders as wat mnr. De Klerk en die Nasperskoerante ons wil wysmaak, 1994 as ‘n “onderhandelde skikking” nie, maar as ‘n verowering.

Ons is verower en die verowerde beskik oor geen regte nie, allermins die reg op eiendom, op taal en kultuur, om van gelykheid nie eens te praat nie. Dit is hoe die ANC en waarskynlik ten minste die helfte van die swartes in die land – veral dié wat steeds aan die Ooskus woon – dink.

Wat het Paul Kruger-hulle ná 1877 gedoen toe sir Theophilus Shepstone en die Britte hul land geannekseer het? Hulle het begin weier om belastings te betaal. Dit het vanself ‘n plofbare situasie geskep wat op oorlog uitgeloop het.

In teenstelling met dominee Nico Smith, dink ek nie dis nou die tyd om briek aan te draai en die swartmag minder met kritiek en klagtes te irriteer nie. Dis juis nou die tyd om hulle te druk dat hulle oë traan.

Deur magte van buite, die Britte, Swede en VN met hul sanksies en aanstook van terreur in ons land – asook deur De Klerk se verskriklike kortsigtigheid – is ons in hiedie situasie gedompel. Ons het hierdie stryd en hierdie oorlog nie gekies nie; ander het dit oor ons gebring.

Ons is magteloos, maar ook nie so magteloos nie. Ons was nog altyd ‘n minderheid en ons het nog nooit in ons geskiedenis – behalwe vir ‘n dekade of twee toe P.W. Botha minister van verdediging en later president was – behoorlike wapens gehad nie. Nietemin het ons telkens as dit nodig was en ons in ‘n hoek gedryf was, met die hulp van Bo, oorwin. Al moet ons nou soos die wiskundenavorser in die rolprent Straw Dogs met potte warm kookolie vanuit ons huise veg, veg sal ons.

Vele ANC-woordvoerders soos Mokaba of Malema het nou al soveel keer met geweld gedreig dat ek begin dink hulle bluf net. Dominee Nico Smith dink kennelik hulle is ernstig, maar of hulle bluf of gaan aanval, maak eintlik nie saak nie. Want ons situasie gaan nie verander nie.

En solank ons in hierdie situasie van magteloosheid en uitgelewerdheid verkeer, sal ons op ons hoede moet wees. Ek wil nie soos die Boeremag klink nie en assosieer my ook nie met aggressiewe en onwettige pogings om die grondwetlike orde te verander nie, maar ons moet oor ‘n “gebeurlikheidsplan” beskik vir die dag as die ergste dalk wel plaasvind.

In elk geval ervaar ons tans ‘n graad van geweld en rasseaanvalle wat reeds ‘n volksmoord genoem kan word. Ons hanteer dit verbasend goed, maar moet besef dat dit moontlik net die begin van ‘n groter offensief kan wees.

En daarvoor, in dominee Smith se gevleuelde woorde, moet ons “pas op”.

Join the Conversation

2 Comments

  1. Ek stem heelhartig saam met wat hier geskryf is. Die de klerk generasie was nie bereid om te veg vir vryheid nie. Hulle heteerder probeer om nobelpryse en die pad van vrede te bewandel. Maar of ons dit wil sien of nie die oorlog kom en in sekere opsigte is dit alreeds hier!

  2. Ons is alreeds midde ‘n volksmoord. Meer as 40 000 van ons blankes is alreeds vermoor. Wat tel as volksmoord? Meer as 3 000 boere is alreeds vermoor. Wat tel as grondonteiening? Mense die dag toe die Ja-stem ingekom het was ons doppie geklink. Hoekom dink julle stig hulle so baie ‘informal settlements’ en ‘townships’ rondom ons? Ons is alreeds in Dingaan se kraal. Wees bang, baie bang, bid, en veg dan tot die laaste druppel, (nie ons s’n), bloed geval het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *