Blanke ‘gesindheid’ is irrelevant – vir Harald Pakendorf

Dis vir my interessant hoe die hele utopie rondom veelrassige en multikulturele demokrasie (ek noem dit: demonokrasie) besig is om uit te rafel. Al die Britte en Amerikaners se propagandiste wat ons wou oortuig dat ‘n stelsel wat nêrens in Afrika gewerk het nie – en waar minderheidsgroepe soos blankes en Indiërs uit een land na die ander verdryf is – oplaas hier gaan werk, word tans deur die werklikheid oorval. Die afgelope vyftien jaar is die werklikheid, ook ons geskiedenis, konstant misken en onderdruk, maar nou – skielik – slaan dit toe soos ‘n dief in die nag. Selfs Nico Smith sien die probleem raak, maar Harald handhaaf die lagwekkende siening dat ‘n “gesindheidsverandering” onder blankes die toekoms van hierdie land kan verander. Dis so goed as om te sê die tienduisend oorblywende blankes in Zimbabwe moet net hulle “gesindheid verander” en dan sal die mielies outomaties opkom, die hospitale en skole sal weer begin werk en die Zim-dollar sal weer ‘n paar miljard persent in waarde toeneem. Of die SA blankes van swartes hou of nie, of hulle selfs die ANC-regering ondersteun of nie, is irrelevant. Hier is ‘n historiese en etniese logika aan die werk wat slegs deur politieke handeling gestuit kan word, net soos wat politieke handeling dit ontketen het. Ons moet Nico Smith se waarskuwing van volksmoord ernstig opneem. Lees ook wat ek vandag hieroor geskryf het (ondertoe). En indien enigeen van my verskil, sou ek graag die teenargument wou hoor, nie blote ontkenning van die probleem soos Harald P. dit hierbo beoefen nie.

Harald Pakendorf in Rapport:

Wittes se kans kom om hul knorrigheid af te skud

Die wittes, en veral die Afrikaner, se plek in die nuwe Suid-Afrika is skielik deel van die openbare debat. Die vreemdste sieninge kom na vore.

Join the Conversation

2 Comments

  1. Dan,

    MaxiPad du Preez en HP sauce (en vele ander) reken dat ‘n massaslagting in SA feitlik onmoontlik is. Hoekom? Wat maak Mzanzi kamtig so spesiaal? Of mis ons dalk net iets?

    Wil jou ook graag ‘n baie direkte reguit vraag vra – Voel jy die Afrikaner moet alles in sy vermoë doen om ‘n burgeroorlog te voorkom?

    “when things fall apart, the centre cannot hold”

    Groetnis.

  2. Ek haal aan: “Waar ek kritiseer, het dit niks met ras te doen nie en tot dusver is dit deur mense van alle rasse so aanvaar.”

    Pakendorf mag dalk eerlikwaar dink mense van alle rasse aanvaar dit so (dan is hy wragtig onnosel), of hy lieg vir homself. Seersekerklik net soos wat Kriegler ook geen twyfel kan he dat sy kritiek op die GDK gesien word as rassisties nie (waarom sou net sy swart mede-lede van FUL dan bedank?). Wat maar net weer wys, maak nie saak hoe liberaal jy is nie, as jy wit is en enigiets kritiseer, en die objek van jou kritiek is ‘n Afrikaan of die hantering van ‘n Afrikaan, is jy ‘n rassis. Nie dat ek hoegenaamd simpatie het met liberale wat gereeld self die rassekaart gespeel het nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *