Repliek op Chris Louw se laaste rubriek in Beeld

Ek was gister uiters geskok om dié nuus te hoor, aangesien Chris ‘n vriend van my was en ek nog onlangs met hom oor die telefoon gepraat het. Vir wat dit werd is, het ek ‘n reaksie op www.praag.co.za geskryf.

Maar ek stem saam met Rina hierbo dat Chris die volkstaatbegrip misverstaan. Dit gaan nie om ‘n suiwer blanke apartheidstaat nie, maar om ‘n Afrikanervolkstaat waarin:

1. Afrikaans die enigste amptelike taal sal wees met Afrikaanse skole, universiteite, howe, media, teater, ens.

2. Afrikaners in die meerderheid (70-100%) sal wees en dit baie moeilik sal wees vir nie-Afrikaners om burgerskap te verkry (‘n bietjie soos Switserland of Japan).

Die lewe in die volkstaat sal baie soos die lewe in die huidige Pretoria, Bloemfontein of Suidkaap wees, behalwe dat die openbare taal Afrikaans sal wees en dit veilig sal wees. Daar sal ook beter standaarde vir argitektuur, gesondheid en die omgewing wees.

Wie sal nie in so ‘n volkstaat wil bly nie? Ek dink Chris Louw sou homself gate uit geniet het in ‘n toekomstige Afrikaanse Republiek.

Ondersteun organisasies (soos PRAAG) en politieke partye (soos die Vryheidsfront), wat ‘n volkstaat nastreef.

Op 23 April 1994 het die ANC ‘n ooreenkoms met die Vryheidsfront geteken dat, indien daar genoegsame steun vir ‘n volkstaat is, dit toegestaan sal word. Dis moontlik om vreedsaam af te stig en ‘n goeie deel van die huidige SA te verkry, mits ons daarin glo en saamstaan.

2 thoughts on “Repliek op Chris Louw se laaste rubriek in Beeld

  1. Waterboer

    ‘n Volkstaat is ‘n fabelagtige droom. Ek wil daarin glo maar realisties gesproke sal die afrikaner dit nooit kry nie, want dan sal hy weer mag he en dit kan die ANC nie toelaat nie.

  2. Jaco

    IN KORT:

    Daar was n volkstaats komitee op gestel net voor 94 met 20 lede die tannie Anna Boshoff was een,haar man is die prof Carl Boshoff stigter van Orania en in die selfte tyd net na die oorgawe het Lets Pretoruis n brief aan President N Madela geskryf wat nie eers beantwoord was nie(die probleem is ook hier dat die twee groepe die Afrikaner,Boshoff’s en boer,Lets pretoruis se grond eiese teen mekaar is,die verenige nasies wet nie wie ons is nie )na gelang van tyd het die woord uit gekom dat daar nie meer baaskap op die kontinent van Afrika welkom is nie.En verder die idee van vryheid is belaglik.Dit is net die Afrikaner wat homself kan red en onderhou as die verdrukkers van die verlede nie hulle eie mense verdruk nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *