Volksplakkerskamp? Nog nooit nie!

Ferdi Greyling  van Beeld verwys neerhalend na ‘n “volksplakkerskamp” as die moontlike aanskyn van ‘n toekomstige volkstaat. Al wat Ferdi hoef te doen, is om na gebiede met Afrikanermeerderhede te kyk: Pretoria, groot dele van die Oos- en Wesrand, die Suid-Kaap, ens. en te vra of hulle soos “plakkerskampe” daar uitsien?

Om te beweer dat “volkstate in geweld en vernietiging gebore word”, is nie juis nie. ‘n Mens kan net sowel enkele voorbeelde kies soos Nazi-Duitsland of Zimbabwe en beweer dat demokrasie tot hetsy oorlog, hetsy hongersnood lei, aangesien sowel Hitler as Mugabe demokraties ingestem is.

Die modelle vir vreedsame afstigting is Québec, Vlaandere en Katalonië. Al drie hierdie gebiede het reeds ‘n groot mate van selfbeskikking van onderskeidelik Kanada, België en Spanje verwerf. Katalonië het selfs in 2006 sy eie topvlakdomein op die internet (.CAT) – iets waarvoor slegs state kwalifiseer – verkry.

Interessant is ook dat al drie hierdie provinsies se versugting na onafhanklikheid aanvanklik met ‘n taalstryd begin het, net soos wat Afrikaners oor die afgelope sestien jaar of so ‘n taalstryd teen die nuwe Engelstalige owerheid in Suid-Afrika voer.

Die Tamil-tiere se uitgerekte guerilla-oorlog teen die Sinhalese meerderheid van Sri Lanka is weliswaar ‘n ongelukkige voorbeeld van ‘n gewapende opstand wat in ‘n neerlaag geëindig het. Maar dan is daar talle internasionale voorbeelde van suksesvolle nasionale bevrydingsoorloë.

Slowenië het byvoorbeeld in Junie 1991 ‘n geslaagde onafhanklikheidsoorlog van slegs tien dae teen die ou sentrale regering van Joego-Slawië geveg – met ‘n baie swakker weermag en téén die wense van die VSA en die EU wat nie wou hê dat die Slowene onafhanklik word nie.

Slegs 18 Slowene is in die gevegte dood en 182 is gewond, wat waarskynlik ‘n geringe prys is om vir vryheid te betaal.

Hierteenoor is 30 000 tot 40 000 Afrikaners sedert 1994 vermoor en honderde duisende is beseer, verkrag of beroof. Die prys wat sogenaamde demokrasie en die multikulturele samelewing van ons eis, is veel hoër as wat die Slowene vir vryheid en onafhanklikheid betaal het.

Join the Conversation

3 Comments

  1. Geen ideaal sal verwesenlik word deur net te droom nie. Begin ‘n klub. Lede van die klub mag slegs Afrikaner wees. Om deel te bly van die klub moet lede R50 per maand opdok. Die geld sal gaan vir die bevordering van die lede se belange(1se priorietyd) en die res van die Afrikaner(2de priorietyd). Die geld sal deursigtig bestuur word met ‘n webblad as kommunikasiemiddel.Met 100 000 lede kan die hierdie klub R 5 miljoen per maand instoot om die finansiële belange van lede en buite-Afrikaner te bevorder. Lede kry egter voorkeur. Die doel moet wees om die geld goed te bestuuur en te fokus op uitvoere, want die regering sal dit moeilik maak vir ons. Indien een van die lede hul werk verloor weens SEB, kry hulle voorkeur om indiens geneem te word by een van die klub se besighede. ‘n soort van versekering teen SEB. Die klub kan dan met die ledegeld en later met die winste van die ondernemings grond opkoop en aanwend vir verdere ledebelange. (strategies) Met R60 miljoen inkomstestroom per jaar kan ons grond koop en dan besighede begin gemik op uitvoere. Landbou,IT, Aftrede (baie strategies, want baie Afrikaners sal op soek wees na veilige aftrede en in die proses kom vestig hulle hulself ook sommer in die volkstaat), Groen tegnologie ens. Maar die belange moet gekonsentreerd wees in een gebied, daar waar ons die volkstaat wil bou.Afrikaners sal sonder dat hulle besef na die gebied stroom want een besigheid lei na ‘n ander en dit sneeubal mettertyd.Die ondersteunende besighede sal ook gekeur moet word op grond van BEB “Boere Ekonomiese Bemagtiging”. Sodoende help ons die Afrikaner-lede wat hul werk verloor en ondersteun die volkstaat deur vir ons ‘n gebied oop te koop, stuk vir stuk. Die moderne boerdery, IT dienste, vyfster aftree dorpe sal ons mede- blinde broers help om ook tot die klub aan te sluit. Sodra ons 100 000 Afrikaners in een gebied vestig, kan ons die regering se belasting ontduik deur ‘n alternatiewe geldeenheid vir die gebied te gebruik. Orania doen dit op klein skaal met hul ora. Geen BTW op transaksies nie.Wat kan die regering doen om dit te stop? Die besighede onteien?Dit sal hulle baie sleg laat lyk.(MIskien moet ons maar in Australie begin grond koop?) Nie regerings kontrakte gee aan die besighede nie? Die besighede sal gefokus wees op uitvoere andersins slegs BEB besighede, so geen probleem. AL probleem is dat ander etniese groepe om die nuwe sentra sal kloek op soek na werk, maar die sentrale klub sal dit moet verbied. Die klub sal dien as ons nuwe regering, die ledegeld as ons nuwe belasting. Die lede(burgers) kyk om na die klub(regering)end vice versa. Indien dit goed bestuur word kan ons maklik 500 000 na ‘n miljoen boere in een gebied vestig na etlike jare en kan ons dan makliker met die finale proses begin vir onafhanklikheid. Sonder ‘n finansiële masjien sal ons nerens kom nie. Ons kan verder skaaf aan hierdie idee.Dis tyd dat die Afrikaner vir homself oplig. As ons regering ons te veel gas gee maak ons dit in die buiteland oop.Dis nou die klub, nie die grond en besighede nie.

  2. Uiteindelik begin ons mense DINK!! Waar is die hooggeleerdes wanneer mens hulle nodig het? Te besig om geld te maak uit die huidige sisteem – wanneer dink ons bietjie verder as net onsself?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *