ANC se matla pomp sterk oor Pretoria

Die ANC, by monde van sy “ontplooide” burgemeesteres, Gwen Ramakgopa, asook die minister van sogenaamde “kuns en kultuur”, Lulu Xingwana, het laat blyk dat Pretoria se naam binnekort finaal na Tshwane verander gaan word, nog voor die Wêreldbekersokkertoernooi.

Kennelik pomp die ANC se matla sterk oor Pretoria. Vir daardie hopelose Westerlinge wat nie weet nie, is “matla” die Sotho-woord vir “krag” of “mag”. Die Nguni-ekwivalent is natuurlik “amandla”, waarmee ons welbekend is. Nie net is dit ‘n sentrale begrip in die Bantoekulture nie, maar mag, magsug en magsvertoon het ook die onderskeidende kenmerk van die Suid-Afrikaanse politiek geword.

Die voorgenome “versnelde” naamsverandering van Pretoria dien geen praktiese of ander doel nie en spruit suiwer uit die behoefte aan magsvertoon noudat die wêreld se oë op die land gerig is.

Vroeg ná Nuwejaar 2010 het ek teenoor my gesin en ‘n paar vriende voorspel dat die kanse op volskaalse revolusie in dié land oor die volgene twee tot drie jaar – miskien nog voor of tydens die sokker! – goed is.

Beeld se meningspeiling oor die 73% Afrikaners wat sou verkies om in ‘n volkstaat te woon, het bloot my indruk dat ons op ‘n breekspul afstuur, bevestig. Orals is die skrif aan die muur te lees vir diegene wat nie heeltemal blind is of niks van politiek verstaan nie.

Terwyl Zuma ‘n meer subtiele swart politikus is wat verstaan dat die regstreekse vernedering van Afrikaners deur volgehoue naamsveranderings tot verdere vervreemding en selfs weerstand uit Afrikanergeledere mag lei, is sy party se beleid nou afgewentel na figure soos Lulu Xingwana, wat nog laas as grondsakeminister ons boere warm onder die kraag laat word het.

Afrikaners moet egter verheug wees dat die streep nou finaal getrek word. Die ANC-bewind se boodskap is helder en duidelik: ons moet óf verdwyn, assimileer, emigreer of ons slaafagtig onderwerp, óf ons sal aktief onsself van die huidige dwingelandy moet bevry en ons soewereiniteit, veiligheid en waardigheid moet herwin. Ten minste kom daar nou helderheid te midde van al die verwarring wat die afgelope dekade of twee gesaai is.

Terwyl die ANC in sy magswellus kraai oor die wyse waarop hy die oënskynlik hulpelose Afrikaners verneder en vertrap met die naamsverandering van Pretoria – die enigste groterige stad wat Afrikaners in hul geskiedenis opgerig het – loop hy die gevaar om hom gruwelik met sy “onderdane” te misreken.

Die klimaat wat tans om die spreekwoordelike braaivleisvure onder Afrikaners heers, is soortgelyk aan dít wat daar in Leipzig gaande moes gewees het op die vooraand van die Berlynse muur se bestorming. Dit word nie aan die groot klok gehang nie, maar mense is keelvol vir oorheersing, korrupsie en blinde magsvertoon op die tipiese Afrikamanier waarvan Idi Amin en Robert Mugabe slegs enkele voorbeelde is.

Met sy arrogante daad van naamsverandering is die ANC besig om die Afrikaner tot breekpunt te dryf. Maar ons gaan nie breek nie, eerder uitbreek uit hierdie dekadente, korrupte en kriminele bestel.

Join the Conversation

7 Comments

  1. Ek sou sê Afrikaners gaan wil afstig en hul eie republiek stig, te oordeel aan die Beeld-meningspeiling, nie waar nie?

  2. Blykbaar is dit al wat hierdie tuinkabouters kan doen,en dit is om name te verander,met standerd ses en houtwerk weet hulle niks meer nie

  3. As die Afrikaner afstig, wat gaan verhoed dat die Suid-Afrikaanse eenheidstaat nie totaal en al gaan verbrokkel en ‘n toekoms van stam oorloë tegemoed gaan nie? Dink nou al elke stamhoof sy onafhanklikheid wil verkry en almal baklei vir die kragstasies, lughawens en myne, Suid-Afrika gaan dan wens hulle kon die Zim pad geloop het met nog ‘n Somalië in die vooruitsig. Dink u nie die enigste hoop lê juis in die eenheidstaat nie? Is dit nie die laaste bietjie struktuur wat nog die vrede bewaar nie.

  4. Kyk wat het die Khoza-koning dan nou al reeds mee gedreig. Hy soek sy grond en hy het 10 mijoen wat agter hom staan. Zuma is in die middel. Malema wil alle myne syne maak en het die hele kosto met 2 mil gewapende soldate aan sy kant…..en ons is ook in die middel met nie eers ‘n klip om mee te gooi nie want die nuwe wapen wet kan hulle jou toesluit as jy tot ‘n klip optel en iemand daarmee gooi…..die saps het nou volmag om te skiet en sal skiet as hulle moet….meerderheid van hulle is ons as blankes in elk geval nie goedgesind nie en sal hulle vergryp as dit op so staduim kom…elkeen soek sy gedeelte en dit stuur op ‘n ramp af en dit kom en niemand kan dit keer nie dis net ‘n kwesie van tyd…..Al wat ek kan sê is kry julle sielle reg en bid sonder ophou…!!!!!!!!!!!JHWH sal ons hoor…!!!! vrede

  5. Yep, ‘bid sonder ophou’ – that’ll get you far.

    How long and hard do you think the exploited, marginalized black masses of humanity prayed for relief from the yoke of white oppression? Much longer and harder – and yes Nkosi JHWH did finally come through for them.

    Get a grip man – God doesn’t love you any better because you possess a white skin!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *