FW de Klerk maak praatjies oor Afrikaans

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Sondag 31 Januarie 2010 4:58 pm

 Powered by Max Banner Ads 

Rapport skryf vandag ‘n lowende hoofartikel oor FW de Klerk en sy konferensie oor Afrikaans in die Kaap; ‘n mens sou sweer die Broederbond en NP is weer aan bewind met ‘n nuwe meesterplan waarvoor hulle stemvee of kanonvoer werf.

Ek en PRAAG is al 14 jaar besig met die taalstryd en is nie uitgenooi na FW se partytjie nie. So ook nie die FAK nie, want ons is mos wit en Afrikaans, dus nie “Afrikaanse” of kruiperig genoeg nie. Dis egter laat in die dag as FW wat terugskouend militêr aan Umkhonto oorgegee het – want beheer hulle nie nou die land se wapens en ontwapen ons nie? – hom oor Afrikaans moeg maak. Implisiet erken hy ook dat sy “wigte en teenwigte” en ander retoriese twak waarmee hy te koop geloop het, misluk het. Vandaar sy praatjiesmakery oor Afrikaans.

Mzansi is ‘n Engelse land; loop net in die straat af of gaan na jou winkelsentrum om dit te ervaar. Slegs ‘n volkstaat in die Noorde sal Afrikaans red, want die “Afrikaanses” van Kaapstad en omgewing het reeds verengels, volgens gesaghebbende taalkundige studies… Vergeet van Stellenbosch University, die koeël is deur die kerk. Ons moet nou vir vryheid en onafhanklikheid van hierdie Britse-empaaier-in-die-kleine stry.

In elk geval weet nóg De Klerk nóg die hoofartikelskrywer van Rapport enigiets van Afrikaans, ons geskiedenis of kultuur. Hulle praat net (soms) Afrikaans en huldig ‘n 100% Engelse wêreldbeskouing, waarin hulle in hul waan neersien op Afrikaners, Duitsers, Franse, Russe en alle nie-Engelse. Pass the gin and tonic please. Skryf liewer vir ons oor SA se goeie Engelse grondwet en hoe transformasie versnel moet word, dan sal ons julle ernstiger opneem.

9 Kommentare »

  1. Kommentaar deur English and Proud — Februarie 2, 2010 @ 4:39 pm

    Blog of the afrikaner freedom fighter and an idiot to boot….

  2. Terugpieng deur Driehoek & Sirkel – Episode 3 (iRoodt) | Johan Swarts se bl0g — Februarie 3, 2010 @ 10:01 pm

    [...] Dankie vir jou besoek!Soos almal weet, is daar uiters nougesette voorvereistes vir Afrikanerskap. Dan Roodt voldoen nie aan een van hulle [...]

  3. Kommentaar deur Francois Fivaz — Februarie 4, 2010 @ 10:18 am

    Geagte Dan,

    Vanoggend se onderhoud op “Morning Live” wil ek jou op komplimenteer,jy was briljant.

    Boetie(ek hoop dit is sy naam),was ek egter baie ongeskik aangesien hy jou telkens in die rede geval het en sy redinasies het geen water gedra nie.Sy opvoeding en die manier wat hy geindoktrineer is,was duidelik in sy stellings weer gegee.

    Ek en my gesin is voorstanders van ‘n demokratiese SA,maar ek gee jou 100% gelyk,dat FW De Klerk ‘n “naiewe wit ras” mis lei het en ons nie geweet het waarvoor hy ons inlaat nie.

    Groete.

  4. Kommentaar deur iemand — Februarie 4, 2010 @ 1:33 pm

    if you spoke a bit of english or any other language worth listening to . . we might comment on it.

    wat ever happened to the afrikaans ?

  5. Kommentaar deur iemand — Februarie 4, 2010 @ 1:34 pm

    if you spoke a bit of english or any other language worth listening to . . we might comment on it.

    i heard afrikaans boys listen to rap, wat happened to boere musiek? genade

  6. Kommentaar deur Marius Coertze — Februarie 24, 2010 @ 12:08 pm

    Johan Swarts is duidelik geen wit Afrikaner nie! Johan voldoen nie aan een van die vereistes vir Afrikanerskap nie. Hy moet hom eerder besig hou met sy eie volksvreemde woernaal, want insig en begrip vir die sosio-politieke situasie in sy geliefde Mzansi het hy beslis nie. Die vyandigheid van die Engelse idiote verdien geen reaksie nie.
    Uitstekende artikel, Dan! Jy kan maar die woord doen.

    Marius Coertze

  7. Kommentaar deur tony peters — Maart 12, 2010 @ 1:02 pm

    You’re quite right – Afrikaans is a dying language and culture. Probably only people of colour will keep it alive in any form worth listening to. The reason it is dying is because xenophobic groups like yours think that the way to hold on to your culture and identity is to create an exclusive club called a volkstaat, when in reality the only thing that will save it is opening it up to all takers, regardless of race and culture. It is because of the relative liberalism and fraternalism of the English speaking nations that English has become a world language. that is the only way Afrikaans will survive.

  8. Kommentaar deur Guss — Maart 15, 2010 @ 12:08 am

    Dan, ek weet nie so mooi oor die Noorde op sy eie nie… die Kaap moet maar ook saam ingetrek word. (Namaqualand na Oranje, af na kaap en overberg. In elk geval is dit net drome, as die afrikaner nie fisies wil optree nie – t.o.v die oorlog met die pen… kan nie op sy eie werk nie. Reg, dis nou genoeg riool uit my “keyboard”. Ek het probeer om jou email te stuur oor ‘n ander aangeleenheid. Hoop dit kom by jou uit. – Guss

  9. Kommentaar deur Willie — April 18, 2010 @ 9:04 pm

    Ek weet nie wat hierdie volks verraaier nog hier soek nie dit is hoogtyd dat iemand van hom ‘n hindu maak as hy sy eie vrou kan laat stil maak net om sy geldjies wat hy van ons geroof het kan behou

RSS voer vir kommentaar op hierdie bydrae. TerugSpoor URI

Lewer kommentaar