Ná vanoggend op Morning Live

Vanoggend was ek die gas van Lee-Ann Manas op SABC2 se program “Morning Live”.

Ek het ‘n teorie dat ons aan die begin van 2010 besig is om ‘n ideologiese revolusie te beleef op dieselfde manier as wat daar in die laat tagtigerjare ‘n ideologiese revolusie na links (ironies op die oomblik dat Links in Europa op sy baadjie gekry het met die ineenstorting van die Berlynse Muur) in Suid-Afrika plaasgevind het. In my e-pos het ek vanmore feitlik net boodskappe van ondersteuning gekry, ook van Engelssprekendes.

Op die stel kon ek nie die sms’e onderaan die skerm lees nie, maar volgens my vrou was omtrent 80% positief teenoor my. Rentia Landman van die Vryheidsfront in Pretoria het my ook lof toegeswaai en gemeen dat ek ‘n “uitklophou” geplant het toe ek die Jong Kommunis vertel het van die riool in Kroonstad waarvan 50% in die rivier en spruite in loop.

Ek stem saam met kommentaar dat ons nou momentum moet behou, al moet ons dit in die Engelse media doen want ek dink Naspers se broeke bewe nou omdat hulle sien hier kom polarisering en potensiële konfrontasie. As ‘n mens egter die kommentaar en briewe in Beeld lees, dan heers daar oor ‘n breë front onder Afrikaners ontevredenheid en ‘n gevoel van: “genoeg is genoeg”.

Die damwal het myns insiens gebreek en ons moet nou net dié gevoel van ontevredenheid kanaliseer in konstruktiewe optrede en organisasie om ten minste in ‘n gedeelte van die land die juk van ons af te werp (volkstaat). Daar is ‘n uitspraak van die Grondwethof dat dit nie onwettig is om ‘n volkstaat te propageer nie, want immers bestaan artikel 235 van die SA grondwet wat vir selfbeskikking voorsiening maak. Ons oortree dus nie die wet deur regering deur Afrikaners vir Afrikaners voor te staan nie.

Join the Conversation

8 Comments

  1. Ek moet erken, ek het nog nie van u gehoor nie, tot vanoggend, toe my goeie vriend Bunzi Ncgauzele vir my kom vertel het van die onderhoud op SAUK 2, “Morning Live”. Wanneer ek lees wat u hierbo skryf, en ek hoor wat my vriend sê, wonder ek nou wie het persepsie probleme?

    Die kêrel kom vra of ek van u gehoor het, en of alle Afrikaners redeneer soos u? Sy indruk was baie negatief, en blykbaar het u onbeholpe en sukkelend gekommunikeer, en later was sy indruk dat u ook ‘n karakteur is soos Eugene Terblanche.

    Ek wonder of my vriend en u vrou dieselfde sms’e gelees het? Volgens hom, het die Jeugleier van die Kommunistiese Party u “ore aangesit”, en selfs die dame wat die onderhoud gevoer het, het haar vir u vererg.

    Ek probeer om die onderhound self te sien en evalueer, of ‘n transkripsie te kry, maar dit sukkel.

    Vir u, en u “braaivleis maaitjies” (u het blykbaar ‘n paar keer die term gebruik) wil ek net een punt duidelik maak, asseblief. Moenie namens ‘n groep praat wat u nie kan bevestig dat u teenwoordig, maak dit asseblief duidelik namens wie u praat, want u praat nie names my nie, of enige wit Afrikaner wat ek nie. Soos genoem, ek het nie eers geweet wie u is nie, tot my swart vriend my van u kom vertel het.

    Groete,

    Anton F Beukes
    wit Afrikaner, met trots

  2. Ek wil net se dat ek saam met Dan staan. Ongelukkig is daar mense soos Anton wat deur die media en sy travante gebreinspoel is en alle sin van patriotisme verloor het. Maar daar is hoop vir hulle.

    Hou aan met die goeie werk, Dan

    Len

  3. U het op 5 Februarie op Morning Live uit my hart gepraat, en verwoord met voorbeelde wat die wind uit Leanne Mannas se seile gehad. Moeilik om te glo dat ene Anton Beukes u veroordeel op hoorsê inligting.
    Gaan so voort, ek ondersteun u siening. Ons is ook moeg vir die arrogansie van die onbeholpe swart regering.

    Hannalie de Bruyn

  4. Die ML program……..as u meer tyd gegee was, en Mannas ophou om so u in die rede te val, sou u hulle mooi vertel het want hulle het in elk geval gehoor wat hulle nie wil hoor nie! Mnr. Beukes, geniet maar u swart vriend se geselskap, vreemd dat hy u iets moes kom leer!

    Hou aan met jou goeie werk, die sogenaamde “white minority” staan nog steeds agter u.

  5. Ene Anton Beukes se afsluiting van sy kommentaar met “wit Afrikaner, met trots” lyk verdag. Sy baie goeie swart vriend, wat duidelik anti-blanke sentimente en veral anti-Afrikaner sentimente het, se woord is vir hom die maatstaf. Uit sy kommentaar is dit duidelik dat hy sy vriend se opinie klakkeloos deel. Hy noem hom self ‘n “wit Afrikaner” (is daar ‘n ander soort?) maar dis duidelik dat hy weet dat ander mense nie so sal dink nie, daarom dat hy seker wil maak dat hy dit pertinent so stel. Ek dink Anton Beukes is heel duidelik geen Afrikaner nioe, maar eerder ‘n Afrikaanse sikofant, wat hom graag voorhou as Afrikaner. Ons ken hulle soort al sedert 1899 in hierdie land. Die heulers en die renegate tussen ons. Hoe lank moet ons hulle nog verduur?

  6. Ja, gits, ek het ook, soos Anton, nog nooit van u gehoor nie (deesdae wil ek nie eers meer nuus luister of koerant lees). Tot vanoggend toe my goeie vriend (gelukkig wit en toevallig afrikaans) vir my ‘n artikel van u gestuur het.
    Ek self was ‘n kind uit die apartheids dae….het my nooit regtig aan politiek gesteur nie, was ook nie teen swartes (ons het letterlik saam met hulle groot geword). -Ons het gewoon op ‘n plaas wat feitlik gegrens het aan ‘n lokasie, waar my pa geboer het-.
    Vandag voel ek natuurlik baie anders oor dinge, noudat ons almal sien hoe wreed die hoe wreed sommige swartes kan wees.

    Ek hoop om nog meer insig gewende artikels van u te lees.

  7. O liewe magtig, dink jy hulle gaan omgee vir die grondwets bepalinge. Nie sommer so nie man. Hulle sal hulle g*tte afvee aan die grondwet net soos hulle gedoen het met die opmars na Lethuli huis deur Steve en kie. Hulle kannie eens tot by 10 tel nie en gaan sê die witman het hulle gedwing om dit te teken en dat hulle nie verstaan het nie. Soos tipies bobbejaan wees. Where ignorance is bliss, its folly to be wise. Hulle doen dit orals. Selfs my bediendes in die tuin. Trek my tulpe uit wat net begin blom en as ek die hom vra nou hoekom,,,dan sê dit…”Eish,,,i did not know that are the food…’ Verdomde moordenaars, wat hulle nie kan vreet nie wil hulle nie hê. Die skone kunste is daar om verbrand te word vir vuurmaakhout soos die pragtige bome wat hulle so afkap. Een so gesin het selfs vuurgemaak in een van my baddens. Het ek die reg om te sê, nee, ek huur nie huise uit vir anderkleuriges nie of gaan ek hof toe gesleep word?

  8. Marietjie

    Hoe op aarde gaan jy in n Volkstaat oorleef sonder jou bediendes? Hoekom het jy nie wit bediendes nie? Daar is baie arm Afrikaners wat wat sou gee om selfs so beskeie werk te he. Jy se, “Selfs my bediendes in die tuin”. Dit laat my wonder hoeveel swartes het jy nodig om jou tuin te onderhou? In hoeveel rowe en moorde, is dit nie bediendes, tuiniere en sekuriteits wagte wat betrokke is nie? Dus, doen eerder self die werk, want as jy Volkstaat toe wil trek, gaan jy dit dalk in elk geval moet doen, plus jy sal moontlik veiliger en fikser wees. Of ploeg terug in die Afrikaner, en skep dan werk vir jou eie mense as jy dan so patrioties is. Of hou op kla.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *