Henrey Jeffreys van Die Burger spreek hom teen volkstaat uit

Terwyl mnr. Henry Jeffreys, redakteur van Die Burger, homself hier moeg maak oor ‘n enkele Afrikaner wat onbeskof was teenoor Sandra Laing, wat as ideologiese pion gebruik word om Afrikanerskuldgevoelens aan te wakker, rep hy geen woord oor Danielle Esterhuizen, die vyfjarige dogtertjie van Randfontein wat op 20 Desember 2006 koelbloedig op haar ma se skoot deur twee swartes doodgeskiet is nie. Of oor Bernadine Kruger wat opsetlik deur ‘n swart taxibestuurder op haar bromponie in die strate van Pretoria doodgery is nie! Of oor die 50 000 Afrikaners, kinders, vroue, oumense, boere, wat sedert 1994 vermoor is nie. Elke jaar word ‘n 100 000 van ons Afrikanervroue verkrag deur julle “Suid-Afrikaners”. Nee wat, mnr. Jeffreys, ons wil niks meer met hierdie rampokkerstaat te make hê nie en krete van rassisme! rassisme! gaan ons nie verhoed om vryheid, rus en vrede in ‘n eie volkstaat te smaak nie. Die helfte van Gauteng, Oos-Transvaal, die Oos-Vrystaat en Suid-Kaap is ons s’n en die res van die land kan maar opsnork in hul geweldsparadys. As die Wes-Kaap wil afstig is dit ook goed, maar ek dink hulle verkies Zoeloe- of Xhosa-regering bo selfregering. In elk geval is dit net ‘n kwessie van tyd voordat Xhosa-demografie vanuit die Oos-Kaap die “Afrikaanse leefwêreld” van die Wes-Kaap finaal verander. Teen daardie tyd sal ons egter al rustig in ons volkstaat bly en oor die kriminele wondere van Mzansi lees soos ons vandag oor Liberië of die Kongo lees…

Join the Conversation

3 Comments

  1. ‘n Na-aper is nie eens ‘n aap nie. Vergelyk hierdie token met Izak de Villiers dan sal jy gou agterkom dat hy nie eens die tee mag aan dra nie.

  2. 50000 Afrikaners killed – you sure about those numbers then? Sure they were all good, white-skinned, Afrikaans speakers like you? What about the thousands of non-white, non-Afrikaans speakers murdered during the same period – don’t they count?

    Who created the conditions of the current South Africa? South Africa has been a democracy since 1994. 15 years. It will take generations to reverse the damage perpetrated by white people. Your children, and their children, will see the world differently to you. They will see through your outdated xenophobic ideology. They will form a new and happier South Africa where people’s worth is not based on their skin colour or culture. Stop being a coward and embrace the future – the past is gone.

  3. Dit klink wonderlike n eie volksstaat waar ons ons kultuur kan uitleef en ons vlag gaan hys en die Stem slegs in ons eie taal kan sing. Probleem is dat ek n gevoel het dat ons wat die miere is weer vir die sprinkane wat die gepeupel is n land gaan opbou wat hulle kan annekseer. En indien nie, hoe stop mens dit?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *