Bruines kry kritiek oor hul taalhouding

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Sondag 28 Maart 2010 12:52 pm

 Powered by Max Banner Ads 

Jaco Kirsten skryf in vandag se Rapport oor bruines se onwilligheid om aan die Afrikaanse taalstryd deel te neem. Toevallig het ek ook gister oor Bruines téén Afrikaners op die Praag-webwerf geskryf. Daar is gepubliseerde taalkundige studies wat Jaco Kirsten se argument staaf, naamlik dat die bruin middelklas, asook bykans die hele jeugdige bruin bevolking in die groter Kaapstadgebied reeds verengels het. Dis net die bejaardes en diegene op die platteland wat nog Afrikaans praat. Afrikaans word ernstig bedreig en ons enigste hoop is die internet wat ‘n medium is wat hoofsaaklik deur Afrikaners in Afrikaans gebruik word. ‘n Mens hoef maar net Facebook te besoek om dit agter te kom. Ons het nie langer die bruin “hekwagters” nodig nie, soos Breyten Breytenbach enkele jare gelede na hulle verwys het. Benewens die internet, is ‘n volkstaat die enigste langtermynoplossing vir Afrikaans. Sonder ‘n staat kan geen taal oorleef nie en ons staat is tans Engels. Afrikaners gaan nie in hul vryheidstrewe gestuit kan word nie en elke stukkie onverskrokke joernalistiek soos dié is ‘n mylpaal op pad na vryheid.

2 Kommentare »

  1. Kommentaar deur Marietjie Kriel Morgan — April 11, 2010 @ 11:06 am

    Ek stem volkome saam. My probleem of skande liewer is die feit dat ek vakke op Universiteit geneem het waarin al die boeke (99%) in Engels was. Ek het ook met n Engelsman getrou en ek het vir 30 jaar glad nie juis kontak met Afrikaners gehad nie. My kinders was in Engelse skole en het ook in Amerika en Engeland gaan woon en ook gestudeer en nadat my man weg is het ek weer my gewend tot my Afrikaanse sy. Ek het vir die eerste keer kon luister na Afrikaanse musiek en sukkel nou nog om te weet wie het wat gesing. Die passie van Afrikaanse musiek is vir my wonderlik, maar ek vind dat ek nog baie in my skryftaal moet oorgaan na n Engelse woord omdat indien ek dit nie doen nie, ek die draad van my storie verloor en dan vat dit te lank om my sê te sê. En is ek darem lief om my sê te sê. Ek is nie van daai stille waters tipe nie. Ek is soos jy my sien en my dogter n regte Engelse roos het vir my n paar ‘tips’ in die kar gegee oppad na ET se begrafnis om hoe soos n ‘lady’ op te tree. Ek moet glo meer vroulik wees, wat my natuurlik dwars in die krop steek, want ek het met 5 broers saam grootgeword en was n Tom boy soos hulle op Engels noem. Amper soos in die fliek ‘Oupa en die plaasnooitjie’. Ek vind dit baie moeilik om voor te gee wat ek nie is nie, maar sy het my bietjie kos tot nadenke gegee en ek sal bietjie daaroor dink en miskien nie so vinnig van antwoord wees wanneer mense my kritiseer nie. Wat my werk aanbetref kan niemand my kritiseer nie, want ek ken my werk, dit is so asof dit die grootste talent is wat God vir my gegee het. God het wel vir my baie baie talente gegee en van hulle verwaarloos ek ietwat. n Talent wat God nie vir my gegee het nie was om my huis te kan skoonmaak. Hy het vir my bediendes aanbeveel en kyk nou wat maak die bediendes hulle komploteer teen die werkgewers en laat hulle wreed vermoor. Nou weet ek nie eens hoe om my matte te suig nie.

  2. Kommentaar deur Leonie — April 12, 2010 @ 2:34 pm

    Vir my le die probleem nie daarin soseer dat die kleurlinge die Afrikaner se Afrikaans nie steun nie – maar dat die kleurlinge nie hulle eie Afrikaans wat mens dalk kan begin waarneem as kultuur-eie dialek van die Afrikaner Afrikaans met duidelike vokale verskille en kleurling eie idiome ens. ondersteun nie.

    Dit is vir my so sinneloos dat mens iets opponeer sonder n teenprestasie.

RSS voer vir kommentaar op hierdie bydrae. TerugSpoor URI

Lewer kommentaar