Daar is geen middelgrond meer nie

Soos gewoonlik, sit Jan-Jan Joubert in vandag se Rapport weer die pot mis. Hy skryf:

“Gelukkig is hierdie slegte week afgeloop, en moet ons nou voortgaan.

Die gruwelike dood van mnr. Eugène Terre’Blanche van die AWB en die uitsprake en gedrag van mnr. Julius Malema van die ANC het enige denkende mens se geduld en geloof in die land nogmaals verskriklik beproef.

Die meeste mense het, soos altyd, kopgehou. Malema is tans meer geïsoleerd as ooit tevore in die ANC (ons sal natuurlik moet sien of dit hou) en min wit mense dink die AWB is die toekoms.”

Die moord op ET was die laaste drupper in die emmer soos ek Vrydag ook op versoek van LitNet en op praag.co.za geskryf het: ‘n Moord te veel. Deel van ons probleem in dié land is dat ons sulke onnosele joernaliste het. Hulle is tot geen analise in staat nie, maar wil die publiek net “reg skryf” en breinspoel om hierdie onhoudbare situasie te aanvaar.

Vandat die Afrikaanse taalstryd in die laat negentigerjare begin het, lees ek allerlei studies oor etniese konflikte in ander dele van die wêreld en, glo my, ons is reeds midde-in ‘n etniese konflik wat nou bloot eskaleer.

Mense soos Jan-Jan wat die “middelgrond” bepleit of verdedig, weet nie waarmee hulle te doen het nie. Tipies in sulke situasies is dat daardie middelgrond eenvoudig verdwyn. Al wat na dese oorbly is óf Malema óf die AWB. Daar is niks tussenin nie.

Almal van ons – ook Jan-Jan – sal binnekort moet kies. Mense soos Jan-Jan gaan uiteindelik op hul knieë pleit om nie te hoef te kies nie, maar soos Kierkegaard gesê het: om nie te kies nie, is ook ‘n keuse. Die besluiteloses op hul middelgrond wat vinnig wegkalwe, gaan eerste ondergaan. Vir ons wat reeds vir die Afrikaner en sy oorlewing gekies het, is daar nog hoop.

21 thoughts on “Daar is geen middelgrond meer nie

  1. Jason

    Ek stem 100% saam, maar ek persoonlik dink ook dit gaan alles hervat word na die SWC2010. Die ANC het basies nou die muur geslaan wat Robert Mugabe destyds geslaan het. Hulle staan nou voor die besluit, gaan hulle dit eenvoudig herhaal.

    Ek se ja, dit is Afrika natuur om meer te wil he, te verwoes met geweld. Maar vir nou sal hulle net voort gaan om ons stadig maar seker uit te moor.

  2. Paulus Roos

    Daarom wat ek onderskeid maak tussen Afrikaner en Boer. ‘n Afrikaner is net ‘n saamloper en ‘n Boer is iemand met ‘n agtergrond en ‘n selfstandige wese.

  3. Marietjie Kriel Morgan

    Dan, ek is baie dankbaar vir al die inligting wat jy so vinnig vir onse mense deurvoer. Ek sou wragtie nie geweet het wat aangaan as ek nie jou ruprieke (as dit die regte woord is) lees nie. Ek was self by die begrafnis en het dit behoorlik ingeleef. Die atmosfeer was baie tens en traumaties en jy kon sien dat die mense/volk verskriklik worstel met hulle gevoelens. Ek het nie net gehuil oor ET nie, maar oor ons mense ook.

  4. Marietjie Kriel Morgan

    Ek wil nie die TV aansit nie, want ek kook as ek al die gemors hoor wat hulle opdis. So ek weet nie watse leuens daar weer vanoggend oor die nuus gekom het nie.

  5. Gustav Venter

    Die enigste middelgrond tussen ons en hulle sal die 2-mm van die doringdraad tussen ons land en hulle s’n wees.

  6. Elna

    Net vir interessantheid, profetiese woorde van ET baie lank gelede. Hy het gesê dat daar op die ou einde, slegs die ANC en die AWB gaan wees.
    Dit laat mens tot die gevolgtrekking kom dat ET al die tyd reg was…. Kan ons hom ooit die eer gee noudat hy in die graf is?

  7. pluim

    Dan, daar is nog baie middelgrond, dit hang watter bril jy op het. Ek het lankal my keuse gemaak, en dit lê nie in pollitiek nie. Dis die probleem as mens ‘n oplossing in pollitiek soek gaan jy die nie kry nie. Ook nie in die AWB nie, want sover ek weet was hulle nog nog nooit ‘n pollitieke organisasie nie. En my kultuur is nie my identiteit nie, selfs al vertel dit iets omtrent myself.

  8. Kobus

    En wat nou gemaak?
    Sit ons stil en kalm soos sekere mense beweer ons moet, die wat glo die stof sal gaan le en dan sal die lewe weer voort ploeter soos tot op datum, waar mense gese word hulle moet bid vir vrede en dan magteloos toekyk hoe die blankes stelselmatig verkrag en uitgemoor word, nie net op plase nie maar orals in SA? Neem ons dom wraak…dit was nooit ‘n oplossing nie.
    Of beplan ons hoe om die blanke nasie te red van die volgende : die nasiemoord deur die swartes, die politici wat altyd kyk na wat die wereld sal dink (wat het de Klerk en sy aanhangers ons nagelaat…hulle het ons uitverkoop ten koste van ‘n Nobel prys!), en teen die idiotiese blankes wat die swartes glo dat hulle ons wel in SA wil he, die paar draadsitters (wat te gemaklik lewe om dit op te offer), of die wat glo dit gaan lekker…die rand is sterk, ons wen in die rugby en ons kan nog vleisbraai en castle drink!
    Die huidige situasie in SA is vergelykbaar met vele gebeure in die verlede; In 1917 het Lenin Rusland oorgeneem, die kommunistiese stelsel ingebring en toe was dit ‘n plaasjapie met geen opvoeding wat oorgeneem het en sy teenstanders vermoor het en in 1928 (11 jaar later)die plase en industriee genasionaliseer het. Die boere wat geweier het om saam te werk het hulle eie plase afgebrand, wat gelei het tot miljoene Russe wat van honger gesterf het, die wat teen Stalin gestaan het was met die loop van ‘n geweer geforseer om die plase weer op te bou waar hulle dan slegs as werkers aan gebly het…(‘n Les : Die blankes se enigste wapen word tans bedreig, die plase. Die moet beskerm word ten alle koste. Soos iemand genoem het raak ontslae van die swart werkers op die plase, daar is duisende jong blankes wat werk soek. Help hulle en julleself, vorm kommando eenhede. Vergeet tans van die paar blankes wat in die polisie en weermag is, onthou hulle werk vir ‘n salaris en vir Zuma).
    Dan kyk ons na die Jode en Hitler, hy was ‘n ‘grap’, ook net skool opvoeding gehad, niemand het hom ernstig opgeneem nie, laastens die Jode, en wat gebeur toe…
    Ons eie Piet Rerief wat sy wapen neergele het en ‘n ooreenkoms sou teken met Dingaan, en wat gebeur toe…
    Wanneer sal ons blankes leer en besef daar is min tyd oor om dinge nog te red?
    Die swart jongetjie wat sy bek oopmaak en dink hy is onaanraakbaar, is onaantasbaar. Vat iemand aan hom dan sal die pangas swaai. Moet nie sy ondersteuning onderskat nie. Zuma is so bang vir hom dit laat mens baie ongemaklik voel.
    Op universiteit in 1977 het ek ‘n vriend van Rhodesia gehad wat gelag het oor ons Afrikaners se paranoia dat die swartes ons sal uitmoor in ons beddens…en waar is hy nou, lag hy nog nadat sy ‘swart broers’ in Rhodesia opgetree het?
    So wat nou?
    Wel my nederige opinie is dat dit baie wys sal wees om so gou moontlik die blankes te verenig en daadwerklik te beplan vir ‘n gemene doelwit waarna ons almal kan strewe, ‘n vry land.’n Land waar mense in vryheid kan woon sonder geweld en diskriminasie. Die swartes wat aandring dit is hulle land maak ‘n groot fout. Hulle land bestaan uit slegs dele van die huidige SA en niks meer nie!
    Maar eers is daar ‘n paar dinge wat sal moet gebeur en hier stem ek saam met Liesl Göttert, die afrikaner moet sy hardkoppigheid sluk en vir die eerstekeer in die geskiedenis saamstaan, dit beteken dat ons die Hitler vlag vergeet (wees oorspronklik, kry ‘n nuwe een. Om die swatika vlag te hou sal die deel van die Afrikaner op sy eie laat voortploeter…dit is nie die moeite werd nie, dink wat julle doen!), en ons moet onsself die vraag vra; wat is ons bereid om op te offer vir wat ons wil he. Is ons bereid om ons plase af te brand, ons stede te vernietig, en te sien hoe ons mense sterf, want moet nie fout maak nie, dit sal gebeur. As mense eerlikwaar kan se hulle is bereid om die materiele dinge op te offer vir hulle vryheid, vir ‘n nuwe land, eers dan sal die blankes sterk genoeg wees om dit te vermag. Ons voorvaders het vir ons land gesterf, mag dit nie verniet wees nie! Hulle het trots en moed gehad, moet dit nie vergeet nie.
    Ons ouds ‘aardsvyand’ die Russe kan ons baie leer; Moskou was afgebrand sodat Napoleon dit nie kon beset nie, in die 2WO het hulle al hulle fabrieke afgebreek en geskuif na die hinterland uit die pad van die duitsers om dit weer op te bou om weer terug te veg!
    Onthou om te veg vir mens se vryheid is nie ‘n Hollywood fliek met Rambo as held nie…dink mooi.
    Maar een ding, moet om vadersnaam nie sit en hoop dat die buite wereld die paar blankes in SA sal kom help wanneer die swartes begin om ons mense op groot skaal te vermoor nie. Dit moet almal asb. vergeet; meeste mense weet nie eers waar SA is nie (vergeet die engelse want hulle sal die swart regering help om hulle eie belange te beskerm). Elke dag gebeur daar wereldwyd insidente waarby mense gruwelik sterf, en niemand doen iets daaraan nie! Onthou ons volkie is klein en het baie min vriende. Die stryd sal ons op ons eie moet aanpak sonder enige hulp. Die dag as die Verenigde Nasies amptelik erken dat die blankes in SA tans ‘volksmoord’ beleef, is waarvoor ons moet werk…
    Onthou dit is elke mens se reg om homself te verdedig.
    Onthou daar is honderde duisend Suid-Afrikaners wat tans oorsee woon en wat wil terugkeer na SA, wat die land uit is agv van werk of geweld.
    Onthou daar is altyd opsies om die stryd aan te pak, en daar is definitiewe metodes hoe dit effektief en vinnig gedoen kan word. Tyd van praat en self bejammering is verby, as ons die volgende paar jaar wil oorleef moet ons nou laer trek en aksie beplan…

  9. Susan Chiole

    Ek stem 100% saam!!
    ‘The darkest places in HELL are reserved for those who maintain their neutrality in times of moral crisis’ DANTE

  10. Hannelie Sass

    Ek is mal oor jou rubrieke Dr. Dan. Veral as hulle wit en swart is. Nie rassisties gesproke nie, maar of reg of weg. Dat ons sal moet kies is so waar soos more heeldag. Mense kan maar skop en skree soos ‘n vierjarige wat ‘n tantrum gooi maar wie gaan op die ou einde vir die klein skreeuende manupileerder ‘n paar houe op die boude gee sodat daar vrede kan heers en hopelik is dit dan nog nie te laat om te kies nie?? Indien jy nog nie ‘n keuse gemaak het nie, al is dit ook net vaagweg iewers in jou agterkop, is jy een van die mense wat een dag so se en die volgende dag sus se. As iets “mooi” klink dan se hulle “Ja”. Mooi woorde wat sag op die tong val en saggies die hartsnare streel, is al van die dag wat die eerste Afrikaner koelbloedig vermoor is op sy plaas, of in die stad, a.g.v. rassistiese haat vanaf die moordenaar en verkragter, verby. Ons ALMAL weet tog dat die swart mense die grootste rassiste is en ons ALMAL haat omdat ons velle wit is. Party mense sal dit afmaak as “te maklik” hierdie rede van “onmin” wat tussen die blankes en die swartes heers kan tog nie net oor dievelkleur gaan nie?? GLO MY! DIT IS! En juis DAAROM moet ons blankes SUIWER bly. Ons gene en ons taal loop hand aan hand hierdie pad. Daar is keer op keer bewys dat daar ‘n defnitiewe aanslag is teen ons velkleur. En hierdie aanslag is wereldwyd. Al die wette in die “Nuwe Suid-Afrika” is daarop gemik om ons kinders te laat vermeng met die anderskleuriges. Saamsmelt, saambly in Universiteits-koshuise is maar net deel van hierdie intergrasie. Hierdie is die crux waarom die vete tussen swart en wit gaan. Dit is eintlik so eenvoudig dat dit mens laat snak na jou asem. En juis daarom sal HULLE altyd die rassiste wees.

    Mense wat nog steeds vandag die “middelweg” bepleit en voorstaan, het geen benul van die haat wat heers in die hart van die swartmens nie. Jy kan nie onderhandel met hulle nie want hulle hou nie hulle woord nie. Hulle woord beteken net soveel as die woord van ‘n slegte pa wat belowe om onderhoud te betaal vir sy minderjarige kinders, en dan op die ou einde deur die hof gedwing moet word om dit te doen. Daar is BAIE blankes wat die “middelweg” probeer. Na goeie navorsing vind jy dat hulle in die “grys” area van die gereg ook leef. Die “grys” area wanneer dit kom by die integrasie van al die volke op aarde. Grys is dan ook die kleur waarna toe hulle strewe…nie wit nie ook nie swart nie.

    Vroeg in ons geskiedenis het ons ook iemand gehad nl. Piet Retief wat te laat besef het dat hierdie nasie geen woord het om op staat te maak nie. Ek is seker daarvan dat daar nog BAIE voorbeelde is van hoe opreg (sic) die swartman is oor sy woord.

    Sterkte my mede volksgenote. Dis ‘n feit dat ons reeds sing en dit leef, “ons sal lewe ons sal sterwe, Ons vir jou Suid Afrika.”

  11. AJ VENTER

    GELUK MET JOU WAARHEDE DIS ALTYD WONDERLIK OM JOU WAARHEDE TE LEES EN TE WEET JY IS N DORING IN HIERDIE LIBERALISTE SE VLEES.
    EK AS N BOER WAT 40KM VAN DIE DORP BLY (MY NAASTE BUURMAN IS MAAR NET SO PLUS MINUS 10KM VAN MY AF DIE VERSTE 18 KM) WIL AL HIERDIE SOGENAAMDE BLANKE GROOTBEK LIBERALISTE UITNOOI, OM NET VIR EEN MAAND HIER OP DIE PLAAS TE KOM BLY LET WEL ALLEEN OM HIERDIE ELKE AAND SE GEBLAFFERY VAN HONDE TE KOM AANHOOR OM SKELMS VAN JOU SKAPE EN HUIS AFWEG TE HOU .AS JY MORE OGGEND UIT JOU HUIS GAAN, MOET JY ALLEEN EERS DIE HELE WERF GAAN BEVEILIG VIR MOONTLIKE PLAASAANVALLERS JY MET JOU PISTOOL EN DIE HONDE, VOORDAT DAAR GEWERK KAN WORD,JY WEET NOOIT WAT SKUIL WAAR NIE. DIT IS N LEKKER LEWE VERAL AS JY BY JOU DIERE KOM EN DIE SKELM HET MAAR WEER EENS GEWEN EN MAAR NET 10 OOIE GESTEEL DIE MAAND OUD LAMMERS NET SO GELOS OM TE VREK VAN HONGER WAAR SAL JY MELK VIR DIE LAMMERS KRY N MAAND TERUG HET HULLE DIE MELK KOEIE GESTEEL. KOM SNY JY DIE KLEIN LAMMERS SE KELE AF SO HULLE MY KEEL WIL AF SNY. EK NOOI SPESIAAL GROOTBEK DR PIET CRAUKAMP EN DS NICO SMIT EN SOMMER DIE FRANSIS VROUMENS UIT WAT VERNAAND OP SABC 2 IN DIE PROGRAM FOCUS WAS STUUR MY UITNODIGING TOG VIR HULLE AAN EN REEL MET MY BY 0848008040 DAN KAN EK OOK N BIETJIE SEE TOE GAAN.

  12. Leonie

    Ek dink op alle vlakke is daar reeds die besef dat die reenboognasie n doodgebore droom is en dat daar nou na verantwoordelike oplossings gekyk moet word.

    As daar verantwoordelik gekyk word sal daar besef word dat daar vraag en aanbod aan beide kante van die spektrum reeds is wat aangespreek moet word. Die ANC moet nou besef dat hulle die kundigheid van die blankes nodig het om nie te verval soortgelyk aan die res van Afrika nie en die blanke wil hulle eie grondgebied het om selfstandig en onafhanklik oor hulle self te regeer.

    Vir blanke grondgebied kan daar as teenprestasie hulp verleen word met kundigheid want as daar nie nou baie ersntig gekyk word na die verval in SA nie en dit dringend aangespreek word nie gaan die infrastruktuur binne afsienbare tyd onherstelbaar vernietig wees.

    Die enigste verantwoordelike oplossing aan beide kante van die spektrum ander gaan daar net twee verloorders wees.

  13. Chris du Plessis

    Ek het tot laas jaar gedink dat ons n suid Afrika n regering nodig het waar apmsdraers en magsposisies beklee moet word deur persone wat op meriete verkies of geselekteer is. Nou begin ek dink dat net blankes wat op merietes verkeis of geselekteer is dit moet beklee. My aanvanklike gevoel het begin toe Zuma verkies is tot Prez, en het versterk met alses wat daarna gebuer het. Maar dit het finaal gestalte gekry toe my enigste werknemer, n middeljarig swart man wat ek respekteer vir sy waardigheid en selfmotiveering, vir my onlangs uit die bloute sê dat dit nou tyd geword het dat die witman weer die baas van die land moet word!
    My bek het oop gehang. “Hoekom?” vra versigtig,”Dis dan Apartheid”. Sy antwoord:” Daardie dae het alles gewerk, nou werk niks. Die mense wet niks en hulle worry ook niks.”
    NOU WAT NOU !?

  14. Matt Heyns

    Daar was feitlik geen redelike besinning onder die Boere Afrikaners die afgelope eeu nie. Hierdie insig het eenvoudig nie bestaan nie. Hier en daar was so ‘n opflikkering maar selfs die intellektuele elite onder die Afrikaners kon nie veel insig aan die dag lê nie. Selfs buite die groot Afrikaanse kultuurgemeenskap val hierdie oorverdowende stilte op.
    Toonaangewende rubriekskrywer laat hom so uit na aanleiding van die bykans totale gebrek aan polimiek. Bykans 45 jaar later skryf ek om die Afrikaners daaraan te herinner dat hulle nog nie die polemiek vir hulle oorlewing gelewer het nie. So lank as wat hulle in gebreke bly om dit te doen sal hulle in die wildernis bly van radeloosheid, hulpeloosheid en wanhoop. Die oefening om te re-ageer kan egter die balsam wees wat hulle nodig het vir hulle huidige neerdrukkende gees. Ons soek idee teen idee. Die Afrikaners mag nie met iets minder as dit tevrede te wees nie.
    Afrikaners mag ook nie polimiek met twis gesprekke verwar nie. Twis gesprekke het gelei tot morele en kulturele bankrotskap by die Afrikaner. Van die argeïse argumente het aangevoer dat ‘n kritiese afstand gestel behoort te word tussen die Afrikaner kultuur aan die een kant en rasse oorheersing aan die ander kant.
    Hoewel die ondergang van die blanke minderheidsregering as ‘n voldonge feit aanvaar is, is tog gehoop dat blanke SA daarin sal slaag om ook op die lang termyn polities te oorleef. Maar indien die onderdrukking van intellektuele integriteit, kritiese vraagstelling en algemene menslike solidariteit nodig is om die oorwinning te behaal sou dit ‘n leë oorwinning wees.
    Ten spyte van hierdie twis gesprekke kon die Afrikaner intellektuele nooit vorendag kom met ‘n alternatief vir die reeds mislukte en moreel bedenklike stelsel van Afrikaner minderheidsmag nie. Heel moontlik omdat aanvaar is dat die Afrikaner kultuur nie anders as ‘n gegewe grootheid was waarvan die bestaansreg kwalik ter sprake kon wees nie.
    Maar die situasie het soos handomkeer verander en inderdaad versleg. Vandag is daar kommer oor Afrikaans en nog meer kommer oor wat vir die Boere Afrikaners as kultuur êtniese groep in SA voor lê.
    Shalom!

  15. Matt Heyns

    Die Afrikaner se botsing met SA dateer van ‘n vroee era af. Die huidige staatkundige bedeling is hoogs tydelik. Omdat ons nie dieselfde nasie deel nie kan ons nie dieselfde staat lief hê nie. Shalom!

  16. Matt Heyns

    Die Afrikaner het ‘n diep gevoelde grief. Waarom moet ons toelaat dat wat met die groot trek bereik is uitgewis word. Ons het alreeds te veel prys gegee. Die Afrikaner staar nog ‘n nederlaag in die gesig as ons nie die huidige bestel suksesvol verander nie. Die owerheid besef dit en verwag meer druk. Shalom!

  17. Leonie

    Matt wat is jou voorstel – hoe om die huidige bestel te verander – deur wat te doen wat gaan werk? al kan n mens ook n werkbare stelsel bewerkstellig – wat van die geweld – die ANC is radeloos – hoe dink jy gaan ons blankes dit aanspreek – vandag is daar weer op die regsbank net voort gedonder met swart onbekwame regters – my antwoord is dat ons dood eenvoudig moet padgee uit die land dat die ANC vinnniger hulle eie ondergang kan bewerkstellig en die illuminatie die land tot groot verbasing van die ANC kan kom oorvat.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *