Stockholm verwelkom PRAAG

Ons PRAAG-afvaardiging het ‘n warm ontvangs van behoudende organisasies en partye in Stockholm ontvang, asook van die menseregte-afdeling van die Sweedse ministerie van buitelandse sake waar ons te woord gestaan is.

PRAAG het binne 24 uur soveel nuwe vriende in Stockholm gemaak dat ons amper ‘n persoon voltyds sal moet aanstel om voortaan met organisasies in dié land te skakel.

Die blitsbesoek aan die Sweedse hoofstad het Dinsdagaand begin toe ons vanaf Frankfurt by die Arlanda-lughawe deur ‘n lid van die Sweedse Weerstandsbeweging, die groep wat onlangs ‘n betoging buite die SA ambassade in die stad gehou het, verwelkom is.  Woensdagoggend het ons vervolgens die kantore van enkele koerante, asook die Sweedse radio en televisie aangedoen, waarna ons na die middestad vertrek het om ‘n verteenwoordiger van die departement van buitelandse sake se menseregte-afdeling oor die bedekte volksmoord teen Afrikaners in te lig.

Ek het ‘n eksemplaar van my boek in Engels, The Scourge of the ANC, en ‘n CD met TV-programme oor die geweld en plaasmoorde aan die regeringsverteenwoordiger oorhandig het. Ons is verseker dat die saak op die hoogste vlak aandag sal geniet. Volgens haar “glo Swede sterk in die beginsel van gelykheid” terwyl dit tans duidelik is dat Afrikaners en ander blankes in Suid-Afrika ongelyk voor die reg en deur die staat behandel word. Ons is verseker dat Swede ons behulpsaam sal wees met die insameling van getuienis oor menseregteskendings teen Afrikaners wat agterna vir vervolging aan die internasionale geregshof in Den Haag oorhandig mag word.

Ek het spesifiek na die geval van Marzanne Kruger, die eenjarige Afrikanerbaba, verwys wat in ‘n onlangse rasse-aanval so  deur twee jong swartes mishandel is dat sy breinskade opgedoen en blind gelaat is. Ook die pas afgelope gevalle waar die ANC se polisie in uniform op ons mense geskiet, ‘n voertuig gekaap en op Ellisras Afrikanervroue seksueel gemolesteer het, is onder die aandag van die Sweedse regering gebring.

Ons besoek aan die ministerie van buitelandse sake het langer as wat verwag is, geduur en daaropvolgende afsprake met die Sweedse Nasionale Party en die Sweedse Demokratiese Party moes effens verskuif word.

Die bloedjong politici en aktiviste van die Sweedse Nasionale Party is begeesterde jong aktiviste wat reeds ‘n hele uitgawe van hul partykoerant aan die Afrikanersaak gewy het, met artikels oor die Afrikanergeskiedenis, die konsentrasiekampe, Groot Trek, Voortrekkermonument, asook plaasmoorde en die moord op Eugene Terre’Blanche. Duidelik is daar ‘n sterk nasionale bewuswordingsproses onder die Sweedse jeug aan die gang en ons het verbysterd gestaan teenoor die belangstelling in ons land, asook die vele versoeke om meer inligting, ook om Suid-Afrika te besoek en meer inligting te bekom. Indien Swede in die dertig of veertig jaar gelede onder die sosialistiese bewind van Olof Palme die ANC ondersteun het, het meer as een aantreklike blonde en blou-oog-Sweed van albei geslagte aan ons bely dat hulle “hul skaam vir hul land se geskiedenis” en vorige steun vir terreur in Suid-Afrika.

Sowel die jong lede van die Sweedse Weerstandsbeweging as die Sweedse Nasionale Party voel sterk dat hulle oor ‘n morele verantwoordelikheid beskik om Afrikaners in hul huidige oorlewingstryd by te staan. Vele het geweet van die Skandinawiese kommando in die Tweede Vryheidsoorlog wat aan Boerekant teen die Britte kom veg het en waarvan ‘n hele klomp tydens die beroemde slag van Magersfontein gesterf het. Die spontane betuigings van solidariteit en steun het selfs veiligheidsdiens in Suid-Afrika ingesluit om ons mense teen aanvalle en dreigende volksmoord te beskerm.

Belangstelling in Afrikaans, die Afrikaanse letterkunde en Afrikanergeskiedenis was insgelyks hoog en ooreenkomste tussen Afrikaanse en Sweedse woorde, hoewel verskillend in uitspraak en spelling,  is verskeie kere in gesprekke beklemtoon.

Vanweë Swede se liberale asielbeleid wat aan mense in oorlogsgebiede soos Irak, Somalië en verskeie Afrikalande verblyf en maatskaplike voordele in dié land verleen, is daar reeds 1,5 tot 2 miljoen vreemdelinge in Swede, waaronder meer as ‘n miljoen anderskleuriges. Die jong Sweedse aktiviste met wie ons in gesprek was, het deurgaans beklemtoon dat hul ouers “gebreinspoel” is om hierdie situasie te aanvaar, maar dat hulle dit as ‘n ernstige aantasting van hul land, taal, identiteit en erfenis beskou.

“Die verskrikkinge wat Afrikaners nou in Suid-Afrika beleef, is wat vir ons in die toekoms wag wanneer ons ‘n minderheid in ons eie land gaan word,” is daar aan ons gesê. “Vandaar ons empatie met die swaarkry en onreg wat julle moet verduur.”

Gister op 26 Mei was eintlik my verjaardag en ons het ‘n heerlike aandete in ‘n Sweedse restaurant genuttig met egte inheemse geregte.  Ook opvallend is dat die hele spyskaart in Sweeds geskryf is, sonder ‘n enkele woord in Engels of selfs Frans. Al die geregte het ook Sweedse name, ‘n aanduiding dat taaltrots in Swede as iets vanselfsprekends ervaar word en dat die taalbehoeftes van die immer teenwoordige toeris nie bo dié van die inheemse bevolking gestel word nie.

Tot laat Dinsdagaand het ons strategie bespreek en daar is besluit dat daar gereeld betogings voor die Suid-Afrikaanse ambassade asook pamfletveldtogte op straat gevoer sal word om die publiek in Swede bewus te maak van die bedekte volksmoord wat daar tans teen Afrikaners gevoer word.

Gereelde mediaverklarings, ten minste een keer per week, sal mediaverklarings in die plaaslike taal aan al die Sweedse koerante, radiostasies en TV-kanale uitgestuur word om die Suid-Afrikaanse krisis konstant onder hul aandag te bring. In Suid-Afrika self sal ons ook die buitelandse korrespondente van Sweedse koerante kontak en sorg dat hulle ook op hoogte gehou word. Ons doelwit is om die huidige groep ondersteuners vir die Afrikanersaak aansienlik te laat aangroei, maar ook om van die ANC-bewind ‘n muishond te maak in die land van waar hy eens op ‘n tyd die meeste finansiële steun ontvang het.

Soos ek aan die verteenwoordiger van die Sweedse departement van buitelandse sake gesê het: “Ons voel sterk dat Swede in die verlede mislei is en hul sin vir billikheid uitgebuit is om hulle op grond van eensydige inligting vir die ANC en SAKP en téén die Afrikaner te laat optree. Hopelik sal daardie selfde sin vir billikheid en regverdigheid tans in ons guns werk, noudat ons die slagoffers van die ANC se beleid van etniese suiwering onder die dekmantel van misdaad geword het.”

Ná drie dae van lughawens en vliegtuie met byna onophoudelike afsprake, etes en ontmoetings, is ons al heel moeg, ook gegewe vanmore se vertrek om vyfuur die oggend na Nyköping van waar ons ‘n goedkoop vlug na Brussel gehaal het.

Maar nog is’t einde niet. Die leier van American Renaissance en ‘n groot vriend van die Afrikaner en PRAAG-ondersteuner, Jared Taylor, bevind hom tans vanuit Washington op ‘n sakebesoek aan Brussel en ek is terstond ingesleep by ‘n gesamentlike ete met hom en Filip de Winter, die leier van die Vlaams Belang hier in België. By my vorige ontmoeting met De Winter in 2006 het hy aan my gesê: “My siening  is dat Suid-Afrika aan die Afrikaner behoort.” Die tamheid ná ons geweldige pas van die afgelope paar dae sal dus maar bietjie opsy geskuif moet word om ook vanaand in die Vlaamse stad Antwerpen indringend oor die Afrikaner se benarde situasie met simpatieke en invloedryke Westerlinge te gesels.

Join the Conversation

18 Comments

  1. Hoe heerlik om met opgevoede, rasionele mense in gesprek te kan tree oor jou volk se voortbetaan! Ons sien uit na al die nuus en ons kan nie wag om hierdie talentvolle en beredeneerde jongmense op ons koerante se voorblaaie te sien pryk nie (wat ookal die aard van die publisiteit wat dit ontlok!) Dankie Praag! Dankie Swede!

  2. Dankie Dan, julle rig meer uit met die besoek as enige iemand die laaste 10 jaar in ons land.
    Ons het baie buitelandse steun nodig.

  3. Dan, baie sterkte toegebid. Mag julle in elke gesprek en met elke vennootskap wat geskep word ook beloon word in terme van welwillendheid, insig en wysheid. Dankie vir dit wat julle doen en dankie vir die aanhou om ons saak te stel en aan te hou sodat die wêreld kan sien dat hier geen demokrasie is nie maar wel ‘n oglokrasie (regering saamgestel deur die massa of gepeupel) en dat daar geen kans op oorlewing is sonder goeie buitelandse vriende nie.

  4. Dankie Dan vir julle harde en waardevolle werk. Mag die Here ons God julle seën en mag ons almal die soet vrugte van hierdie besoek in die nabye toekoms pluk. Ons gedagtes en seenbedes is met julle. Keer veilig terug na julle land toe.

  5. Aksies deur Afrikaners lewer verskillende vlakke van sukses, ek reken hierdie aksie is een van die meer suksesvolles. Die Sweedse steun aan die ANC het baie beteken vir die ANC, dieselfde kan dalk waar wees vir Afrikaners. Dankie, Dan

  6. Dankie vir die konstruktiewe gesprekke ek mis egter die uitwys van die ge orkestreerde aanslag van die regering&alliansievenote(SADTU)op alle vlakke van Afrikaanse onderwys.

    Bou asb soveel brue as moontlik en verwys ons na waar ons op internasionale forums(internet) waar ons, ons saak verder aan die buitewereld kan uitdra.

    Baie dankie & sterkte

  7. Dan jy maak geskiedenis, dit kan n deurbraak wees. ek moet jou egter motiveer om momentum te behou, nadat julle als aan die klok gehang het moet ons voortgaan om die huidege regering te ontmasker, ons moet ook vir druk vra teen hulle, sanksies op alle velde is nodig, ons volk het n grootboet nodig,die wereld moet die vergrype sien.wit mense moet hul belasting terughou want dit word net vir selfverryking gebruik.

  8. Dit is wonderlik dat Dan soveel uitrig in een van die Nordiese lande wat in die verlede so teen die wittes uitgevaar het en ons as amperse ondiere veroordeel het. Dankie dat u soveel reggekry het want dit sal die ANC laat besef dat hulle eertydse vriende nie meer so vriendelik sal wees nie. Wat U doen is natuurlik die wonderlike werk en ek glo elke blanke Afrikaner u moet BAIE DANKIE se vir wat u besig is om te doen vir ons ALMAL.

  9. Hierdie is vir my ‘n riem onder die hart! Se asb as daar enige iets is waarmee ek kan help!

  10. DAN,
    best of luck for all that is prosperous. No doub’t you will xplain to Norsland the facts that not only touch us – here in RSA – now , but that which will also soon touch them.
    We trust your mission, thank you,

    Shannon

  11. Wat gaan word van die groot Franssprekende stad Brussels wat op Vlaamse grond gebou is en wie gaan Belgie se reuse staat skuld vereffen. Shalom!

  12. Dan, julle kan nie genoeg bedank word vir julle aksies in Europa nie. Is daar nie ‘n manier waardeur gewone ouens soos ek op ‘n persoonlike kan kontak maak met belangstellendes oorsee nie? Op die manier kan ons dalk die alewig polities-korrekte Naspes omseil..

  13. Tot laat Dinsdagaand het ons strategie bespreek en daar is besluit dat daar gereeld betogings voor die Suid-Afrikaanse ambassade asook pamfletveldtogte op straat gevoer sal word om die publiek in Swede bewus te maak van die bedekte volksmoord wat daar tans teen Afrikaners gevoer word.
    george
    cfa course

  14. Wikipaedia het die volgende te se oor die Neo-Nazi Sweedse Vryheidsfront, nl.

    Persons linked to Svenska motståndsrörelsen have been involved in several acts of violence:
    • Armed robbery, Sollentuna 1997
    • Theft of weapons from the army in Strängnäs, September 1998
    • Assault and battery of persons of African descent, Stockholm April 1999
    • Assault and battery of homosexuals during Gay Pride in Stockholm (See also Stockholm Pride), July 1999
    • Assault and battery of ethnic Swedes at Gröna Lund, Stockholm 1999
    • The murder of Björn Söderberg, Stockholm 1999
    • Manslaughter in Skogås new year -2000, Stockholm 1999
    • Three far left activists from the Socialist Justice Party and one conservative youth from the Moderate Youth League were seriously assaulted in Gothenburg 2008
    • Their Leader is Klas Lund, former member of White Aryan Resistance, VAM, and convicted of manslaughter.

    Wikipaedia skryf ook oor ‘n Ander vriend van Dan nl. Filip de Winter, Belgiese (Vlaams) aktivis. “Filip Dewinter mentioned some persons as his friends. Most of these persons were in the ranks of Nazi’s, anti-Semites and other fascists like Bert Eriksson[5], Staf De Clercq or other men convicted for treason like Cyriel Verschaeve or August Borms[4].

  15. Mnr. Roodt. Om te waardeer wat jy doen is nie genoeg om ;Dankie!, te se nie. Maar my woordeskat ontbreek. Baie, baie dankie vir ju moeite en opofferings.

  16. Dan Roodt wat jy doen gaan nie ongesiens verby nie. Ek dink jy is ‘n held.

    Aangesien ek geweldig sterk voel oor die saak van ‘n onafhantlike Afrikaanse staat, wil ek graag ‘n paar van my gedagtes daaroor deel.

    Eerstens moet ons daarop aandring dat Swart Ekonomiese bemagtiging in tradisionele Afrikaner bebiede veral die Vrystaat afgeskaf word, en dan Afrikaner ekom=nomiese bemagtiging in gestel word. Die Vrystaat is die beste kandidaat vir ‘n onafhantlike staat. Genoeg water en hulpbronne. Die Vrystaat as ‘n onafhantlike staat is strategies geleë om handel te doen met alle provinsies in die res van Suid-Afrika. Meeste swart nasies wat in die Vrystaat bly kan sonder veel ontnugtering hervestig word in Lesotho of boere in ander gebiede kan grond aan sulke mense afstaan om hervestig te word. Ons kan nie verwag om net ‘n stuk grond te vat en die mense wat moet trek op moedverlore vlakte te gaan aflaai nie. Ons moet terwyl ons nog meeste van die bewerkbare grond besit, dit gebruik en uitruil aan die mense wat ons wil hê moet trek, om ‘n permanente Afrikaanse staat te vestig. Ek besef dat dit bietjie drasties klink, maar ons kan nie wag tot hulle ons verder in ‘n hoek dryf en dan aan die einde van die dag, Nasionaliseer hulle in elk geval al die plase, en dan is ons die mense wat op moedverlore vlakte gaan sit. So basies voel ek dat die enigste manier wat ons ooit vreedsaam onafhantlikheid gaan kry, is as ons en die boere gaan moet opoffer en onderhandel. Hoe het die ou voortrekker boere dit dan reg gekry?

    As ons so iets wil tot stand wil bring moet ons ‘n plan maak om dit te doen en met oplossings kom om die hindernisse te oorkom.

    Eerstens om ‘n meerderheid te bewerkstellig in ‘n gebied soos die Vrystaat is nie ‘n onbegonne taak nie. Ons het ook nie die ANC se toestemming nodig om te doen wat ons wil nie. As SEB in die Vrystaat kan afgestel word dan sal dit as ‘n trekpleister dien om Afrikaners na die gebied te lok. Afrikaners moet ook aangemoedig word om besighede in die Vrystaat wat SEB ondersteun te boikot!

    Afrikaners moet ‘n Verklaring van onafhantlikheid opstel en oorhandig aan die Suid-Afrikaanse regering, asook die res van die wêreld. So ‘n verklaring behoord uit te stippel die rede vir ons strewe na onafhantlikheid. Die dokument behoord uit te stippel dat ons nie beoog om ‘n staat te skep wat op rasisme gebaseer is of ander nasies te onderdruk nie, maar om ons belang en kultuur te beskerm en te groei. In die dokument behoord ons onself te distansieer van alle rasisme. Ons kan nie ‘n nuwe begin maak en dit afskop op swartgalligheid en haat nie. Ons moet klem lê daarop dat dit nie rasisties is om vryheid na te streef nie.

    Ons sit in dieselfde situasie as ‘n vrou in ‘n huwelik sit waar haar man haar aanhoudend aanrand, verkleineer, ondermyn en onderdruk, maar sy is te bang om te skei, want dan gaan sy sonder heenkome sit. Dit is presies hoe meeste Afrikaners vandag voel. Waar gaan ons heen? Wel ons kan nie wag dat die ANC ons goedhartig gaan wees en ‘n stukkie land aan ons afstaan nie. Ons moet basies wettiglik skei en uit hierdie huwelik uitkom so gou as moontlik. Ons moet aandring en onderhandel oor ‘n regverdige verdeling, maar ons moet ook nie te veel afbyt as wat ons kan kou nie.

    Dis maar net my siening…………

  17. Baie dankie vir dit wat jy vir ons doen. Laat ons net onthou om Vader te ken in alles wat ons wil doen en beplan asook hierdie komende volksverkiesing vir die blanke volk alleen in September. Mag ons in verootmoediging gaan voor Hom want dan alleen sal ons gebede beantwoord word om weer oor net onsself te regeer en in ons eie gebied. Dankie ons Hemelse Vader dat U mense kies om ons weer terug te bring na die ou weë sodat ons weer as ‘n Heilige en aparte volk voor U sal leef en sodoende weer U seën sal verkry. Mag U ons blanke volk se oë en ore open en ons bewaar van alle onheil sodat ons weer as een voor U sal saamstaan.
    Laat U WIL GESKIED.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *