Swartmagvuis oor die kalbasstadion

Posted by Dan Roodt | Sonder kategorie | Vrydag 11 Junie 2010 3:10 pm

 Powered by Max Banner Ads 

Die openingseremonie van die wêreldsokkerbeker in Johannesburg het beklemtoon dat Suid-Afrika ‘n swart land met ‘n Afrikakultuur is. Op die televisie is ‘n gebalde swartmagvuis herhaaldelik getoon om die politieke boodskap van die wêreldbeker oor te dra, naamlik swart oorheersing.

Enige sprake dat die Westerse en Afrikanerkultuur ook bygedra het om Suid-Afrika te skep, was beperk tot die onsigbare wiskundige formules wat op die ingenieurs se rekenaars en tekenborde agtergebly het wat die kalbasstadion van Soccer City moontlik gemaak het.

Pryssangers en dansers in die Afrikastyl het ‘n pantomime uitgebeeld wat die glorie van die Afrikontinent besing het, asook die ses deelnemende Afrikalande: Nigerië, Suid-Afrika, Ivoorkus, Algerië, Kameroen en Ghana.

Hugh Masekela en ander swart kunstenaars het om die beurt populêre liedjies gesing wat deur die dansers met ritmiese bewegings gevolg is. ‘n Reusekaart van Afrika en van die wêreld is ook deur die dansspan wat net hier en daar ‘n verlore blanke gesig bevat het, met stukke materiaal uitgebeeld.

2 Kommentare »

  1. Kommentaar deur Eric Holmes — Junie 14, 2010 @ 8:14 am

    Ek het dit ervaar as ondeurdag, vervelig en Afro-sentries.

  2. Kommentaar deur Tobie — Julie 19, 2010 @ 9:20 pm

    We de fok gee om?

RSS voer vir kommentaar op hierdie bydrae. TerugSpoor URI

Lewer kommentaar