Suid-Afrika, of Mzanzi, soos dit toenemend genoem word, ken nie eintlik meer politieke debatte nie. Daar heers ‘n gefabriseerde konsensus rondom die najaag van ‘n multikulturele sukkelstaat.
So ‘n week of wat gelede het ek ‘n klip in die bos gegooi rondom die idee van ‘n volkstaat vir die Afrikaner op die webblad LitNet, wat gewoonlik deur liberale of linkse briefskrywers oorheers word.
Reaksie het nie uitgebly nie en in die aanloop tot die huidige verkiesing is dit waarskynlik die enigste politieke debat wat daar tans gevoer word.Ek het verwag dat die opponente van ‘n volkstaat hulle op beginsels soos die eenheid van die Mzanziese nasie sou beroep, of die Afrikaner se morele agterstand by die res van die bevolking wat maak dat hy “verdrukking verdien”.
Tot my uiterste verbasing argumenteer die meeste teenstanders van die volkstaat vanuit die hoek van “mag is reg” en vind hulle die huidige bestel selfregverdigend: omdat die ANC die hef in die hand het, mag hy aan die Afrikaner voorskryf wat hy wil, hetsy op die gebied van taal en kultuur, hetsy deur rassewetgewing wat ons ekonomiese, opvoedings- en sportkanse beperk.
Hieronder volg my skrywes, asook enkele reaksies op LitNet:
Hoe die volkstaat gaan werk, Oom Daan Dan Roodt 4 Maart 2009
Kom ons praat bietjie verder as dagdrome en die kwasi-filosofiese geswymel oor vryheid en selfbeskikking (1) Krokodil 4 Maart 2009
Kom ons praat bietjie verder as dagdrome en die kwasi-filosofiese geswymel oor vryheid en selfbeskikking (2) Krokodil 4 Maart 2009
Die Afrikaner se luigatgeit, Bobbejaan Oom Daan 4 Maart 2009
Wat is die redes, Oester? Werner Pereira 4 Maart 2009
Hipotetiese situasie vir Oester Anton B 4 Maart 2009
Een vragie aan die tuislanders Albatros van Marion-eiland 4 Maart 2009
Gelukkig bly ek klaar in Dan Roodt se Volkstaat, Oom Daan Bobbejaan 5 Maart 2009
Volkstaat, O Volkstaat Johrné van Huyssteen 5 Maart 2009
Siener, jou onderbroek hang uit – en Albatros hang om jou nek Blou Makou 5 Maart 2009
Vraag of twee, Dan Roodt oester 5 Maart 2009
Volkstaat is nie vergesog, of stem VF Plus (1) Dan Roodt 5 Maart 2005
Volkstaat is nie vergesog, of stem VF Plus (2) Dan Roodt 5 Maart 2005