VF+ is enigste konserwatiewe alternatief

Op Beeld se kommentaarafdeling by ‘n artikel oor Helen Zille met die opskrif  DA luister na plakkers se probleme word daar onder andere bewerings gemaak dat ek ‘n “rassis” sou wees deur ‘n persoon genaamd “Superfly”. Hier is my repliek daarop:

My siening dat die DA ‘n “ANC Lite” is, raak al hoe meer geldig want Superfly en ander DA-ondersteuners reageer slegs met tipies linkse etikettering deur te sê dat die VF+ iets met Hitler te make sou hê en dat ek kwansuis ‘n “rassis” sou wees. Tereg verwys Yoni na die “Bell Curve”-debat in die VSA. Dis algemene kennis dat swart mense oor ‘n laer gemiddelde IK as blankes beskik, net soos blankes weer oor ‘n laer gemiddelde IK as Asiërs soos Chinese en Japannese beskik. Dis egter nie te sê dat daar nie ook ‘n minderheid slim swartes bestaan of ‘n minderheid geniale blankes wat soos Mozart, Beethoven, Newton of Einstein merkwaardige bydraes gemaak het nie. Intelligensie is egter nie 100% erflik nie en omgewing, opvoeding, ens. bepaal ten minste 50% daarvan. Ongelukkig is die politieke korrektheid van die ANC en die DA besig om hierdie land te ruïneer deur middel van regstellende aksie wat ons onderwys, gesondheidstelsel en infrastruktuur verwoes. Mense moet op meriete en nie op ras nie, aangestel word en selfs Zuma het al erken dat die Afrikaner sy eie “heimat” of Nkandla behoort te hê. Die VF+ is die enigste konserwatiewe alternatief op Helen Zille wat die radikale Freedom Charter met sy sosialistiese beginsels net so vurig soos Julius Malema ondersteun.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *