Volkstaat of volksrepubliek – repliek aan Max du Preez

Volkstaat of volksrepubliek? Ek is bevrees Max in Die Burger ly aan die volksrepubliek-in-die-kop wat veroorsaak dat hy nie buite die huidige bestel en sy geestesbeheer kan dink nie. Zimbabwe is ons voorland as ons nie gaan losbreek uit die vervallende eenheidstaat nie. Ek stem saam dat ons swart bondgenote nodig het, maar dan eerder die buitelandse swartes wat self aan xenofobiese aanvalle en geweld blootgestel is, net soos ons onder plaasmoorde en huisaanvalle moet ly. Gebiede, selfs al is hulle nie aaneenlopend nie, moet geïdentifiseer word wat eers outonoom en dan onafhanklik kan word. Soos in Orania en Kleinfontein, sal ons van eie arbeid en hier en daar van buitelandse swartes gebruik moet maak. UIteindelik sal sulke gebiede aaneenskakel om ‘n nuwe Afrikaanse Republiek te vorm wat soos Kosowo en Suid-Soedan onafhanklik van die ANC-volksrepubliek kan word. Dis ons enigste hoop en uitweg ná FW se groteske kapitulasie wat ons hierin gedompel het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *