De Klerk en Britte se orde stort in duie

Dít wat Dan Fourie en Pieter Redelinghuys op LitNet my “fantasieë” noem, is dalk besig om gouer as wat selfs ek gedink het, te realiseer. Die byna landwye opstand teen die ANC wat in die swart woonbuurtes aan die gang is, toon dat hierdie orde wat FW de Klerk en sy Britse marionetmeesters op ons afgedwing het, besig is om in duie te stort.

Dié foto wat in Thokoza aan die Oosrand geneem is, druk dit alles baie mooi uit. Op die plakkate van die swart betogers staan: “AWB was better than ANC” en “We vote for better life not for worse. We live like pigs.”

Die tyd is nie meer ver dat die miljoene verarmde en verhongerde swartes in die land na Afrikanerregering gaan terugverlang nie. Ek identifiseer geheel en al met die frustrasies van die huidige revolusionêre beweging – en ek gebruik, anders as Theuns Eloff van Potch, André P. Brink of ander salonmarxiste nooit die woord “revolusionêr” ligtelik nie – wat besig is om in die swart woonbuurtes momentum te verkry. Volgens ‘n intellektuele swart vriend in Kwa-Thema naby Springs vind daar Saterdag ‘n massavergadering daar plaas. Ek is amper lus om dit self by te woon en die mense daar te vertel dat hoe gouer ons van dié korrupte groep plunderaars ontslae raak wat FW de Klerk en Robin Renwick, die destydse Britse ambassadeur, in 1994 oor ons aangestel het, hoe beter sal dit vir ons almal wees. My swart vriend noem hulle “gangsters” of skurke en ek dink nie daar is ‘n ander woord vir hulle nie.

Hierdie orde, al sy mooi beloftes van demokrasie en voorspoed ten spyt, is nie net tot op die been verrot nie, maar is ook werklikheidsvreemd. Tensy mens, soos die Britte, glo dat Zimbabwe eintlik ‘n sukses is omdat daar af en toe ‘n verkiesing plaasvind en daar ‘n anti-wit regering aan bewind is, kan niemand die ANC-orde meer ernstig opneem nie. Hoe op aarde gaan anti-wit rassisme, transformasie en regstellende aksie vir enigiemand – ook vir die breë massa swartes – welvaart en geluk bring?

Die tyd is ook haas nou ryp dat ons op ‘n volkstaat, wat deel van ‘n Suider-Afrikaanse konfederasie sal wees, moet aandring. Hoe gouer die betogers na die Uniegebou opruk en die spul waBenzi – wat die land met die De Klerk en die Britte se goedkeuring besteel – gaan uitsmyt, hoe vinniger kan ons tot werklike onderhandelings – pleks van die skyn van Kodesa – oorgaan en die ernstige probleme in Suider-Afrika begin aanspreek.

Join the Conversation

30 Comments

  1. Dan, van watse tipe onderhandelings praat jy dan nou? Die Afrikaner het niks waaraan die ANC belangstel nie! Ons sal mos verspot lyk as ons met ‘n leë hande by die onderhandelingstafel opdaag!

  2. Ja, maar ons gaan nie met die ANC onderhandel nie; ons sal met die massa wat tans in opstand onderhandel en hulle het ons kundigheidk, bestuursvernuf en voedselproduksie nodig. Ons kan weer vir hulle ‘n stabiele land gee, teenoor die rampokkerparadys waarin ons nou leef.

    Aan die ander kant sal die wanorde ‘n gulde geleentheid wees om ons eie stuk van Suid-Afrika op te eis.

  3. Goed, maar hoe stel jy voor kan die Afrikaners, wat nie meer beheer oor die munisipaliteite ens het nie, die massa se behoeftes na beter dienslewering bevredig? Wat sal die arme massas vir ons as Afrikaners kan bied in ruil vir ons dienste?

    Oor die komende inploffing – ek is nie so seker dit sal tot ‘n Afrikaner tuisland lei nie. In teendeel. Die ANC sal dringend soek na ‘n sondebok. Die blankes sal die skuld vir die ANC se getjommel moet dra…net soos die Zim-blankes.

    Verder, die stuk grond wat op hierdie website vertoon word (die sg. Afrikaanse Republiek) sal in der ewigheid nooit aan ons gegee word nie. Ek is 100% vir Afrikaner onafhanklikheid (en ‘n glo dit kan bereik word), maar daar is mos baie maniere om ‘n kat te slag! Hoekom moet ons almal in ‘n spesifieke gebied saam bondel om beheer oor ons eie opvoeding, voedselsekuriteit ens te verkry. Ek is egter baie geinteresseer in Orania, maar dit gaan ‘n lang tyd vat voordat ‘n persoon met my tipe van kwalifikasies ‘n bestaan daar sal kan maak.

  4. Dis `n uitstekende uitdrukking: Salonmarxiste! Janee mens kan beslis nie Suid-Afrika se heil aan hul vertrou om uit te werk nie! Hoe meer idees nugter uitgeruil word hoe beter. Dankie vir die woerwoorde- dit is kos vir nadenke! Ek lees op vandag se M@G nuusbrief dat Suid-Afrika `n magneet is vir vreemdes uit Afrika veral tydens Sokker 2010. Seg die ene George Khola (Ghana-dees) by sy groentestalletjie; “The whole Africa will come” en op die muur het hy geskribbel:”Who drew the borders anyway?”. Die slotsom is dat die kolonialiste Afrika se grense opgetrek het en daarom geignoreer kan word. Dis nou `open boarders in Africa`. Dan seg die artikelskrywer daar is al ongeveer 5 miljoen vreemdes hier by ons! Nou slaat ek my hande saam en se: `daar is meer vreemdes onwettig in SA as wettige wittes!!!!

    Ons gaan moet dink aan en of ander oorlewings strategie. Immers Jy het`n werkbare voorstel. En ek dink die tydsaspek is krieties!

  5. Hei Melinda! So jy reken sy voorstelle is werkbaar? Kan jy asb motiveer hoekom jy so dink?

  6. DAN VIR PRESIDENT.
    Gertjie, skrik wakker man, jy leef in’n droom wereld as jy dink die nuwe suid afrika het enige kans op sukses. Ons enigste hoop is ‘n staat waar ons onsself kan regeer en nie deur ‘n klomp skelms bedrieg word nie.Jy en FW kan maar agterbly ,jou soort soek ons nie.

  7. Gerda, Dan lyk heeltemal reg vir my. Maar jy het blykbaar nog ‘n probleem. Of is daar dalk ‘n spesifieke problematiese ding wat jy kan uitwys?

  8. Hi Johann – HOE werkbaar so `n gebied is kan hewige debat veroorsaak-maar daar sal moet buite die boksie gedink word. Ek stem saam ons moet `n lys maak van al die maniere waarop die kat geslag kan word! (oeps netnou dink iemand ons wil toor met die katslagterye!) Ons sal dalk moet kers opsteek by die Jode wat afgesien van waar hul verdryf en versprei was baie volksgoete en selfs Hebreeus (soortvan)beoefen het. Ek bly in `n oorwegend Ingelse kusdorpie en dit is maar volksvreemd. Die skool is sogenaamd dubbelmedium maar eintlik Ingels! My arme dogter moes in graad 10 die Ingelse Aardrykskunde boek in Afrikaans verduidelik vir haar klasmaters want Meneer lees koerant en is nie tweetalig nie! Ekself het hier skoolgehou en het die Afrikaanssprekende kinders geweldig jammer gekry want een jaar word hul Wiskunde in Afrikaans onderrig en dan die volgende jaar in Engels! Malligheid!

    Ek dink net dat as die 5 miljoen plus vreemdes al meer as dubbeld ons blanke en gekleurde Afrikaansprekendes is word `n plekkie eenkant al hoe dringender…maar hoe keer mens die massas om nie ook daar te plunder nie? Soos Dan se die idee is om met die Suid-Afrikaners saam te werk wat nie deur die Salonmarxiste voorgeskryf word nie.

  9. Ons, wat nog nugterdenkend is en nie reeds deur breinspoeling verlam is nie, moet vinnig en nugter dink. Debatvoering is goed en reg. Om die waarheid te sê, dit is uiters noodsaaklik om die saak van alle kante te beskou en nie net “ja” en “amen” op alle voorstelle sê nie. Maar, en dis baie belangrik, dit is net so belangrik om vinnig en akkuraat te besluit, want daar eenkant teen die muur hang ‘n horlosie (die Hollanders noem dit ‘n “klok”) met ‘n sekonde-wyser, ‘n minute-wyser, en ‘n ure-wyser. Elke keer wanneer die sekonde-wyser “tik” sê, sterf daar ‘n mens, of gil daar iemand wat verkrag, gemartel of getraumatiseer word. Onthou dit net asseblief!!! Ons het GEEN tyd om te mors nie. Hoe vinniger en hoe akurater ons kan optree, hoe meer Afrikaners se lewens kan ons red…….en moontlik ook dié van onsself!!!
    Ek stem saam, daar MOET gepraat word. Daar moet veral gepraat word met die massas wat tans in opstand kom. Ons moet hulle nie aanhits nie, maar ons moet hulle ook nie keer of veroordeel nie. Ons moet vir hulle sê:”Kan julle nou sien wat gebeur (of gebeur dalk gladnie!) as mens elke keer vir false beloftes (die ANC) stem? Stem liewer volgende keer vir ‘n party wat realisties is. Stem vir ‘n party wat geen beloftes maak nie, maar wat dissipline en realisme as hoogste prioriteite benader.”
    Ons moet vir hulle sê:”Help ons (die wittes) om die land se grense te seël. Daar mag niemand (onwettige immigrante) binnekom nie. Werkloses moet bereid wees om, teen ‘n karige vergoeding soos ‘n bord kos, onderdak en basiese sekuriteit, met die opbou van ons land se infrastruktuur te help. Dink maar aan die duisende kilometers teerpaaie- en strate wat vol gate is; hospitale wat letterlik en figuurlik in duie stort; dieselfde met skole; die versorging van bejaardes, weeskinders, en terminaal siekes; en vele meer.
    Terselfdertyd moet daar VOORTDUREND propaganda gemaak word vir die tot standkoming van ‘n eie gebied vir die Afrikaner. Dit maak nie saak watter woord of naam ons die gebied gee nie (volkstaat, tuisland, of wat ook al), net solank daar begrip vir ons saak gewen kan word.
    Orania is ‘n goeie begin, maar Orania is nie “die Alfa en die Omega” van ons behoeftes nie. Ons soek ‘n stukkie van Suid-Afrika (onthou, ons land is meer as 1,1-miljoen vierkante kilometer groot), al is dit net 10% van die ganse Suid-Afrika, waar ons 100% vry kan wees.
    Die Britse regering van destyds het aan die Swazi’s, die Sotho’s en die Tswana’s onafhanklikheid gegee, waarom nie ook aan die Afrikanervolk nie?!
    Onthou, die horlosie tik, en die tyd gaan verby. Elke dag word 50 mense in Suid-Afrika vermoor, en elke dag is daar ‘n paar Afrikaners onder daardie 50 slagoffers!

  10. Ons is vinnig besig om ‘n situasie te bereik waar ons nie net aan moontlike probleme nie, maar ook aan praktiese oplossings sal moet dink. Soos Dr Dan al voorheen genoem het, kan ons baie vinnig in ‘n slegte situasie beland as dinge handuit ruk. Ek dra maandeliks tot Orania, Afriforum, Praag en Solidariteit se hulpfondse by en hoewel die bydraes redelik gering is, is dit beter as niks. ‘n Tyd gelede het iemand wat ‘n Jood geken het geskryf oor die maandelikse bydraes wat die spesifieke Jood namens ‘n groep ander Jode in SA bymekaar gemaak het om na Israel te stuur. Hulle help mekaar, maak nie saak waar in die wereld hulle hulself bevind nie. ‘n Klomp klein bydraes kan een groot bydrae word en daarmee kan iets verrig word. Ek kry gereeld finansiele state vanaf Orania en baie inligting kan ook vanaf Orania, Afrifrum en Solidariteit se webtuistes verkry word. Ek stel voor dat ons tesame met die protesaksies ook begin om finansiele bydraes te maak. Begin vandag daarmee!

  11. Dis nou ‘n oorlewingsstryd. As mense dit alleen probeer voer, sal hulle vernietig word. ‘n Landwye self-verdedigingsnetwerk wat al die buurtwagte telefonies met mekaar verbind, sal al ‘n goeie begin wees…

  12. Hallou Adriana ek het jou ope brief met sake `Genocide Watch` op Amren gelees. Dankie vir jou toewyding en deursettingsvermoe! Elke vorm van bewusmaking help geweldig al kan mens dit nie meet nie! Jou brief asook Dan se rubrieke ,bydrae en woernale ens, asook ander bydraes op PRAAG het my uit my slaap uit wakker geskud. Jul verwoord wat soveel van ons weet maar net oor stilbly.

    Ek is 100% met jou eens dat selfverdedigingsnetwerke en waarskuwingsnetwerke krities is. Ekself is so dom as dit kom by verdediging dat ek dink ek sal net kan skreeu!

    Ek het op `n youtube bydrae van selfs `n swart Amerikaner verneem hoe groepe mensse in Amerika hulself voorberei op `n noodsituasie. Die plan wat van hul alreeds inwerking gestel het is om in groepe van 6 gesinne te werk. Die een gesin verskaf die plaas of grondjie weg van die samelewing maar naby water. Die ander voorsien als wat nodig is- soos tente kos boumateriaal ens. Die Amerikaner se dat `n aanslag van wetteloses sy grootste vrees is en daarby `n regering wat dit dalk nie sal kan stuit nie? Die probleem is dat ons so `n situasie heel moontlik in die gesig staar maar ook daagliks paraat en verdedigend moet dink!. Die ander gevaar is dat enige poging om selfverdediging te koordineer gesien kan word as `n wit opstand. Maar dan is die gevaar in ons land is net so erg vir alle rassegroepe -dis net dat proposioneel soos jy uitgewys het; dit vir die Afrikaner op uitwissing neerkom….

  13. Dan: n Reuse groep Afrikaners stem vir n party wie se menings oor belangrike sake nie klop met tradisionele Afrikanersienings nie. Vertel dit nie juis n betekenisvolle verhaal oor Afrikaners se prioriteite in die hedendaagse SA nie?

  14. Beste Matt, ja, moontlik is jy reg. Maar ons moet ook nie vergeet van die geweldige bydrae van die media, sowel Afrikaans as Engels, om die Afrikaner tot sy huidige wensdenkery te oorreed nie. Hier is ‘n soort massahallusinasie aan die gang. Hoe meer dinge skeef loop, hoe meer moet ons oortuig word dat daar geen probleem is nie, dat dit alles maar “tandekryprobleme in Afrika is”, ens. Nogtans vind ek soms ‘n verfrissende nugterheid onder Afrikaners wat toon dat ons nog tussen skyn en werklikheid kan onderskei.

  15. Ek dink dis belaglik om te glo die swart massa wat ongelukkig is met die ANC (wat meestal ongeletterd is, gaan nou skielik n oplossing by die blankes (Boere) soek. Hulle sal inteendeel verder links en meer kommunisties raak. As die Boer heers gaan hulle moet werk vir hulle geld en as die kommunis heers kan hulle op ander mense se rue ry. In Duitsland het hulle die Jode blameer vir hulle swaar kry, hier is dit die blankes. Jy leef in n droom wereld Dan. Jy is die Afrikaner se grootste vyand. Hoe moet ons weet jy gaan nie weer n radikale linkse word nie? Hoe voel jy deesdae oor Mandela?

  16. Bobbejaan, dwarsdeur ons geskiedenis het ons nog altyd swart bondgenote gehad. Die wyse waarop Brittanje ons geïsoleer het, is juis deur ons as ‘n klompie geïsoleerde rassiste voor te stel, pleks van die kontinentale mag wat die Afrikaners eens was, kernwapens en al, wat die Anglo-Amerikaanse mag in dié wêrelddeel direk bedreig het.

    Wanneer was ek ooit ‘n radikale linkse? Dis wel waar dat ek as student uiters krities oor die Nasionale Party was – wat ons intussen uitverkoop het. Ek was egter nooit ‘n kommunis nie en was destyds op die kampus uiters ongewild by die kommuniste. Wat Mandela betref, sien ek hom as ‘n produk van Britse propaganda. Op sigself beteken hy niks en is maar net nog ‘n baie middelmatige Xhosa, maar wat deur Trevor Huddleston, die Anglikaanse kerk en die Britse media tot byna goddelike status verhef is.

  17. Goeie more almal!

    Hei Matt! Går det bra med deg? Lanklaas ‘n bietjie gesels. Het onlangs terug gekom van Rusland. Ek moes die aanstaande skoonfamilie gaan ontmoet het (al daardie skreeusnaakse grappies oor skoonmoere is ewe skielik nie meer vir my so prettig nie…ek slaan sommer in koue sweet uit as ek net daaraan dink!). Rusland self was seker die grootste kultuurskok wat ek nog beleef het…ek kan amper nie glo dat blankes so ‘n armsallige bestaan kan voer nie. Nogals indrukwekkend watse skade ‘n skewe ideologie en korrupsie aan ‘n nasie kan doen. Dit was vir my ‘n baie duidelike en ernstige waarskuwing gewees!

    Dan – Jy’t nog nie vir ons gesê wie namens die gepeupel (‘n Unie vir Werkloses?) en die Afrikaners (Praag dalk?) gaan onderhandel vir ‘n 1/3 van Suid-Afrika se grondgebied nie. Persoonlik dink ek jy sien heeltemal te veel in een poster! ps – ek is nie vyandig nie, ek wil net graag uitvind wat presies in jou kop aangaan.

    Melinda – Jy’t net vir my ‘n rede gegee hoekom jy dink Dan se voorstelle is nodig, nie hoekom jy glo dit is WERKBAAR nie.

  18. Die swart mag bly egter by die ANC. Swart mense stem eerder glad nie as wat hulle vir n ander party sal stem. Maar dit is n debat’s punt van sy eie.

    Jy se, “Dis wel waar dat ek as student uiters krities oor die Nasionale Party was – wat ons intussen uitverkoop het.”. Sou dit PW Botha se Nasionale Party gewees het vir wie jy nie wou diensplig doen nie? Was jou kritiek van n linkse of regse aard gewees? Dit nou in vergeleke met die NP van daai tyd? Hoeveel waarheid steek in die stories wat om gaan dat jy slegs terug gekom het Suid-Afrika toe na Mandela vry gelaat is?

    Vertel ons meer oor jou politieke uitkyke in die tagtigs toe? Snaaks dat jy by Wits gaan studeer het. Ons almal in JHB weet tog wat was hulle politieke uitkyke gewees tydens die apartheid jare. Ek self onthou hoe die klomp etters daar op die trappe ge-toi-toi het.

    In elk geval, vertel nou vir ons die waarheid. Ek sou dit graag by jou wou hoor.

  19. Instede van om vir onsself te veg en ons eie afrikaner onafhanklikheid, hoekom nie liewer dit beveg wat vooruitgang vir almal wat bereid is om te werk, op hierdie stadium onmoontlik maak nie?

    Roei die euwel uit wat in die weg staan van gelyke geleenthede vir almal, waar kleur of ras of taal, nie meer bestaan nie. Hoekom wil terugkeer na ‘n sisteem waar een groep mense homself wil afsonder van die res en alleenlik na sy eie belange omsien? Dit is nie vir my ‘n opsie nie, want ek kan sien dat daar weer in die toekoms konflik kan onstaan tussen die wat agter gebly het en die wat vooruit geboer het.

  20. Hallou Johann! By `werkbare`voorstelle dink ek in my `nie-Akademiese-dink` dat daar twee benaderings is en myne le meer in die krisis-oorlewingsaspek dan polities. Die Jode is so `n maklike groep om na te verwys maar met nadenke het hulle gedoen wat almal maar doen as hul `minder` is en bedreigd voel . Selfs in Canada, Amerika en EU Australie,ens boender minderhede hulself op hopies. Hier pandok die klomp onwettiges hulself ook in groepe tussen die menigtes. Ek onthou in Johannesburg was Greenside en die Emmerentia- omgewing Joods asook Muckleneuk in Pretoria. Nou is hul terug na hul tuisland maar hul het darem taal en gebruike behou EN groetendeels hul opvoeding kardinaal belangrik geag. Hoe het die Jode in Greenside gaan bly? Deur polities toestemming te kry of het hul maar net gaan bly? `Werkbaar` as selfbeskikking SELF gedoen word binne `n bestel wat nie noodwendig goedgesind is nie? Die probleem is dat die Jode wel in hul land is maar in `Bulls Eye`is vir uitwissing. Maar tweeledig `beskerm hul hulself, deur die inwoners in die land paraat te hou en die buite Israel stuur hulp en tjing. Nou vra ek jou sal ons hulp kry van die Suid-Afrikaners/Afrikaners wat oor die waters is? Gaan die wat hier agterbly paraat word?

    Seg `n Engelse vriend met (Afrikaanse vrou) van ons hy wil `n stukkie grond koop om naweekboerdery te begin. Seg ek vir hom koop in hierdie omgewing en email die kaart van die `Gebied` aan hom-seg hy JA! Hy, gaan so maak. Nou siedaar, werkbaar. Sy idee is om `as die papaja die propeller `slaan hy die krisis iewers kan gaan `uitsit`. Werkbaar? In `n krisis maak jy `n plan werk? Die probleem is dat soos met soveel minderheidsgroepe jy uiters kwesbaar is sodra jy jouself groepeer. (Dan kan hy ook nog met papaja getref word voor hy op sy grondjie kan uitkom)

    Vanoggend gehoor 176 huise in Waterkloofrif gaan hulself laat afsper nogal met die goedkeuring van die `Offiesils`! Die misdaad is so erg daar moet afgesper word….`n afgesperde gebied in die gesig van `n krisis?

    As ek `werkbaar` kon oplos was ek onmiddelik beroemd. Ons het mense soos Dan en jy en die ander Waghouers op die mure (beskawingsmure) nodig om akademies te kyk na wat werk en wat nie, te debatteer, voorstelle te maak-analites te dink. My man as professionele argitek , het nie spasie in sy brein om te dink, op te weeg en voor te stel nie. Die beroep sluk hom in-

    -ons het die dinkers broodnodig!

    Iemand seg die ander dag- as ons almal NOU ons ogies uitvee-die Xhosas, Zoeloes, Engelse wie ook al gebore in SA grongebied dan is daar Arabiere wat kusstroke opgekoop het, Bangladeshi`s wat winkel-winkel speel in Bloem, Chinese wat `n groot gros Afrikaanses in kriminele getoor het met hul gier na Perlemoen, Somalies wat met hul geesgewade deur ons strate sweef en verdwyn. ABSA wat Sharia bankdienste bied….en onthou al ons produkte is geHalaal!

    Is SA al `n Arabierse deelstaat?

    Wie sou nou ooit kon dink die Britte en De Klerk se ryke sou so VERDUN word!

    Ons, ek en my onmiddelke familie is alreeds in die` Gebied`- en soos ek skryf kom ander hier aan. Dis nou nie net Afrikaners nie maar `beskawingssoekers`, die wat nie wou of kon weg oor die groot waters nie. Almal se stories is dieselfde van kapings en aanvalle.

    Miskien `werkbaar` as ons net so ongesiens soos die Arabiere wat die kusstrook opkoop maar net onder die radar bly-`n string `Oraniatjies` inryg? `Werkbaar` as ons kan afsien van spogenstatus! Want Bling moet nie saam gebring word nie- dan is dit mos nou weer blinkgoed wat die kraaie wil he!

    Wat sal werk vir jou Johann?

  21. Anna – Wat jy voorstel is niks nuuts nie. Die NSA (of Mzanzi) is dan juis op hierdie vrome gedagte gebasseer…en kyk waar is ons nou! Slaan ‘n bietjie Reinhold Niebuhr se “Serenity Prayer” na…miskien sal jy dan kan aanvaar dat die versugting na ‘n onafhanklike Afrikanervolk nie as ‘n euwel gesien moet word nie.

    Melinda – Wat sal vir my werk? Wel, eerstens sal die Afrikaners konsensus moet kry hoe ons die toekoms in SA wil aanpak. Dit is natuurlik makliker gesê as gedaan! Die Afrikaners is seker die mees verdeelde volk op hierdie planeet. Die feit dat ons in so baie opsigte met mekaar verskil is nie noodwendig ‘n slegte ding nie, want ‘n saak word op so ‘n manier mos van alle kante bekyk, maar hierdie het dan ook tot gevolg dat ons as ‘n volk baie moeilik is om te mobiliseer. Ek dink ook nie Praag gaan hierdie wonderwerk vir die Afrikaner bewerkstellig nie (jammer Dan), want hulle kom te militant/ekstreem voor en dit skrik die meeste van die ANC se cash cows af. Flip Buys en sy span, byvoorbeeld, neem ‘n baie meer pragmatiese houding aan. Volg ‘n bietjie hierdie skakel

    http://www.orania.co.za/wp-content/uploads/2009/06/orania-in-diepte-mrt-091.pdf

    Dit is veral Lida Strydom se stuk wat met konkrete voorstelle (ja, sommige voorstelle is ietwat oorywerig) vorendag kom wat my opgewonde maak. Dan Roodt aan die anderkant stel voor dat die Afrikaners moet begin wapens en ammunisie opgaar…hy skimp selfs dat daar na onwettige hoeveelhede gekyk moet word (Dan, gaan jy hierdie keer vir die fight bly of gaan jy weer ‘n lyn sny Frankryk toe as die skote begin klap?)

    Tweedens, die Volkstaat wat Dan aan ons probeer smous is vulgêr en belaglik. Die ANC sal in der ewigheid nooit daardie stuk grond vir minder as 3 miljoen Afrikaners afgee nie…al is die massas hoe oproerig! Selfs al “kry” ons daardie grondgebied sal die logistiek om dit in ‘n Afrikanertuisland te omskep naas ontmoontlik wees. Om die waarheid te sê, enige debat aangaande daardie stuk grond is sinneloos.
    Orania aan die anderkant is dalk net moontlik. As daar meer werksgeleenthede daar geskep kan word (en ek praat nie nou net van boerdery nie) kan daar dalk ‘n natuurlike migrasie van Afrikaners na hierdie gebied plaasvind. Die Noord-Kaap is uit die aard van die saak ‘n harde stuk wêreld, maar sekere inherente eienskappe van die landskap (volop son ens) kan tot ons voordeel strek…veral gesien in die wêreld se nuwe kyk op volhoubaarheid en die hele “groen energie” hype. Ek glo dat dit (teoreties) moontlik is om in hierdie area ‘n hele rits biotech bedrywighede te begin. Ekonome mag dalk egter met my verskil. Soos wat die Orania ekonomie groei, so sal die hele idee van selfbeskikking meer aanloklik raak vir Afrikaners…selfs die ANC se cash cows. En wie weet, dan eendag bereik Orania ‘n kritiese massa en ons is in besigheid. (Anna – dit is van hier waar ons dan dienste (konsultasies ens.) en produkte aan die Mzanzi verskaf…’n wen-wen situasie, is dit nie so nie?)

    Laastens (ek het eintlik ‘n kleinhuisie vol werk vandag), die Afrikaner kort dringend ‘n leier. Nie ‘n dooie man (de la Rey), nie ‘n getransformeerde go-go girl nie (Pieter Mulder), nie ‘n grootbek seksmaniak (Steve Hofmeyr), of ‘n militante dagdromer (Mmmmmm) nie, maar iemand wat se enigste ideologie Pragmatisme is. Flip Buys is amper daar…hy kort net meer charisma!

    Wees julle geweldig.

  22. Dan.

    Die prentjie wat jy hier skets is donker en vol dongas. Glo jy regtig ‘n swart opmars na die Uniegeboue gaan die huidige regering ontsetel of selfs net ontstel? In die hoogs onwaarskynlike geval dat so iets wel gebeur: Met wie gaan hulle vervang word en wie gaan die vervanging behartig?

    Wie gaan namens die Afrikaner onderhandel? Jy? Julle ouens wat publiek aandag trek weens julle praatjies, trek en stoot nog te veel teen mekaar en selfs net in die klein bietjie kommentare op jou artikel is dit duidelik dat daar geen eenheid onder Afrikaners is wat rigting of aanvaarde leierskap betref nie.

    Daar is nog nie ‘n Verenigde Afrikaner Front nie. Eers wanneer daar so ‘n goed georganiseerde, algemeen verteenwoordigende front is kan ons begin dink aan onderhandel as ‘n geldige politieke entiteit waarna ander noodwendig moet luister. So ‘n front moet alle terreine van Afrikaner belange dek en beskerm, Godsdiens, Kultuur, Ekonomie, Opvoeding, ens, sonder om ander Suid Afrikaners se eiegoed te bedryg.

    Die leier van so ‘n front moet empatie kan hê met en empatie kan wek uit ‘n groot verskeidenheid godsdienstige en ander kulturele variasies in sienings en gebruike wat die Afrikanerdom, en die res van die Suid Afrikaanse gemeenskap, tans in deeltjies akademiese mishopies met elk ‘n paar brommers op opdeel. Taal en velkleur alleen maak nie ‘n volk nie.

    Persoonlik ondersteun ek ‘n moreel-etiese beweging van watter taal of fisiese voorkoms ookal wat aanklank kan vind by die gemiddelde Afrikaner se sin vir reg en geregtigheid en wie ookal anders daarby wil inval lank voor ek ‘n taal en voorkoms-alleen beweging met vergesogde drome van eenheid in taal en uiterlike voorkoms alleen steun.

    Dit is ons volks-siel waarvoor ons moet veg as ons as werkbare en herkenbare politieke entitiet wil bestaan en meeding in die werklike wêreld en ons taal en rasse herkoms is net twee komponente daarvan. Afrikanerwees is ook nie net ‘n sekulêre ding nie. Wie dit nie in ag neem nie sal nooit regtig sê kan hê in ons toekoms nie. Sonder eenheid in gees stuur ons op selfvernietiging af.

    Wat die verwysings na Israel deur ander hier betref. Ons het nie 6 miljoen dooies wat deur ‘n monster vermoor was en ‘n antieke boek deur ons eie voorsate in ons guns geskryf wat ander nasies oortuig om ons jammer te kry en te beskerm soos die Jode op staatmaak vir oorlewing as volk nie. Israel is ‘n swak model om te volg, tensy ons vir die volgende paar eeue met ons bure wil oorlog maak en afhanklik van die beskerming van die VSA en tjommies wil wees vir voortbestaan.

  23. Daar is net n klein probleem die Afrikaner kan gesien word as een nasie wat uit twee volke bestaan ,onderverdeeld deur n stand van 80% arm blankes en 20% ryker klas.Glo dit of nie die Afrikaner kan nie verenig sonder n tiepe kollektiewe party.N soort van Afrikaner kommunistiese party met regte sosialisme.

  24. Dan:
    As enige groot plan te lank neem om tot ‘n punt te kom, dan verloor mense belangstelling.
    Of: As dit lyk dat daar nie planne inplek gesit word nie, dieselfde.
    Kan jy my entoesiasme behou?

  25. Nee wat , hierdie klomp verkrampte Boere moet maar die land verlaat. Wat is julle so gepla oor die ander Suid Afrikaners? Julle Boere laat my gril……siesa

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *