Ferial Haffajee – die goeie anti-wit ‘swarte’

Aitsa, Ferial Haffajee! In vandag se Rapport sê sy: “Ek het lede van die driekamerparlement se kinders geïntimideer, ek het mense gekeer om te gaan stem vir die driekamerparlement. Op ’n manier was ek dus wél aan die kant van daardie boks vuurhoutjies…”

Wat probeer Hanlie Retief en Haffajee vir ons sê? Dat daar in dié land “goeie” anti-wit bruines en swartes en Indiërs is (soos Haffajee of Tutu), en dan die “slegte” tipe soos Malema of Eric Miyeni. Maar hulle is almal anti-wit: “united in their diversity”. Waar verskil sy van Malema? Moet ‘n mens slegs meer subtiel anti-wit wees, nie openlik nie?

En sy het as tiener so fluks Karl Marx gelees. Nou wonder ek of die huidige redaksielede van Rapport en City Press ook darem hul huiswerk vir die kommunistiese aandklasse doen? ‘n Mens moet darem kan saampraat met die nuwe base. En saamhuil met Jakes Gerwel, direkteur van Naspers, omdat die Muur in 1989 geval het en die werkers dus hul paradys kwyt is.

Gisteraand het ek “The last king of Scotland”, ‘n film oor Idi Amin gekyk. Niks wat nou in Suid-Afrika gebeur, het nie reeds in Amin se Oeganda plaasgevind nie. Terwyl die goeie en minder goeie “swartes” (‘n van soos Haffajee klink nie baie Nguni nie) met mekaar wedywer oor wie die minste “wit kapitaal” dien, sal die Afrikaner ‘n ander plan moet maak.

Selfbeskikking is ons enigste hoop om nie ál ons grond en bates, dalk ons lewens, op die altaar van die NSA te verloor nie. Tutu praat juis vandag in die Argus-groepkoerante van Rwanda…

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *