Onthou die negrologie, Tim

In vandag se Rapport praat Tim du Plessis van ‘n meningspeiling in die Sowetan en beweer:  “[Swartes]begeer ’n land wat dubbelsyfer- ekonomiese groei aanteken. Hulle wil ’n korrupsievrye en doeltreffende staatsdiens sien. Hulle wil ’n land hê wat hoog aangeslaan word, internasionaal en plaaslik.”

Gee ‘n meningspeiling in die Sowetan regtig swart denke weer? Reeds meer as ‘n eeu lank bou die swart elite DWARSDEUR DIE WÊRELD hul identiteit en politiek op antiblanke ressentiment en daardie teorie van “ons is die slagoffers”. Terwyl die blankes hulle meesal nog altyd gepamperlang, opgehef, bekeer, opgevoed, medies behandel en finansieel bygestaan het.

Tim moet nie net Frantz Fanon lees nie. Hy is nie eens in Afrikaans vertaal nie. Maar enkele jare gelede het ons by PRAAG die liberale joernalis Stephen Smith se boek “Negrologie – waarom Afrika vergaan” in Afrikaans vertaal. Ongelukkig het die Nasperskoerante dit maar meesal geïgnoreer en het dit nie die nodige debat ontlok nie. Daarin stel hy dit duidelik dat daar ‘n groot probleem met die swart identiteit is. Dis die “negrologie”. Swart narcisme, swart bewussyn, noem dit wat jy wil. En daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Binnekort gaan daar twee miljard swartes op aarde wees, want hul geboortesyfer is die hoogste van alle rassegroepe. Terwyl daar slegs 500 miljoen blankes gaan oorbly.

As daar soveel goeie swart leiers en bestuurders is soos wat Tim sê, sal hulle in elk geval vir hulself sorg en Afrika met sy twee miljard mense in ‘n lushof omskep. Oor ons eie voortbestaan, sowel hier as in die res van die wêreld, hang daar egter groot vraagtekens. Ons kinders kan nie eens meer behoorlik lees of Afrikaans praat nie. Duisende Afrikaners krepeer in plakkerskampe of lewe van aalmoese as karwagte.

2 thoughts on “Onthou die negrologie, Tim

  1. Isabel

    ‘n Mens mag mos nie veralgemeen nie. Dit mag dan ook tog seker nie oor
    “witmense” en “swartmense” gaan nie? Want as dit oor wit en swart gaan is dit rassisme en veralgemening, en rassisme en veralgemening is verkeerd. Ons streef mos na ‘n land waar almal gelyk is.

    Kom ons praat dan eerder van kulturisme tog net nie rassime nie! Die feit is dat ‘n klomp verskillende kulture saamgegooi is hier is die realiteit, dat dit wit en swart is, is toevallig.

    Hoekom gaan die land dan nou agteruit op vele gebiede. Besture van munisipaliteite kom die mas op nie, toevallig is dit swart. Die skoolsisteem is pateties, toevallig staan dit onder swart bestuur. Misdaad het die hoogte in geskiet, toevallig is die regering swart. En wie word benadeel – swart en wit! Daar is wel nou baie meer swart “fat cats” as toe die wittes aan bewind was.

    My vraag is: hoekom vandat die swart mag aan bewind is – gaan die meeste strukture dan ten gronde? ‘n Mens mag nie s^ dis omdat dit swart is nie, wat is dit dan?
    En ek wil dan nou ook glad nie veralgemeen nie…

    Elke kultuur het seker sy sterk en swak punte. Soos om mooi te sing en netjiese kralewerk te doen en spoor te sny en reendanse te doen en die voorvadergeeste aan te hang. Dalk gaan dit maar net oor vermoe en onvermoe op sekere gebiede. Die groot probleem is dalk omdat die voorvader niks geweet het van munisipale bestuur nie, maar wel meer van “die sterkste oorleef” – so sal die oproep om hulp tot die voorvadergeeste ook nie ‘n oplossing kan bied vir die munisipale probleem nie, maar wel dat die ou bo moet vat terwyl hy kan, want dit gaan om oorlewing. Ons het ook te doen met gene en daaraan kan mens nie verander nie. Dalk erken almal net bloot nie hul sterk en swak punte nie. (Skoenmaker hou jou by jou lees) Weereens kan mens nie veralgemeen nie en weereens is dit nie rassisme nie, meer iets soos realisme? Glad nie oor swart en wit nie, dis net blote toeval! En die feit dat daar wittes in donker Afrika is, is nie toeval nie, daar is ‘n keuse uitgeoefen een of ander tyd!

    So voordat almal (en dit is my beskeie mening) “swart en wit” nie die “Lig” sien nie sal dinge aanhou versleg. Ons wil tog so graag altyd die realiteit skei van ‘n geloofsoortuiging. Hou aan oopkrap en afkrap tot op die been en daar bly net een goue draad oor wat alles saambind. Daar is net een stel ware reels en ja, onomwonde ja, dit het absoluut niks met swart en wit uit te waai nie. En ja, mens mag nie veralgemeen nie. En ja, ‘n mens mag lief wees vir jou eie kultuur en ras sonder om die ander te na te kom. Rassisme hoef dus nie ‘n vloekwoord te wees nie, ons maak daarvan een. Elkeen is vir homself in hierdie wedloop, maar ongelukkig kan almal nie ewe goed sing nie!
    Ek is ten aanhore van bogenoemde defnitief ‘n rassis, ‘n realis wat probeer onthou om nie te veralgemeen nie en ‘n Christen-gelowige
    wat besig is om my eie wedloop te hardloop langs al die ander. Dit is nie wat met ons gebeur wat saakmaak nie, dit is wat jy met dit maak wat op jou pad kom. As almal volgens dieselfde stel reels optree sal daar geen probleem wees nie. Iewers baie dieper as velkleur is iets groter verkeerd!

  2. MJ Erasmus

    Oom Kerneels Langenhofen het gese mense gebruik statitieke soos ‘n dronk man ‘n lamppaal: nie vir die lig maar vir die ondersteuning

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *