Petisie vir Afrikaanse skole in Gauteng

L.W. As u op ‘n selfoon is en met die onderstaande vormpie sukkel, stuur eenvoudig ‘n e-pos met u naam, van en e-posadres aan: petisie@praag.org.

Dankie aan almal wat tot dusver geteken het. Maar kom ons laat die lys aangroei! Ek sal dit persoonlik aan Barbara Creecy, LUR vir onderwys in Gauteng, gaan oorhandig en in geen onduidelike terme nie vir haar onder die indruk bring dat ons nou moeg is hiervoor.

– DR

Teken asseblief ons petisie vir die behoud van Afrikaanse skole in Gauteng. Maak gebruik van u persoonlike adreslyste, asook Facebook en Twitter, en versprei die skakel na die petisie so wyd moontlik. Die skakel is http://roodt.org/?p=463.

Afrikaanse skole op Fochville deur ANC geteiken

Petisie vir Afrikaanse skole in Gauteng

Geagte me. Barbara Creecy, LUR vir onderwys in Gauteng

Ek as Afrikaner teken ten sterkste beswaar aan teen die druk wat die Gautengse onderwysdepartement op Afrikaanse skole toepas om te verengels. Tans word skole op Fochville geteiken, met die implikasie dat geen Afrikaanse skool in die provinsie meer sy eie taalbeleid mag vasstel nie. Nie net is dit strydig met die skolewet nie, maar dit druis ook in teen die volkereg en internasionale norme betreffende taalregte en menseregte.

Internasionale Engels is 'n hoëstatustaal wat gebruik word om inheemse Afrikaans te verdring en te vernietig. Dat u boonop die demografie en rasse-argumente in u veldtog teen Afrikaans gebruik, is besonder laakbaar.

Afrikaanse skole in hierdie provinsie is oor meer as 'n eeu opgebou en deur ons belastings en privaat skenkings befonds. U as Engelstalige het geen reg om ons daarvan te ontneem nie.

[signature]

619 signatures

Deel dit met u vriende:

   

[signaturelist id=”1″]

Join the Conversation

23 Comments

  1. Regering moet wakker word! Gee elke kind die reg om in hul eie taal in hul eie afsonderlike skole te studeer. Dan gaan almal gelukkig wees. Die slaagsyfer sal dan ook verbeter! Moenie engels op skole afdwing nie. Dit is hoog tyd dat die kinders ook hulle stemme laat hoor en hierdie patetiese regering laat weet wat hulle wil he.

  2. Ek dink dis baie noodsaaklik dat ons saam sal staan en ons taal,
    AFRIKAANS, behou in skole!!! Dis mos ons trots!!!

  3. Ons land moet wakker word. Die swak sillabus beteken regtig nie veel vir ons kinders nie en veroorsaak dat ons land ‘n dom, ongeletterde nasie gaan word. Laat elke kind in sy moedertaal leer!!!! Ek verstaan nie waarom daar altyd oor alles baklei moet word nie. Carletonville het ‘n engelse hoerskool. Fochville se populasie is afrikaanse mense en benodig daarom ‘n afrikaanse hoerskool wat mos reeds gevestig is. As dit dan moet, bou ‘n engelse hoerskool en dan is daar mos ‘n keuse. Dit is tyd dat die regering ophou om hulle oningeligde, ongeletterde besluite op ons af te dwing. VIVA AFRIKAANS en VIVA FOCHVILLE HOERSKOOL.

  4. As ons nie nou optree nie, sit ons weer met ‘n taalstryd op hande. En ek weet nie of ons werklik vandag so sal saamstaan soos met die destydse Afrikaanse Taalstryd nie. Onthou julle nog: “Engels, Engels alles Engels. Engels waar jy sien en hoor. In ons skole in ons kerke word ons Moedertaal vermoor”?

  5. Ek waardeur wat julle probeer doen maar hulle aanvaar mos nie meer aanlyn petisies nie….
    Ek sien hierbo is mense wat sommer so 7 keer na mekaar “geteken” het.. Ek glo nie die ding is geldig nie.

  6. As jy nie in n’ Afrikaanse skool wil wees nie gaan na n’ skool wat in jou taal skool aanbied. Hoekom moet ons nou ons taal ook opgee daar is genoeg skole in ander tale ook. Dis onmenslik om dit van ons as Afrikaans sprekendes te verwag om ons taal op te gee! Daar meer ernstige dinge in ons land wat verandering nodig het soos moord sou jul nie dink nie?

  7. Beste Manda, Die effek van ‘n petisie is bloot om steun aan die argument te verleen. Dit hoef nie regsgeldigheid te hê nie. As jy ‘n bankrekening aanlyn mag open, waarom nie ook ‘n petisie aanlyn “teken” nie? Wat die duplikaathandtekenings betref, sal ons sorg dat hulle verwyder word en daar net een van elke naam oorbly. Wat belangrik is, is dat daar wye steun vir dié aksie moet wees sodat ek namens duisende mense kan praat as ek die LUR vir onderwys in Gauteng, Barbara Creecy, onder vier oë gaan spreek.

  8. Ons is n vrye rainbow nation.Hoe gemaak as jou vrye keuse van n plekkie vir elk (in jou taal) deur manipulasie vir jou besluit word. Soms moet jy in jou hart n keuse maak en nie net agteroor sit – elkeen moet saamstaan en doen.

  9. Kan daar nie ooreengekom word deur beheerrade om by Afrikaanse skole wat reeds geboelie word om sogenaamde Engelse behoeftiges in te neem nie hulle aan ‘n deeglike Afrikaanse skoolgereedheids-orientasieprogram te onderwerp nie? bestaande uit Afrikaans en elementere getalleleer (ook in Afrikaans.)

  10. Jammer maar ek glo lankal nie meer in nuttelose petisies nie. Ons moet eerder openlik die afrikaner ouers van daardie betrokke skole aanmoedig om nie betrokke te raak by die engelse deel van daardie skole nie, ons moet die ouers van die leerlinge wat daar inskryf openlik verwittig dat ons hulle nie daar verwelkom nie, ons moet afrikaanse ouers help met goeie beplanning om sulke gevalle in die toekoms te vermy, ons moet ons eie skole beplan en ondersteun, ons moet ons ouers leer om OOK op te staan teen die dept. se arrogante inmenging in hulle skool se sake, ons moet poog om die wet so verander te kry dat die regime glad nie daar mag inmeng op watter wyse ookal.

  11. Ons skole is ‘n klug! En nie net ons skole nie, maar al die instansies wat opleiding gee.
    Ek werk in Australia en al my kwalifikasies van ná 1994 is niks werd nie.
    Dié wat ek wel het van voor 1994, is almal eers geverifieer voordat dit aanvaar is. Nêrens in die wêreld is Suid-Afrikaanse kwalifikasies rêrig iets werd nie.

  12. Ek hoop dat Afrikaanse ouers wat hulle kinders in Engelse of sogenaamde dubbelmedium skole gesit het, ook hierdie petisie sal onderteken.

  13. In die ’80’s is daar openlik gespot met die waarskuwing dat daar ‘n doelbewuste goed ge-orkestreerde “Totale Aanslag” teen die Afrikaner gevoer word. Diegene wat dit nou nog nie glo nie, is siende blind en horeode doof.

  14. Ongelukkig is dit so dat niks verniet is nie, en niks gebeur vanself in die lewe nie. Diegene wat dink hulle kan agteroor sit, want “iemand anders sal dit namens my doen,” maak ‘n groot fout.
    Afrikaans se voortbestaan was al baie in die verlede bedreig. Eers nadat liefhebbers van Afrikaans opgestaan het (soms was die protesterendes net ‘n klein groepie) en vir die taal geveg het, is die stryd (tydelik) gewen. Dis dus ons plig om onverpoos vir ons taal te veg.

  15. Ek glo dat Afrikaanse skole, Afrikaans moet bly.Daar is skole vir elke taalgroep beskikbaar in ons land en dus is dit nie nodig om Afrikaanse skole te verengels nie! Ek gun elkeen ‘n plekkie in die son, maar hierdie is regtig nie nodig nie en help geensins die doelwitte en doelstellings wat die regering saamgestel het nie – weer eens – daar is skole vir elke taalgroep in hierdie pragtige land van ons beskikbaar.

  16. Die ANC is besig om die Afrikaners se konstitusionele regte as minderheids groep weg te neem. Dit druis ook in teen die ‘ International Covenant on Civil and Political Rights: Art 27: In those States in which ethnic, religious or linguistic minorities exist, persons belonging to such minorities shall not be denied the right, in community with the other members of their group, to enjoy their own culture, to profess and practise their own religion, or to use their own language.
    Hierdie is maar net een vanvele redes in die internasionale reg wat Afrikaners die reg op selfbeskikking gee.

  17. van my persoonlik eervaring af..se ek afrikaanse skole moet bly.eks ‘n swart man,ek het in afrikaanse skole gegaan…ek het 4 onderskeiding aan matriek behaal.afrikaans is nie moeilik nie,afrikaans is beter as engels………

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *