Piet Croucamp se hoërskoollogika

Piet Croucamp noem my ‘n “ou filosoof-idioot” op Monitor en Spektrum van RSG se Facebook-blad. Hiermee volg hy bloot die neiging van sekere Burger-rubriekskrywers na wat oor geen argumente beskik nie, maar net ad hominem-beledigings kan toeslinger. My dogter (16) se kommentaar daarop was: “Dis soos hoërskool. ‘O, ek suck? Nee, jý suck!'” Gepraat van hoërskool, Piet Croucamp en sy mede-akademici aan die voormalige RAU het darem baie lafhartig toegelaat dat hul instelling tot die huidige “Joe-Djy” verengels word. Nou is dit so dat ek – die groot “idioot” – destyds aan die Engelse Wits gestudeer het waar die algemene opvatting oor RAU een was van ‘n plek wat deur die “dumb Dutchmen” beset is. In die staatsleerdept. (waar Croucamp deesdae doseer) het studente volgens die Wits-siening meesal afgerolde velle oor afsonderlike ontwikkeling uit die hoof geleer, pleks van Hegel, Marx, J.S. Mill en De Tocqueville te ontleed. Die tragiese van ons Afrikaanse universiteite is dat hulle tans so geredelik verengels en in die geesteswetenskappe ook nooit toegelaat is om waarlik universiteitsvlak te bereik nie. Vandaar die hoërskoolmentaliteit wat steeds uit dr. Croucamp se opmerking spreek. Pleks van sy studentikose bandana behoort hy eerder sy hoërskooluniform te dra… dit sou meer gepas wees vir die soort logika wat hy gebruik.

Hierop antwoord Piet Croucamp:

Dan, ek sou graag op jou politieke insigte wou kommentaar lewer, maar wat is daar te se oor die oppervlakkige verstaan wat jy het van die wereld waarin ons almal leef. Jou werkswyse is om ‘n komplekse hoeveelheid vyande vir die veronderstelde volk te identifiseer en dan politieke kapitaal uit vrees te probeer maak. Ek sou nie eerste persoon wees wat moedeloos verval in ‘n ‘ag fokkof tog Dan’ nie, hoekom probeer reageer op ‘n argument wat alreeds vaardig was in die 1950s. Jy sulk oor die pienkes, jy verdoem die swartes, jy stook die polieke mampoer van die wittes; Dan, jou beheptheid met kleur is nie so interessant soos jy dink nie en dit is duidelik dat jy ‘n kriptiese akademiese ervaring van Hegel, Marx, J.S. Mill en De Tocqueville het, maar jou interpretasie is beperk tot jou primitiewe vrese. Eintlik mors ek my tyd, jy word nie ernstig opgeneem deur enige denkende mens wat ek ken nie, en jy is populer onder die brandewyn-koppe van die ou Transvaal. Iewers in jou frontale lob vind daar periodies ‘n kortsluiting plaas wat jou laat glo swart mense is minderwaardig, en wittes wat soos jy dink is iets werd. Wittes wat van jou verskil is natuurlik effe swart in hulle verstaan van jou. Ek kan nie so primitief wees nie en het ook nie so ‘n enkelsellige verstaan van die lewe nie. Dan, jy is ‘n politieke nar, en jou name-dropping maak geen verskil aan my opinie dat jy ‘n akademiese kroegvlieg met lam kniee en ‘n bitter bek is nie. Cheers, comrade.
Waarop ek op my beurt soos volg antwoord:

Ou Piet, jy redeneer steeds soos ‘n hoërskoolseun (in stereotipes) al probeer jy jou bes om hoogdrawend te klink. Die Burger, wat my so aanmekaar soos jy beswadder, se bynaam is mos “Die Buiger”. Ek is bevrees daar is ook niks outonooms aan jou eie denke nie: jy buig voor jou meesters by Joe-Djy en soek ‘n rassis onder elke bed net soos jul voorgangers ‘n kommunis onder elke bed gesoek het. Nie dat daar ‘n gebrek aan ‘n Joe Slovo of twee was nie, wat julle uiteindelik ore aangesit het en vandag sê julle hul rympie soos ‘n resitasie op. Ek het nog nooit beweer dat swartmense “minderwaardig” is nie; dis loutere twak wat Leopold Scholtz en ander by Die Burger aan my toedig. Suiwer biologies beskou, is swartmense ons meedere want hulle slaag daarin om a) hul getalle uit te brei en b) hul gebied en instellings (soos skole en universiteite) uit te brei, dus is hul veel meer suksesvol as die handjie vol blankes in dié land wat mekaar met morele klippe bestook. Geen van jou “denkende vriende” het nog ooit samehangend op ‘n enkele van my argumente geantwoord nie. Jy ook nie. In die eerste plek beskik julle nie oor die kennis nie en in die tweede plek het julle nie die moed daarvoor nie. Ek sien hier op Facebook praat julle mekaar so warm oor julle sulke groot “bevryde ateïste” is dat julle nou selfs al godsdiens uit die Afrikaanse skole wil verban, maar ek is bevrees die Verligting en sy boodskap van rede en verdraagsaamheid het by julle verbygegaan. Ek respekteer eerder ‘n oortuigde Christen as julle brandewyn-en-Coke-gelofie in gelykheid à la Pol Pot wat besig is om hierdie land op sy knieë te bring. My knieë is nie lam nie en ek is ook nie bitter nie. Ek vind dit maar net ironies dat diegene soos jy wat julself so “verlig” en “liberaal” ag, dieselfde taktiek as die Spaanse Inkwisisie gebruik om enige vorm van kritiek of dissidensie teenoor die heersende orde en ideologie as kettery af te maak. Gaan buig nou maar eerder nog ‘n slag voor jou meesters; wiens brood men eet… Ek wonder net wat van akademiese vryheid geword het. Vandat Kader Asmal julle so saamgesmelt en met sy Natal-Indiër poging om “pukka Engels” te praat geïntimideer het, staan julle almal net reguit in ‘n ry en wonder wat julle volgende moet sê wat “reg sal klink”. Indien ek enigiemand wou bang maak met “vrese”, sou ek eerste daar in jou kontrei begin, want julle reageer dan so goed op intimidasie van enige moontlike aard.

Vervolg:

Nou sê Piet Croucamp dat ek ‘n “rassis” is.

Ek veronderstel ons is nou op jou vlak van debat. Dis gewoon onwaar dat ek so iets sou gesê het, want ek gebruik nie sulke teenstrydige terme soos “genetiese misdadigers” nie; dit klink soos iemand wat DNS uit ‘n laboratorium steel. Suid-Afrika, waarvan die meerderheidsbevolking swart is, is wel een van die misdadigste lande op aarde. As jy self ‘n genetiese verklaring daarvoor het, sal ek dit graag aanhoor. Benewens ‘n stel morele waardes, kort jy egter ook ‘n opvoeding. Voordat jy soos Leopold Scholtz jouself op skinderstories oor my beroep, moet jy dalk eerder lees wat ek skryf. Ek weet my verwysings val buite jou parogiale veld wat uit die agterblad van die Sunday Times en ANC Today bestaan, maar in 2007 het ek geskryf oor “Die nuwe saaklikheid in die internasionale rassedebat” en die volgende gesê:  “Soos gewoonlik is die Franse op die voorpunt hiervan met die Paryse filosoof Alain Finkielkraut wat tydens die Franse onluste van 2005 beweer het dat “anti-rassisme die ideologie van ons tyd is”, net soos kommunisme en fascisme voorheen. Hy het voorts beweer dat “rassisme vandag nie meer te vinde is in die geledere van die etniese nasionaliste nie, maar in die geledere van die voorstanders van die multikulturele samelewing”. Lees hier: http://www.praag.co.za/dan-roodt-magazine-178/216-nuwe-saaklikheid-in-internasionale-rassedebat.html Julle multikultus- of multikul-fanatici is inderdaad die grootste rassiste van almal. Plaasmoorde spruit in die eerste plek nie uit die swartman se genetiese ingesteldheid nie, maar uit die anti-wit, rassistiese klimaat wat die linkse, neo-Marxistiese dwepers soos jy met hul beskermde werk aan ons universiteite skep. Soos die Sowjet-intellektuele aandadig aan die goelag was, is julle aandadig aan die slagting wat daar tans in ons land plaasvind. Die woord “rassis” verteenwoordig bloot die selfbelydenis van jul eie onverdraagsaamheid, onnoselheid en etniese haat waarvan plaasmoorde die sadistiese manifestasie is. Elkeen wat die woord “rassis” in sy alledaagse woordeskat gebruik, is besig om te fantaseer oor hoe hy self met ‘n panga ons weerlose oumense kan vermink en vermoor.

Join the Conversation

1 Comment

  1. Ek wonder hoeveel betaal Piet Croucamp sy werkers op die plaas in die Suide van Namibië?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *