Oor Franse fluitspelers en Afrikanernasionaliste

Ek kom nou af op ‘n interessante M-verhandeling deur Dawid Johan Venter: ” Die aristokraat-virtuoos in die moderniteit: Die ontwikkeling van die Franse Fluitskool in die laat negentiende eeu.” Onder andere verwys Venter na die rol van die kunstenaar wat as’t ware die plek van die aristokraat inneem. Net soos sy adellike voorganger, voel hy hom gemoeid met die volk en beskik hy oor vrygewigheid en ‘n hoër strewe. As ons oor die gemors dink wat die Afrikaner-elite die afgelope twintig, dertig jaar aangevang het, hul jammerlike verraad en oorgawe, dan moet ons terugreik na ‘n vorige tydvak. Chris Louw se neerhalende ontmaskering van die “verligtes” stel dit vir ons baie mooi. Maar watter beter begrip om by te begin, om te herbegin, as by Van Wyk Louw se siening van die “aristokratiese ideaal”? Sekerlik is Louw hierin beïnvloed deur Nietzsche met sy afkeer van die populêre, die sosialistiese, alles wat “van die massa” is. Een van die mooiste tonele in die Afrikaanse letterkunde is waar Henry van Eeden in Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins in ‘n safaripak opdaag vir die partytjie van die boere… terwyl hulle almal in aandpakke verskyn. Want, so verseker die skrywer ons, die boere is die aristokrasie van die land. Vir die ANC, asook die Johanesburgse uitlanders voor hulle, verteenwoordig SA bloot ‘n “grot van Ali Baba” om te plunder. Maar die Afrikaner gee werklik om vir sy land. En in die paternalisme van apartheid was daar ook iets van ‘n aristokratiese vrygewigheid, ‘n poging om die landelike swarte binne sy eie kultuurverband “op te hef”. Die revolusie het vir altyd die menseverhoudings in ons land verander, van ‘n ongelyke empatie en wedersydse respek na etniese vyandigheid en gelykheidstotalitarisme. Die revolusie – en nou is ek baie ironies – het ons inderdaad “bevry” van ons aristokratiese verantwoordelikheid teenoor die ander, die swartman. Die swartman sorg nou vir homself, met sy verkose kriminele leierskap, die veertig diewe wat besig is om die grot te plunder. Maar die Afrikanerkunstenaar, -fluitspeler, -leier, behoort steeds daardie aristokratiese etos te omarm: ons moet omgee vir ons mense, daar waar hulle deesdae in plakkerskampe en as bedelaars op straathoeke ons aandag vereis.

Die ontheemde Brit, die linkse Engelsman (of Jood, want die SA Jode roem hulle op hul alliansie met die ANC-SAKP-monster, teenoor die Israeli’s wat met ons saamgewerk het) sien in die Afrikaner se naasteliefde en die opheffing van die armblankes in die dertigerjare van die vorige eeu iets afskuweliks: Afrikanernasionalisme. By M.E.R. en ander figure uit daardie tyd wat tegelyk joernaliste, skrywers, kunstenaars, volksleiers of -leidsters was, sien ek egter niks van die “fascisme” wat die Engels-Joodse kommuniste aan ons toedig nie. Om nie te vergeet van Naspes se varke wat saamvreet in die trog by die kommunistiese ideëkermis nie! Nee, veel eerder spreek dit van ons omgee vir mekaar, van ‘n aristokratiese barmhartigheid, ware Christelike naasteliefde.

Wanneer keer ons terug na dít wat ons was? Voor ons verraaiers, jagterversamelaars binne die wêreldekonomie en half-Engelse, halfdooie napraters en na-apers geword het?

Join the Conversation

1 Comment

  1. Soos die geval tans is met baie vorige eie persepsies, bestaan daar by my twyfel of die Afrikaner oor die algemeen, ooit was wat ons gedink het hy is of was?

    Daar was sonder twyfel ‘n paternalistiese empatie jeens alles wat ons as benede ons beskou het, want daar was en is nog altyd ‘n wonderlike ingebore “klas-waan” by die Afrikaner? Ek luister weer nou die dag hoe twee ‘aristokrate’ van Etienne le Roux wie se ogies ook maar redelik na aan mekaar sit, praat oor hoe skelm en al die dinge, die swartman tans is. Vergete skielik is die feit dat dit nog altyd so was, al wat verander het is die toeganklikheid van die spens. Ek voel altyd skuldig wanneer ek so veralgemeen, want almal is dit nie – maar daar is darem meer as 40 skelmes wat vry rondloop!

    Vergete is ook die feit dat hulle self effe agter die deur staan as mens die feit dat hulle plase wat hulle aan die staat verkoop het, weer van die opkomende boere, of is dit steeds agtergeblewenes, terug huur en nou werklik geld maak?

    Was die Afrikaner waarna jy verwys egter so ‘anders’? Weereens die sonde van veralgemening – ons was nog altyd net op eie belang ingestel. Ek het iewers die afgelope tien jaar, begin luister na gesprekke in plaas van uitasem te probeer inval om my slimmigheid op ander af te smeer. Ek het al hoe meer bewus geraak van die feit dat ons nog altyd wou weet hoe dit met ander gaan, maar nooit die gevraagdes kans gegee het om te antwoord nie? Ons val na die “goed dankie” van die ander party, oorhaastig in met ons eie verhale van sukses, klaagliedere, opinies en duur vakansies of tweede en derde huise.

    Feit, dink ek, is dat ons voorgeslagte geklink het of hulle in mekaar belangstel, slegs omdat al wat ons vermaak het, Gerhard Viviers, die du Plooys van Soetmelkvlei, Jan Cronje en Esme Euverard en die huisgodsdiens op radio was. Die res van die tyd moes die vorige geslag tot half nege slaaptyd self opmaak. Dit was waarom daar soveel belangstelling blyk te gewees het?

    Deesdae maak TV en hierdie rekenaar ding op vir enige leemte in die sosiale program?

    Daar was dan ook baie meer tyd as tans om die troetel hate oor te dra. Die afkomstig van oupa wat op St Helena gesit en houtboksies maak het, en ouma wat deur ‘n konsenstrasie kamp gekom het. Alles was teen die engelse gemik en oupa kon skaars “yes”en “no” op die regte oomblik se?

    Pa en ma se tydsgenote het hul eie gebreke onder die mat ingevee en al die druk op ons as kinders geplaas wie moes presteer om in die geselskap genoem te word. Met die intrapslag by familie en vriende moes almal eers op die “Tour de Kinders” gaan soos Lappe Laubscher dit graag noem.

    Sonder om hierdie ding nog langer uit te rek, dink ek jy sal verstaan dat ek probeer se dat dit steeds by ons gaan oor onsself en as ek dalk se dat jy net moet vra as ek kan help, bedoel ek met raad en so aan. Dit moet tog net nie enigiets kos of wegneem uit my reserves in die vrieskas nie!

    Ek dink nie ons was ooit opreg ondersteunend of meer as net empaties of figuurlik bekommerd nie? Natuurlik was daar die paar wat werklik omgegee het, maar hulle verteenwoordig die 40 aan wit-kant?

    Ek dink net dit gaan ‘n groot skuif weg van die mag van gewoonte neem om ons terug te kry waar ons gedink het ons was?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *