NASA mors geen geld om Mars toe te gaan

Op RSG se Facebook-blad is daar mense wat beweer dat NASA se program om Mars met die Curiosity te verken, ‘n “mors van geld” is. Daarop het ek só geantwoord:

Afrika het al een triljoen dollar aan hulpgeld verorber. As NASA nie Mars toe gaan nie, eindig die geld dalk op in een of ander Afrika-diktator se sak wat dit gaan gebruik om wapens te koop en mense dood te maak.

‘n Paar jaar gelede was daar ook ‘n wetenskapstentoonstelling hier in Jhb wat deur my kinders bygewoon is. Die Europese Unie het dit geborg, as ek reg onthou. Polities korrek, is daar net van swart gidse gebruik gemaak. Aan die einde van die tentoonstelling sê die gids so ewe: “Ja, al hierdie wetenskap is net ‘n mors van geld, hulle behoort die geld liewer vir ons te gee!”

Uit so ‘n ruimteprogam ontwikkel nuwe materiale, elektronika, kommunikasie en leer die mensdom soveel dinge by. Suid-Afrika behoort ook ‘n ruimteprogram te hê om ons kinders te prikkel om in wetenskap en wiskunde belang te stel. Pleks daarvan bestee ons R250 miljard aan onderwys per jaar waarvan die meeste verkwis word op amptenare, onderwysers wat nie werk nie of skoolboeke nie aflewer nie. Dis nou ‘n mors van geld as jy my vra. Of kindertoelaes wat op drank en selfone en uitgegee word.

Join the Conversation

3 Comments

  1. Ons is ontdekkers. Dit is in ons “bloed”.

    As ons vooruitgang van hierdie mense afgehang het was ons nog almal in grotte.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *