Wie is te blameer vir Suid-Afrikaanse ‘ongelykheid’?

FW de Klerk, Mamphela Ramphele en Tim du Plesssis het vandeesweek gekla oor die “ongelykheid” in Suid-Afrika, met die implikasie dat blankes en Afrikaners daarvoor verantwoordelik is.

Ek blameer die Britse administrasie van die 19de eeu asook die destydse swart hoofmanne wat nie skole gebou het nie. Eers onder Verwoerd as minister van naturellesake is daar daadwerklik iets aan swart onderwys gedoen, soos Hermann Giliomee onlangs geskryf het.

Die probleem is egter dat die gesanik oor apartheid – waaraan Naspers/Media24 natuurlik lustig meedoen – die verwagting by swartes skep dat hulle net bakhand moet staan en moet ontvang, by wyse van SEB, rassevoorkeure by aanstellings, ens.

Hoewel SA swartes reeds die rykste ter wêreld buite Amerika en ander Westerse lande is, glo hulle vas dat hulle “benadeel” is. Hulle vergelyk hulself ook met ons wie se kinders 6,5 uur per dag skoolgaan teenoor swart skole waar gemiddeld slegs 3 uur per dag onderrig gegee word. Daarmee saam gaan ‘n skrikwekkende demografie waar hul bevolking elke twintig of dertig jaar verdubbel.

Op die lang duur is daar geen vooruitsig dat “ongelykheid” gaan verdwyn nie, net so min as wat Swaziland ooit soos Switserland gaan word. Onlangs is Switserland weer aangewys as die mededingendste land ter wêreld, gevolg deur Singapoer. Suid-Afrika was natuurlik ver agter.

Die enigste oplossing is inderdaad territoriale skeiding sodat daar geen twyfel kan bestaan oor wie vir wie se ongelykheid of sukses verantwoordelik is nie. Tans ry die ANC op die rug van privaatsektor- en blanke belastings en verbeel hom hy is die nuwe koloniale moondheid in Afrika.

Ons word uitgebuit en dit moet ophou.

2 thoughts on “Wie is te blameer vir Suid-Afrikaanse ‘ongelykheid’?

  1. Tony Daniel

    The anc has employed the same methods as the Apartheid regime by degrading neighbouring countries e.g. Namibia, Botswana where there is more stability with the hope that they can get the favour of investors and donors. With a thriving economy the previous regime could afford to do so, but the anc has no ground to stand on as everything is now worse than 20 years ago….

  2. Chris

    Wat Blankes nie besef nie, is dat Gekleurde Nasies, regoor die hele wêreld, in 3,500 jaar nie landboukundig of argitektonies-industrieël, enige ontwikkeling getoon het nie, omdat die vloek van Kain op hulle rus vir PLAASMOORD. [Gen.4]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *