Guptas eis slegs blanke skoonmakers, kelners by Lost City

Die Indiese pierewaaiergesin, die Guptas, betaal R80 miljoen om die hele Lost City by Pilanesberg te bespreek. Die Guptas het egter ‘n voorwaarde gestel: “Ons wil slegs deur blankes bedien word. Daar moet ook blanke skoonmakers vir ons kamers wees.”

Personeel by Sun International het oor die afgelope dae kliphard gewerk om blanke personeel te herontplooi om aan die Guptas se rassevoorkeur gehoor te gee.

Iemand op die toneel het gesê: “Die Palace of the Lost City lyk soos ‘n afdelingswinkel uit die 1960s, slegs blanke personeel waar jy kyk.”

Maar geld praat. Vir die R80 miljoen ontvang die Guptas die eklusiewe gebruik van die weelderige vyfsterhotel by die Sun-City-hotel-en-casinokompleks, tesame met blanke bediening.

Een van die Gupta-seuns het blykbaar een van die blanke vroue met bier in die gesig gegooi, in so ‘n mate dat sy haar bewussyn verloor het. Besonderhede rondom die insident is nog nie bekend nie.

Twee aparte bronne het aan PRAAG bevestig dat die Lost City, benewens die blanke ondergeskiktes, lyk “asof ‘n Indiese inval plaasgevind het”. ‘n Polisiemag van etlike honderd man is ontplooi, maar die Guptas het van blanke beskermingsdienste gebruik gemaak.

Van die blanke veiligheidsgewagte het egter gemor omdat die polisie geëis het dat hulle hul handwapens in ‘n kluis moes laat toesluit. Hulle is ook een vir een gekontroleer wat hul ID-boekies en wapenlisensies betref. Foto’s is van elke privaatwapen geneem.

‘n Persoonlike beskermer met wie PRAAG gepraat het, het gevra: “Waarom word daar so op die wettige wapeneienaar gefokus? Waarom doen die SAPD nie soveel moeite om ander (belastingbetalende) burgers te beveilig soos hierdie Indiense besoekers nie?”

Volgens die privaatveiligheidsbeampte krioel dit van polisiemanne by die Sun-City-kompleks. “Jy moet die hoeveelheid polisie hier sien, tot die strate buite die kompleks is vol polisie! Dit dui net nog meer aan hoe belangrik hierdie familie vir mnr. Zuma moet wees.”

Cosatu in Noordwes het bevestig dat hul lede wat by Sun City werk, kla dat die Gupta-familie nie deur die swart personeel by die oord bedien wil word nie. ‘n Verklaring deur die provinsiale sekretaris van die vakbondfederasie, Solly Phetoe, lui soos volg:

“Hulle vereis dat hul dienste deur blanke personeel verrig moet word, vanaf die skoonmaak van hul kamers tot die voorbereiding van hul kos, asook die motorbestuurders wat hulle by die oord gebruik.”

Sapa berig dat Cosatu ook beswaar gemaak het dat die Gupta-familie voortdurend deur die polisie in staatsvoertuie begelei word.

Die nuusagentskap het nie vermeld of die Guptas insgelyks vereis het dat die polisiemanne blankes moet wees nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *