Brand Rapport! Die Boikot-Naspersbeweging kry momentum

Presies ‘n week gelede het ‘n Boikot-Naspers-groep spontaan op Facebook ontstaan wat binne enkele dae tot meer as 7000 lede toegeneem het. Dit sê iets oor die invloed van sosiale media en die internet dat mense durf om die magtige Naspers-mediagroep in Kaapstad só trompop te wil loop!

Hoewel daar ook goeie joernaliste by Naspersmedia soos Rapport, Beeld, Die Volksblad en KykNET is, kan ‘n mens nie anders as om dié boikot te ondersteun nie. Vele mense blameer vandag die haglike toestand wat in ons land heers op FW de Klerk se verraad, maar Naspers was ten minste ewe skuldig. Selfs toe dit vroeg-vroeg in 2000 duidelik geraak het dat ons land op die verkeerde pad was, het Naspers daarin volhard om naakte ANC-propaganda te publiseer met siek linkses soos Max du Preez op die voorpunt.

Die afgelope vyftien jaar of meer was daar ‘n sterk Afrikanerbeweging van besorgde mense wat ‘n alternatief vir die huidige dwingelandy wou skep. Vanweë ‘n gebrek aan enige media-ondersteuning, verkeer hierdie beweging egter nog in sy kinderskoene.

Vyftien verlore jare… Tienduisende van ons mense is vermoor, nog tienduisende krepeer vanweë regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, anti-wit rassisme, noem dit wat jy wil. En Naspers, wat deur ‘n kliek ou Afrikanerkruipers – Kruiperkaners! – uit die vorige bestel oorgeneem is, praat dit alles goed. Dis net rugby, krieket, seks, skinder en Madiba, voor en agter.

In die proses het mnr. Koos Bekker, die uitvoerende hoof van Naspers, skatryk geword. Hy het ook ‘n paar skyfies op ‘n gelukkige roulettenommer in Hong Kong verwed, in die vorm van die Chinese internetmaatskappy Tencent en daarmee Naspers se aandeelprys en sy eie rykdom in die stratosfeer in geloods.

Die ironie is dít: terwyl Naspers floreer, is die Afrikanervolk besig om te krepeer. Ons word verdruk, vermoor, verguis. Vanuit Groot Brittanje en Amerika word ons nou in ons magteloosheid éérs met propaganda geslaan. Dis asof die haatveldtog wat daar in die tagtigerjare deur kommuniste soos Joe Slovo en Ronnie Kasrils vanuit die buiteland teen ons gevoer is tans eers sy volle sterkte bereik.

Die Afrikaner is ‘n skurk! Laat hom verdwyn! Kill a Boer, kill a farmer! gil hulle aanmekaar. In die huidige peiling op die Praagwebwerf stem 93% van mense dat daar tans ‘n blanke volksmoord in ons land plaasvind.

Wat doen Naspers – die eertydse “Nasionale Pers” wat doer in 1915 gestig is om die Afrikanersaak in die wêreld te stel – hieromtrent? Ek sou kon antwoord: niks. Of: ‘n ronde nul. As Naspers nog niks gedoen of gesê het nie, sou ‘n mens dalk vir Koos Bekker en sy brigade mal liberale kon vergewe. Inteendeel, Naspers ignoreer nie net die haatveldtog teen Afrikaners nie: hy neem lustig daaraan deel!

Hoe het dit gekom dat ‘n persgroep wat gestig is om die Afrikanersaak te bevorder uiteindelik reëlreg die teenoorgestelde doen en Afrikanerondergang, -kultuurmoord (etnoside) en selfs -volksmoord (genoside) bepleit? Daaroor gaan historici nog boeke vol skryf.

Koos Bekker se Naspers het ‘n onding geword, ‘n bedreiging. Noem dit die Afrikaner se eie Frankenstein. Ons het gedink ons skep ‘n paar koerante soos Die Burger of Beeld of tydskrifte soos Die Huisgenoot of Sarie en toe kom daar ‘n grommende monster uit die laboratorium wat hand aan hand met die plaasmoordenaars woeker om ons te laat verdwyn. Een stel psigopate het ‘n broederskap met ander gevind: dié met penne en kameras werk saam met diegene wat met pangas, AK-47’s en tuinvurke gewapen is.

Enigeen wat nog daaraan twyfel of ons die totale Naspersgroep – elke koerant, elke tydskrif, DSTV, Boxoffice, de lot – behoort te boikot, hoef net vandag se rubriek deur die einste Max du Preez in Rapport te lees. Dit is suiwer ANC-propaganda. Nie die propaganda van die huidige Zoeloe-oorheersde ANC nie, maar die ANC van Slovo en sy Mandela-marionet. Zuma het ten minste die Afrikaner se bestaan as inheemse, blanke volk erken. Slovo en sy mede-marxiste wou hê dat ons van die aardbol verdwyn.

Net gister praat ek met ‘n bekende Britse joernalis by ‘n meer konserwatiewe koerant wat in die land is om Mandela se moontlik naderende einde te dek. Hy bekommer hom ook oor die toekoms van ons land, oor ‘n blanke volksmoord waaroor almal swyg.

Maar wat doen Max du Preez en Rapport? Volgens hulle is die gruweldade wat daar teen ons gepleeg word, die moorde op oumense, kinders, kleintjies soos Willemientjie Potgieter slegs ons “vervolgingswaan”. Die immer dom, dogmatiese Du Preez skryf in sy inleidende paragraaf:

“Die siening dat Nelson Mandela anders as ander swart mense is, sit agter die vervolgingswaan wat so baie wit mense laat glo het Nelson Mandela se dood gaan swart Suid-Afrikaners skielik in rasmoordenaars laat verander.”

Kennelik ontken Du Preez dat daar hoegenaamd rasmoordenaars in Suid-Afrika bestaan. Ons moet seker net op ons knieë gaan en die Heilige Mandela dank dat daar nie nog meer van ons en vinniger vermoor word nie.

Hy praat ook van “ons Suid-Afrikaners”. Dis nog ‘n Naspersgunsteling. Die Suid-Afrikanisme. Wie en wat is ‘n Suid-Afrikaner? In elk geval was Mandela net ‘n marionet vir Joe Slovo en Ronnie Kasrils wat hul terreurveldtogte vanuit Londen en Odessa, Sowjet-Unie (Ronnie het onlangs sy “Odessa Notebooks” aan Wits geskenk) beplan het.

Mandela se reklame is deur die Anglikaanse Kerk se Trevor Huddleston (die pedofiele priester) gehanteer wat uiteindelik Britse popsterre oortuig het om “Free Mandela” te begin sing. Soos ek dit in ‘n onlangse Engelse rubriek gestel het: “He was just the extra on the stage, the figurehead, the aged male model in his trademark gaudy shirts.”

Om lukraak figure uit die geskiedenis saam te flans en van hulle “Suid-Afrikaners” te maak – asof Jan Smuts en Oliver Tambo hoegenaamd iets in gemeen gehad het – is net so goed jy sê Napoleon en Lady Di was albei “Europese leiers” en daarom is daar ‘n “Europese volk” en moet Engeland en Frankryk ophou bestaan!

Afrikaans en die Afrikaner sal hierdie misdadige, korrupte en gewelddadige bestel oorleef. Max du Preez en wie ook al dit goed dink om hom in Rapport te laat skryf, is horende doof en siende blind. Dalk moet iemand egter met ‘n megafoon in sy ore gaan skree: “Julle ‘Suid-Afrikaners’ – ook dié met gekoopte ID’s wat net oor die grens loop – steel te veel, moor te veel, aanvaar te veel omkoopgeld en is te dom, vet, lelik en vermetel om ooit op enige volkskap aanspraak te maak.”

Die tyd het gekom om Naspers, Max du Preez en die Suid-Afrika wat hulle fanaties propageer, af te skryf.

Die rebelse Afrikaanse rockgroep FPK sing in een van hul liedjies onder andere oor die Ossewa-Brandwag, met die refrein: “Brand Suid-Afrika!”

Eintlik wil hulle sê: Suid-Afrika brand reeds, daarom kan ons dit maar net sowel afbrand en van nuuts af aan begin. Dit geld ook die “Suid-Afrikaanse” persgroep van Koos Bekker wat sy ANC-ideologie en sy afkeer van die Afrikaner elke dag in ons kele afdruk.

Tydens my gesprek met die Britse joernalis gister, vertel ek hom dat Rapport my destyds in Augustus 2003 summier as rubriekskrywer afgedank het omdat ek ‘n provokatiewe rubriek oor swart-op-wit geweld, veral op babas, geskryf het. “Maar is die rubriek in die koerant gepubliseer?” vra die Britse besoeker. “Nee,” antwoord ek, “ek is afgedank nog voor dit gepubliseer is en is agterna nooit weer toegelaat om ‘n rubriek in Rapport te skryf nie.”

Hy kon net sy kop in ongeloof skud. Selfs in polities korrekte Brittanje waar die BCC en die linksliberale Guardian die septer swaai, sou so iets nooit gebeur nie. Kortom, Rapport, Naspers, Koos Bekker en die hele kohort Kruiperkaners, het geen benul van spraakvryheid nie. Hulle is erger as die sensors van weleer.

Want destyds het sensuur oor sterretjies op vroueborste in die Scope gegaan. Vandag gaan sensuur oor menselewens, oor moorde op kinders, oumense en ander weerloses.

En is die sensor wat die nuus en die debat daaroor onderdruk, nie ook ewe skuldig as die dader nie? Naspers vertel ons al twintig jaar lank van ons apartheidskuld. Maar wat van sy volksmoordskuld wat van dag tot dag met elke nuwe moord of gruweldaad ophoop?

Medepligtig aan Afrikanervolksmoord. Moontlik sal dit eendag op Naspers se grafsteen geskrywe staan.

Naspers se onetiese gedrag eindig egter nie by sy medepligtigheid aan die huidige volksmoord nie. Oor die afgelope tien jaar het van hulle joernaliste aanhoudend lasterlike inligting oor my versprei en my as ‘n verregse rassis probeer etiketteer. Nietemin het ek in die howe en by die Persombudsman teruggeveg. In een van sy uitsprake het die Adjunkpersombudsman, dr. Johan Retief, bevind dat Naspers se onbillike, lasterlike beriggewing oor my “kumulatiewe skade aanrig”.

Tydens die lastersaak tussen my en DIe Burger se adjunkredakteur, Leopold Scholtz, het hy so ver gegaan om onder eed te lieg dat ek kwansuis rassistiese aanmerkings teenoor ‘n medepassasier sou gemaak het.

Almal sien egter nie kans om terug te baklei nie. Vele mense aanvaar gedweë dié onetiese gedrag van die Nasperskoerante, asook hul ootreding van sowel die lasterwette as die Perskode. Met hulle mediamonopolie in Afrikaans, voer hulle ‘n skrikbewind onder Afrikaners. Elke sanger, skrywer, akteur en akademikus vrees Naspers wat hulle loopbane in ‘n oogwink kan vernietig, dus gaan niemand hulle teë nie.

Ons by PRAAG het egter ‘n alternatief geskep met twee webblaaie, een in Afrikaans en een in Engels wat met ‘n klein bietjie meer steun in die vorm van lesers en ‘n paar debietorders tot ‘n magtige wapen teen Naspers kan groei. Dit gebeur baie dat ons vars nuusartikels op Praag.org plaas nog voor dit op News24 verskyn; nietemin lees almal steeds News24. Waarom? Ons het fantastiese rubriekskrywers op praag.co.za in Afrikaans soos Manfred Delport, Gustav Venter, Leon Lemmer en ander wat beter as enigiemand op Naspers se webwerwe skryf. Bowenal is ons pro-Afrikaner, anders as Naspers wat anti-Afrikaner is. Uiteindelik wil Naspers sien dat ons volk verdwyn en dat ons ‘n geradbraakte Engfrikaans begin praat soos hulle soms ook op KykNET bevorder.

Die vraag is: is ons regtig daartoe verbind om ons rug op Naspers te keer soos wat Naspers reeds jare gelede sy rug op ons volk gekeer het? Naspers se kommentators verlekker hulle in die magteloosheid en lyding van ons mense. Hulle werk volgens die beginsel wat die Engelse koerante destyds gebruik het, van: “Hoe meer jy die Afrikaner beledig, hoe meer koop hy jou koerant om dit te sien en kwaad te word.”

Ek het geruime tyds reeds geen DSTV meer nie. Vir dieselfde geld per maand kan mens ‘n onbeperkte internetverbinding betaal en gratis soveel flieks en YouTube-video’s kyk as wat jy wil. Jy kan net nie rugby kyk nie. Ons pa’s en oupas het egter die rugby oor die radio net so geniet en soms word dit ook op SABC uitgesaai. Gaan ons aanhou om ons siele vir rugby te verkoop en Koos Bekker nog ryker te maak as wat hy reeds is?

Ons kan die ANC nie uitstem nie, maar ons kan Naspers uit ons huise uitkry. Dit sal die eerste stap na vryheid wees, want as ons nie meer vir hul propaganda betaal nie, sal hulle dit ook nie meer versprei nie.

Dalk moet FPK nog ‘n strofe by hul liedjie voeg: “Brand Rapport!”

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *