Lesers, adverteerders en media

Enkele gedagtes oor die stand van media in Afrikaans. Nou die dag was daar ‘n berig oor reklamebesteding op digitale media in Suid-Afrika. Dit is net 2%! Dít, teenoor 35% in die VSA. Ook word advertensiemaatskappye beoordeel, nie op die hoeveelheid produkte wat die advertensie verkoop nie, maar op die “toekennings” wat hulle jaarliks ontvang. Dit verklaar waarom daar soveel politiek in die advertensies is.

Wie is uiteindelik Beeld, Rapport, Huisgenoot, ens. se kliënte? Nie die lesers nie, maar die adverteerders, want hulle word deur laasgenoemde betaal. Daarom skryf Naspers berigte waarvan hulle dink dat die adverteerders sal hou. Die lesers is net “oogballe” wat hulle aan die adverteerders verkoop.

Adverteerders en groot maatskappye steur hulle dus grootliks nie aan die internet nie, maar betaal groot somme geld vir gedrukte advertensies of TV- en radioreklame waarvan hulle nie eens die uitwerking kan bepaal nie.

Dit skep vir ons ‘n geleentheid om ‘n nuwe mediamodel in Afrikaans te skep wat nie van adverteerders en advertensiemaatskappye wat ‘n vorm van linkse politiek bedryf, afhanklik is nie. Ons sal deur die lesers ondersteun word, omdat ons die belang van die lesers dien en nie dié van die adverteerders nie.

Natuurlik sal Naspers ook op ‘n dag die belang van lesers insien as hulle geen meer “oogballe” het om te verkoop nie. Maar dan gaan dit te laat wees en hul invloed in Afrikaans, wat reeds byna 100 jaar oud is, sal ten einde loop.

Soos hulle sê: Diegene wat die gode wil vernietig, maak hulle eers arrogant. Naspers is seker die arrogantste maatskappy in die ganse Suid-Afrika!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *