ANC en DA is kop in een mus met rasstellende aksie

Me. Helen Zille se artikel in Beeld oor “rasstellende aksie”, soos dit deesdae in die volksmond bekendstaan, toon aan hoe die DA se môre- en aandpraatjies nie ooreenkom nie. Is die DA nie die party wat vir sogenaamde “breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging” in die parlement gestem het nie?

Die regulasies van minister Mildred Oliphant verteenwoordig bloot die logiese uitvloeisel van die anti-wit arbeidsbeleid wat die DA ondersteun.

Zille se koloniale onderrok hang ook ver uit as sy onsmaaklike vergelykings tussen ANC-beleid en dié van dr. Verwoerd tref. Waar op aarde het Verwoerd ooit aan maatskappye voorgeskryf wie hulle in diens mag neem en wie nie? Werkreservering in die ou Suid-Afrika is terug te voer na die 1922-staking toe dit deur die veel geprese Suid-Afrikaanse Kommunisteparty met sy destydse slagspreuk van “Werkers verenig vir ‘n wit Suid-Afrika” geëis is. Dit was egter bloot van toepassing op 7% van beroepskategorieë, hoofsaaklik op die myne, en kan nie met die huidige, totalitêre sosiogeniëring van die twee radikaal linkse partye, die ANC en DA, vergelyk word nie.

‘n Voormalige DA-LP, die omroeper Niekie van den Berg, het onlangs op KykNET gesê: “Die DA is nou die party van benadeling.” Volgens hom is dit internet DA-beleid om “van ons middeljarige blanke mense ontslae te raak”.

Indien die DA van blankes en veral blanke mans in sy eie geledere ontslae wil raak, is dit mos net logies dat hy dieselfde beleid in die SA ekonomie sal ondersteun, nie waar nie? Dít het hy inderdaad met sy stem vir breedgebaseerde SEB bewys.

Terwyl me. Zille met haar snedige verwysings na Verwoerd haar ongeneeslike Boerehaat demonstreer, hou sy aan om die historiese ANC as ‘n “eens eerbare organisasie” te bestempel. Wanneer was die ANC ooit eerbaar? Toe dit met die Sowjetunie en Oos-Duitsland saamgespan het om onskuldige burgerlikes in ons land te vermoor? Dink maar aan die Kerkstraat- en Amanzimtoti-bomme. Of toe die ANC- en SAKP-leiers ná hul besoek aan Viëtnam in 1978 op die swart-op-swart terreurveldtog bekend as “people’s war” besluit het? Lees gerus dr. Anthea Jeffery se lywige boek hieroor.

Die DA en die ANC is kop in een mus as dit by die etniese reiniging van minderheidsgroepe uit die arbeidsmark kom.

‘n Nuwe visie is nodig om ‘n einde aan geweld en rassekwotas te maak. Slegs Front Nasionaal se beleid van kulturele outonomie en selfbeskikking kan Suid-Afrika van gewisse ondergang red.

Dr. Dan Roodt
Onderleier, Front Nasionaal

1 Comment

Filed under Briewe en polemieke

One Response to ANC en DA is kop in een mus met rasstellende aksie

  1. Johan Wiggill

    Vereenselwig my ten volle met jou mening. Dit gaan ook verder met betrekking tot voorkeur van assosiasie. Ek wil assosieer met my eie waar dit gaan oor dienste, besigheid, sosiale lewe, ens. Met grense is respek en erkenning van ander gewoontes en kulture vanselfsprekend. Nie noodwendig goedkeuring daarvan nie. Hoop Front Nasionaal kry momentum en groot ondersteuning uit Afrikaner geledere. Selfbeskikking is ‘n wye konsep en die algemene begrip daarvan is beperk tot ‘n Orania tipe model. Die gemiddelde Afrikaner is uiters frustreerd en bekommerd oor die toekoms en wil duidelikheid hê oor opsies en die bereikbaarheid daarvan. FN voldoen aan my verwagting omdat ek die selfbeskikkingskonsep ken. Dit is al retories maar die identifisering van lewensvatbare grondgebied as uiteindelike doel is essensieël in die aanloop vir selfbeskikking. Tydens die aanloop kan selfs interne selfbeskikkingssuksesse as interim maatreël sekere kulturele en ekonomiese verwagtinge bevredig. Eksterne selfbeskikking is egter die enigste oplossing vir Afrikaners en die wat met die Afrikaner kultuur identifiseer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>