Waarom bly Engelse dan hier as Engeland soveel beter is?

Ene Gerry skryf op Daily Maverick se kommentaarblad die volgende:

I have little time for right-wing Afrikaner reactionaries who think more with their emotions than their reason – Remember Steve infamously “drowning” his U2 tickets in the jukskei because Bono said something? Steve is ‘n poephol.

But by the same token, as an Afrikaner, I do get the feeling we are a bit marginalised. The mere fact that I’m a White Afrikaans Male makes me de-facto unemployable. I’m the most hated demographic in SA, and it seems okay to be hated. I have to put up with a lot of vitriol, both overt and covert, because of my Afirkaner status. We’re always the butt end of a joke. when there is a TV or radio ad where some guy needs to be shown to be “dof” its always the Afrikaner – even FNB’s “beep” bank ads now has a fall guy named Fanie. but that’s okay, I can handle it, because I do have a sense of humour.

Maybe the Afrikaans novels and music festivals take place not as a highlight of “hey, were doing okay”, but more a panicked situation of “we need to get together here because we’re under threat”. I feel that way sometimes. Is it perception or fact? I do not know. but it IS perception, it is certainly my reality. but just because I share a sentiment with Steve that Afrikaans is under threat, I do not share his actions and thoughts on the matter.

At the end of the day, I’m a pragmatist, and when a species comes to its evolutionary end, it needs to be allowed to go extinct. No use keeping things artificially alive that Darwin would have killed off years ago if not for left-wig-feel-good best intentions – if its time for something to die, then its time, and I feel that way about Afrikaans as well. I’m an Afrikaner, but I don’t hold any emotional bond to my language and god forbid, the cringe-worthy (white) Afrikaner culture. In fact, the sooner we forget about volkspele and die Vlaglied, the better. Trompie books can stay though!

Ou Gerry, ek kan sien dit krap-krap so daar in jou frontale lobbe waar jare se propaganda jou neokorteks beset, maar iewers praat jou breinstam (die reptielbrein) met jou want jy besef jy is as blanke Afrikaanse man dalk ‘n teiken.

Wat het jy teen volkspele? Ek het op skool volkspele gedoen en dit was groot pret. Vele Europese volkere hou van hul volksdanse en volksdrag. Die Skotse mans dra aanmekaar hul rokkies en daar is selfs Skotse (“Keltiese”) rock-groepe wat dit op die verhoog dra!

Die koningin van Swede, ‘n baie linkse land wat hoofsaaklik deur feministiese vroue geregeer word, dra ook gereeld haar kappie en volksdrag. Dis net ons wat jare lank deur ‘n spul sadistiese, haatdraende Engelse in dié land gebreinspoel is, wat dit as ‘n “probleem” sien. Die Engelse het niks: geen kultuur, geen identiteit, geen geskiedenis om op trots te wees nie, behalwe miskien die slag van Agincourt maar dit het op 25 Oktober 1415 plaasgevind, dus amper 600 jaar gelede.

Wat jou onsinnige “Darwiniaanse” opmerking betref. Indien daar vrye mededinging was, het ons beheer oor al ons belastings gehad, die Engelse oor hulle s’n en die swartes oor hulle s’n. Ons Afrikaanse skole en universiteite sou nog baie beter gewees het as wat hulle reeds is en ons sou waarskynlik bo aan die hiërargie in Suid-Afrika geëindig het, nes die verloorders van die tweede wêreldoorlog, die Duitsers, tans in die Europese Unie.

Pleks daarvan gebruik die Rooinekgespuis – alle Engelse is nie sleg nie, maar die liberale, Boerehaattipe verdien daardie benaming – moralisme, propaganda en ‘n sielkundige oorlog om ons te probeer beheer sodat ons kan ondergaan en hulle kan seëvier. Reeds werk ons mense kliphard om Engels en die verdomde Britse Ryk in dié land te bestendig!

As jy “nie ‘n emosionele band met jou taal het nie”, het jy reeds gesneuwel. Afrikaans is die mooiste taal wat daar is en as ek die tyd kry, sal ek taalkundig bewys waarom dit eens op ‘n tyd, tussen 1300 en 1600, ‘n wêreldtaal was. As Afrikaans sou moes verdwyn, sal dit ‘n baie groot slag vir ons beskawing wees en sal die laaste weerstand teen imperiale Engels ook in ander lande begin verkrummel. Die kulturele uitwissing wat sou volg, sou die hele aardbol in ‘n krisis dompel en mag tot ‘n nuwe primitiwisme lei soos wat sommige wetenskapfiksieskrywers al beskryf het. Dis lewensbelangrik dat Afrikaans moet oorleef. Ruk jou reg, luister ‘n paar Afrikaanse liedjies of lees weer die Groot Verseboek of ‘n mooi Afrikaanse roman. Kyk op YouTube, daar is baie Afrikaanse musiek sommer gratis beskikbaar.

Ons moet ons eie bank begin en al ons geld van die FNB’s, ABSA’s, ens., wegvat wat met anti-Afrikaanse propaganda is. Dit gáán gebeur, hou maar dop!

Dus steur jou nie aan ‘n klomp dom Engelse nie; hulle weet niks, ken net een taal en leef in hul eie klein “eggokamer” waarin almal verhewe en “beter as” alle Afrikaners, Duitsers, Franse, Russe, Italianers en wie ook al voel. Vra jouself egter die volgende vrae af:

1. Ry Engelse dalk Engelse karre?
2. As dit soveel beter in Engeland as in ons veel verguisde “apartheidsland” is, waarom woon hulle nie dáár nie, maar hier tussen ons?

By implikasie ag hulle ‘n wonderlike Engelse lewe in Engeland laer as ‘n bestaan hier te lande waar hulle blootgestel word aan alles wat hulle harstogtelik haat, soos:

  • Steve Hofmeyr en ander Afrikaanse sangers
  • boerewors
  • koeksisters
  • melktert
  • plekname soos Braamfontein of Hoedspruit
  • Die Stem
  • gemmerbier
  • biltong
  • die poësie van Opperman of Van Wyk Louw
  • die Voortrekkermonument
  • die Taalmonument
  • die drie Afrikaanse susterskerke wat oor die hele land vervuil is
  • konsentrasiekampkerkhowe dwarsoor die land waarin hulle herinner word watse massamoordenaars hulle is
  • skilderye van Pierneef, Bettie Cilliers-Barnard, ens.
  • moderne argitektuur deur ‘n swetterjoel Afrikanerargitekte wat hul prins Charles as “fascisties” beskou
  • die Krugerwildtuin waarvan hulle die naam nog nie kon verander nie
  • Pretoria waar jy Afrikaans op straat en in kafees en winkels kan hoor

Dink nou bietjie mooi: as dit soveel beter in Engeland was, sou hulle nie al lankal “home” toe gegaan het nie?

Join the Conversation

1 Comment

  1. Doen net jou deel wanneer jy ‘n winkel instap en in Engels aangespreek word met “Can I help you”. Antwoord beleefd soos dit ‘n Afrikaner pas – “yes please, you can help me in Afrikaans! As alle Afrikaners dit doen en nie “beleefd” kapituleer na Engels nie sal dit ons taal ‘n hupstoot gee. En as ons die horde engelse selfoon uitnodigings om produkte te koop in Afrikaans be-antwoord, sal dit miskien iewers ‘n klokkie begin lui.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *