Piet Croucamp teem weer oor apartheid

Piet Croucamp het ‘n weerlose vroue-akademikus uit haar werk en uit die land geboelie; nou teem hy oor Afrikaners wat kastig mense “boelie”. Dít alles terwyl ons vermoor, verkrag en teen gediskrimineer word!

Croucamp skryf:

Die 4 700 sterftes wat direk toegeskryf word aan die geweld van apartheid, klink nietig in die konteks van die honderdduisende vermoordes in Argentinië en Mexiko of die massagrafte van Bosnië.

Die dood van mense en die geweld van die verlede kan nie as onbelangrik afgemaak word nie, maar die werklike skade van apartheid lê dalk nie in begraafplase nie. Die vernietiging van gesinstrukture, die verwoesting van die mees natuurlike vorm van orde tussen mense is die kern van die misdadige gedrog wat ons teister.

In sy jeremiade oor ons “bose verlede” waartydens ons miljarde van ons destydse rande (wat sterker as die dollar was) op swart gesondheid, ontwikkeling en onderwys bestee het, vermeld hy nêrens dat Slovo, Kasrils, Bernstein, Goldberg en natuurlik hul buiksprekerpop, Mandela, vrylik terreur teen onskuldige mense in ons land gepleeg het nie. Gaan google die Kerkstraatbom, Amanzimtoti-bom, ens. Terreur is ‘n internasionale misdaad.

Daar was ook nie 4700 sterftes weens apartheid nie, maar iets nader aan 500 wat deur die destydse polisie en veiligheidsmagte oor 40 jaar gedood is, dikwels uit selfverdediging of om verdere doodslag en geweldpleging te voorkom. Dis die syfer wat in die bevooroordeelde verslag van die Waarheids- en versoeningskommissie (WVK) staan. Vandag sterf daar elke dag 77 mense weens moord of strafbare manslag in ons land; daar word dus elke week soveel mense vermoor as wat die polisie oor 40 jaar van apartheid gedood het!

Ons is allermins verantwoordelik vir die gebrek aan swart kerngesinne. Daar was nog altyd poligamie en uitgebreide gesinne onder swartes, wat nie ‘n goeie stelsel is om jou kinders vir deelname aan ‘n moderne ekonomie voor te berei nie. Die wonderlike koloniale mynhuise wat ons land se minerale rykdom ten behoewe van meesal Britse aandeelhouers ontgin het, het eerste begin om die trekarbeidstelsel te vestig. Pietman deel sy links-liberale ideologie met hulle. Hulle is ewe skynheilig in die sin dat die mynhuise eers die Progs en toe die ANC se oorname geborg het.

FW de Klerk en Roelf Meyer het ons liederlik verraai en die “ja”-stem misbruik om eenvoudig boedel oor te gee, pleks daarvan dat hulle onderhandel het. Toe eindig ons as vreemdelinge in ons eie land op. Wat tans gebeur, is dat Afrikaners besig is om hulle te suiwer van verraaiers in eie geledere. Ons by PRAAG voer die stryd, nie met terreur soos Slovo en Mandela nie, maar binne die grondwet en aanvaarbare internasionale norme, al stem ons nie met die gebrekkige grondwet saam nie. Ons politieke leiers en koerantredakteurs het ons verraai, maar ons het sangers soos Steve Hofmeyr en Bok van Blerk, asook skrywers, denkers en internetaktiviste wat die volk uit hierdie Egipteland sal lei.

Raak deel van die beweging en verwerp dié soort propaganda met die minagting wat dit verdien.

Pietman bid by oorle Joe Slovo se Rooi Altaar, terwyl hy Christene en Afrikaners op die grofste manier denkbaar vloek en beledig. Hy en Malema is van dieselfde stoffasie, behalwe dat Malema beter maniere het. As u my nie glo nie, luister gerus na Piet Croucamp vloek sy weg deur ‘n debat oor die bestaan van God.

Join the Conversation

1 Comment

  1. Slimmer as ons wêreldbekende teoloë. Sy drif en taalgebruik vertel die hele verhaal. Ten minste is Richard Dawkins se taalgebruik beskaafd en hoor ek hom nie vuil woorde uitspreek nie, al is sy oortuigings heel anti-skriftelik en laat hy net soos Piet geen ruimte vir geloof nie. Ek kan my nie indink dat hooggeleerdes die bybel afskryf en nie in ag neem hoe lank die Woord al bestaan en dat dit vandag steeds nog die onderwerp van debat is nie. Geen ander boek lok soveel kommentaar oor dekades uit nie. Sê dit niks vir Piet nie?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *