Anders as polities korrektes, skel ek niemand uit

Nee wat, Waldimar Pelser, ek noem niemand name nie. Ek gebruik net die name waarop mense self trots is. Was Bram Fischer en Joe Slovo nie trotse kommuniste nie? Waarom sou ons hulle anders noem? Net so is daar vele mense in ons land wat Anglomane is en Engels op alle gebiede wil sien oorheers of swart nasionaliste soos Malema en sy EFF-party; om hulle te beskryf, is geen naamnoemery nie.

Daarteenoor verloor die hoofstroommedia (HSM) nes in die VSA en elders gedurig geloofwaardigheid omdat hulle juis betrokke is by naamskendingsveldtogte. Dis opvallend watter simpatie daar by die gedrukte koerante vir die vervelige Conrad Koch-mannetjie bestaan terwyl hy ‘n liederlike vloeker en lasteraar is wat juis vir Steve Hofmeyr probeer afkraak en as “rassis” etiketteer. Koch dink hy is bokant die wet verhewe omdat hy polities korrek is.

Die woord “rassis” begin waar denke ophou en dis die vernaamste wapen in die arsenaal van die polities korrekte nie-denkers in ons land. Mense het eenvoudig geen benul wat ras is, hoe die rasse verskil en waar die wetenskap daarmee op pad is nie. Nietemin word dit aanmekaar as uitskelterm gebruik deur al wat dooieboomjoernalis is, ‘n bietjie soos die studente van die Noordwes-universiteit “Nazi’s” genoem word as hulle so bietjie hul hande in die lug waai. Die helfte van die aarde se bevolking is met daardie maatstaf “nazisties”.

Join the Conversation

1 Comment

  1. Jy kan maar ook verwys na vuilbek Afrikaanse liberale “verteenwoordigers” wat soos onlangs op Twitter Pieter Mulder van die VryheidsFront Plus verteenwoordig, met sy implisiete goedkeuring. Dit maak my moedeloos dat die ouens nie ‘n benul het wat aangaan nie. Onlangs is wetenskaplike toetse aanduidend nie net van ras nie, maar ook van breinverskille tussen self-erkende liberale en konserwatiewe studente. Dit impliseer nie noodwendig dat sulke kondisies geneties voortplant nie, maar miskien eerder dat dit gedurende opvoeding gevestig word. Dit maak ongelukkkig die gemeenskapsblik oop met die vraag – hoe is liberale mense opgevoed dat hulle sulke vuilbekke is?

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *