Rapport en Afrikaans se joernalistieke krisis

Die afgelope naweek het Rapport bekendgemaak dat hy sy internetuitgawe later beskikbaar stel in ‘n poging om vas te stel of die sirkulasie van die koerant se papieruitgawe deur die aanlynweergawe beïnvloed word.

Ook is die koerant se internetlesers in ‘n opname gevra of hulle bereid sou wees “om vir Rapport se aanlyn-inhoud te betaal”. Agt-en-tagtig persent van die aanlynlesers het egter geantwoord dat hulle nie bereid is om te betaal nie.

As ek eerlik moet wees, sal ek ook nie vir Rapport betaal nie, hetsy op papier, hetsy op my rekenaarskerm. Benewens sensasionele berigte oor Steve Hofmeyr se owerspel en foto’s van Saterdag se rugby, bevat Rapport geen nuus wat my as opgevoede Afrikanerleser interesseer nie.

Dan praat ek nie eens van die koerant se redaksionele kommentaar in die vorm van hoofartikels en rubriekskrywers nie. Daar is die Snotkop Jan-Jan Joubert wat eers ‘n Mbeki-bewonderaar was en deesdae ‘n soort adolessente aanbidding vir Helen Zille koester. Die goue draad van Snotkop Joubert se oppervlakkige, onintelligente menings is egter sy afkeer van alles wat van die Afrikaner is: ons geskiedenis, Standaardafrikaans, die gedagte dat ons oor taal-, kultuur- of minderheidsregte mag beskik.

‘n Ander weeklikse rubriekskrywer in Rapport is Daggakop Kombuis. Onlangs het ek al menige artikel gelees waarin daar beweer word dat blootstelling aan dagga en ander dwelms permanente breinskade tot gevolg het. Daar is ‘n soort ligsinnigheid omtrent hom wat spreek van ‘n verwronge werklikheidsbesef. Hoe meer geweldsmisdaad daar in Suid-Afrika gepleeg word en hoe meer ons infrastruktuur in duie stort, hoe meer juig Koos Kombuis oor “demokrasie” en “vryheid”. Vir hom is daar geen verskil tussen ‘n rockkonsert en ‘n verkiesing nie; albei is vorme van massavermaak wat met ‘n bottel Tassenberg geniet kan word. Dat Rapport hoegenaamd kans sien om Koos Kombuis as ‘n politieke kommentator aan te bied, toon dat die koerant insgelyks sy kontak met die werklikheid kwyt is.

Asof ‘n Snotkop en ‘n Daggakop nie genoeg is nie, vergas Rapport ons ook op die halfgebakte skrywes van die Warkop Andries (alias Roof) Bezuidenhout. Benewens rocksanger, is Roof ook dosent of navorser aan Wits in ‘n geesteswetenskaplike dissipline. As iemand wat self aan Wits gestudeer het in die dae toe daar nog toelatingsvereistes was, kan ek getuig van die mate waartoe die geesteswetenskappe in daardie tyd reeds gerysmier is deur ‘n bonte versameling malles wat onder die vaandels van Marxisme, Feminisme en Afrikanisme die res van die samelewing as boos beskou het. Wits het nooit die ineenstorting van die Berlynse muur oorkom nie en sedertdien gryp die toenemend gehawende groepie sosioloë, politieke wetenskaplikes en literatore aan daardie universiteit na al hoe meer vergesogte teorieë en linkse clichés wat Robert Mugage na ‘n groot wysgeer laat voorkom. Roof voel hom vir seker tuis by Wits en tussen die blaaie van Rapport waar hy, die Warkop, geredelik saam met Snotkop en Daggakop deelneem aan allerlei klagtes en beledigings teen die normale, heteroseksuele en boonop blanke Afrikaner wat die meerderheid van Rapport se lesers verteenwoordig.

Dan is daar nog, les bes, Jakes Gerwel, wat al odes aan die Kommunistiese Party in Rapport geskryf het en blykbaar letterlik in trane uitgebars het toe die skare vanuit Oos-Berlyn in 1989 oor die Glienickebrug gestroom het sonder dat die destydse Oos-Duitse muurskieters op hulle geskiet het om hulle in hul werkersparadys gevange te hou. Ek sou Jakes Gerwel seker Kroeskop kon noem, maar netnou word ek van rassisme beskuldig. Noem hom dan maar eerder Rooikop, wat nie die kleur van sy hare uitdruk nie, maar wel sy matelose bewondering vir alles wat met die SAKP en ANC te make het. Trouens, elkeen van sy stukke kommentaar in Rapport gaan gewoonlik oor een of ander figuur in die SAKP of ANC wat ons eer en agting verdien. Waarskynlik is hy die enigste kaartdraende lid van die ANC wat sowel ‘n aanhanger van Thabo Mbeki as Jacob Zuma is, want hy koester ‘n kinderlike bewondering vir albei. Hy is ook alewig besig met “nasiebou” en om alles in dié droewe land goed te praat. Elke donker wolk het sy silwer randjie en as jy gister in jou huis aangeval is of daar is ontlasting in Sannieshof se drinkwater, onthou net: dis ‘n voorreg om deur die groot leiers van die ANC en SAKP regeer te word.

Voeg hierby nog Christi van der Westhuizen, Mad Max du Preez en ander Afrikanerhaters wat meer of minder gereeld in Rapport hul ekstremistiese menings lug en dis duidelik dat die koerant oor ‘n doodswens beskik, ten minste wat sy sirkulasie betref. Sedert die heengaan van die ewe ultralinkse Insig, swerf ‘n bepaalde groepie Kaapse joernaliste egter van een Afrikaanse publikasie na die ander rond op soek na nog ‘n platform van waar hulle die Afrikanerpubliek kan beledig en slegsê.

Volgens Chris Louw beskik Harald Pakendorf oor die onderskeiding dat hy nie minder as vier Afrikaanse koerante “toegemaak het” nie. Liza Albrecht, die redaktrise van Rapport, is duidelik van plan om Pakendorf se rekord te oortref en vermoedelik daal die sirkulasie van die grootste en enigste Afrikaanse Sondagkoerant reeds. Albrecht het haar tande geslyp by die bylaag “By” waar Max du Preez, Christi van der Westhuizen en enigeen wat van Karl Marx, Andrea Dworkin en Carlos die Jakkals hou, welkom is om die kolomme vol te maak. Die voordeel van “By” is natuurlik dat kopers van Beeld, Die Burger en Volksblad dit as ‘n bylaag ontvang en dus maar verlief met die inhoud moet neem. Niemand sal ‘n sent daarvoor betaal nie.

Eintlik kan mens nie sê dat Liza Albrecht “uit voeling” met haar lesers is nie. Sy weet min of meer waarvan hulle hou – en gee hulle presies die teenoorgestelde. Die aanslag van Rapport – en van By – is dat Snotkop, Daggakop, Warkop, Rooikop en al die ander -koppe oor ‘n soort vrypas beskik om die Afrikanerlesers van dié publikasies week vir week te beskuldig, af te kraak en te demoraliseer. Enigiemand wat homself ‘n Afrikaner noem, is per definisie ‘n rassis en elkeen wat van skoon drinkwater hou, is ‘n Nazi wat nie die noodsaak vir diversiteit en transformasie wil erken nie.

Toevallig sien ek so pas raak dat Liza Albrecht oor ‘n Twitter-profiel beskik. Ja, reg geraai, sy beskryf haarself, nogal in die Rooitaal, as: “I’m the editor of an Afrikaans newspaper in South Africa.” Ene Jannie Momberg, redakteur van News24, ‘n volgeling van haar op Twitter, het beswaar teen die gebruik van blankes met blonde hare op die Vryheidsfront Plus se verkiesingsplakkate.

Ek vermoed Liza Albrecht het ook ‘n beswaar teen die ras en haarkleur, asook taalvoorkeur, van haar lesers. Vandaar haar veldtog om Rapport te herposisioneer as ‘n byderwetse, linkse, regstellende-aksiekoerant wat iewers in die toekoms met City Press gaan saamsmelt om net in Engels te verskyn.

Liza Albrecht en haar medejoernaliste – of eerder: -propagandiste – sal seker altyd werk hê. Immers is hulle konformiste wat bloot die heersende ideologie wat vanaf die ANC-beheerde SAUK se kassie uitgebasuin word, aanhang en in Afrikaans aan die dom Boere wat steeds aanhou om Afrikaanse koerante te koop, opdis. As Rapport weens sy grondige minagting vir sy eie Afrikanerlesers ophou bestaan, sal Albrecht vir News24, City Press of enige ander publikasie in die Naspersstal gaan werk.

Die tragedie vir Afrikaans lê daarin dat dít wat vir die “editor of an Afrikaans newspaper in South Africa” net nog ‘n werk is, waarskynlik vir die voortbestaan van ons taal, selfs ons fisieke voortbestaan in dié land, van wesentlike belang is.

Die internet gaan in die nabye toekoms die leemte vul wat deur kwynende Afrikaanse koerante soos Rapport gelaat gaan word. Allerlei “alternatiewe Afrikaanse media” wat grotendeels aan die dwangbuis van politieke korrektheid en konformisme ontkom, bestaan reeds op die wêreldwye web. Maar vir die afsienbare toekoms gaan daar steeds mense wees wat, hetsy nie oor rekenaars beskik nie, hetsy verkies om hul nuus op papier te lees.

Ek kan voorsien dat, soos wat publikasies soos Rapport saam met hul ANC-ideologie oor die afgrond stort, ons ook met omsigtigheid alternatiewe op papier gaan skep. Daar bestaan allerlei streeks-, gemeenskaps- en partykoerante in Afrikaans wat met ‘n bietjie verbeelding gekonsolideer kan word om ‘n alternatief vir Rapport in gedrukte vorm te bied.

In so ‘n geval sal die heengaan van Rapport, jou anti-Afrikanerkoerant op ‘n Sondag, geen tragedie vir ons taal wees nie, maar eerder ‘n bevryding.

Intussen het ons by praag.co.za, wat grotendeels ‘n vrywillige inernetpublikasie is, besluit om ten minste elke Sondagoggend ook ‘n uitgawe aan lesers te bied wat finaal genoeg van die Rapportkoppe gehad het.

Join the Conversation

20 Comments

  1. Ja en amen, Dan slaan die spyker op die kop, dis nou die Dagga, War en al die ander anti-Afrikaner koppe. Ek weet nie wat Rapport se sirkulasie en verkope is nie-seker nog goed onder sogenaamde Afrikaners of Afrikaanssprekendes. Ek is self ‘n rugby ondersteuner en opinie leser, maar die afgelope tyd het ek min die Rapport en Beeld in papiervorm bekyk-dan lees mens ook maar selektief, anders rys die hare op jou rug en jou bloeddruk daarmee saam. Briewe wat geplaas word is baie keer eensydig van die linkse kant, en natuurlik as Pik iets skryf word dit aan die grootklok gehang.
    Hoekom mense vir die Rapport/Beeld se sensasionele stront-jammer vir die woord Praag redaksie, want dit is wat dit is, val gaan die gesonde verstand te bowe. Media 24 en Naspers het nie meer enigiets met substansie behalwe vir die huidige plaas en stedelike terreur en rampokkeroorlog, om te publiseer nie – kyk maar die Huisgenoot – as daar nie ‘n bohaai is om een of ander bekende gemengde huwelik nie, dan trap Steve of Joost weer in dit. Die mentaliteitsvlak van hierdie publikasies is vir ‘n IK vlak van -100.
    Ek dink die Afrikaner media en joernaliste wat nie by Rapport ens. betrokke wil wees nie of is nie, moet aan ‘n alternatiewe blad (hetsy web soos Praag of papier) dink en werk. Hoewel die laaste opsie duurder is en meer insette sal moet bevat.

  2. Ek dink daar is ‘n groot mark vir praag.co.za. Meer nuus, dalk meer sport en die voorgestelde Sondag uitgawe sal gaaf wees. En natuurlik nuus wat vir Afrikaners belangrik is. Baie sterkte vir praag!

  3. Puik geskryf Dan!! Ek hoop die e-pos funksionaliteit werk op jul webblad ek wil hierdie artikel vir so veel as moontlik mense stuur. Ek hoop nie hulle dagvaar jou vir die een nie maar ek moet se jy het nou geskryf wat ten minste 500,000 van ons in ons binneste voel. Bravo, veels geluk en nou moet ek plan maak vir internet op my selfoon dat ek Sondae Praag kan lees. Maak Rapport toe en ons is halfpad gered.

  4. Dankie vir die kommentaar hierbo! Wat Rapport se sirkulasie betref, stuur Igmar Rautenbach vroeër vir my ‘n e-pos aan met ‘n berig waaruit dit blyk dat Rapport in die eerste kwartaal van 2009 van 301,827 tot 282,260 eksemplare gedaal het…

    Hier is die volledige berig (in Engels) wat hy aangestuur het:

    Newspaper and Magazine ABC sales January/March 2009
    Publish: 22 May 2009

    Consumer involvement with print titles during the first three months
    of 2009 reflects a downward trend when measured against the same
    period in 2008.

    Newspapers

    On average, newspaper dailies sales are down 10%. The titles that have
    shown growth are those that are aimed at the lower LSM households, and
    those published in the vernacular.

    Daily Sun went up from 499,436 to 507,328. Son went up from 102,402 to
    107,899 and Isolezwe from 99,098 to 102,454. Sowetan saw a drop from
    145,173 to 130,060.

    As a generalisation it looks the stalwarts are not faring too well as
    their traditional reader, the white urbanite, declines in numbers.

    Daily newspaper Beeld went down from 105,149 to 95,914 and Die Burger
    also recorded a decline from 84,545 to 80,220. Business Day went down
    from 41,975 to 39,516 and Cape Argus from 70,401 to 60,552. Cape Times
    went from 50,621 to 47,514. The Citizen went down from 71,324 to
    67,872 while Daily News went down from 52,018 to 42,274. The Star went
    from 178,294 to 167,214.

    When it comes to weekly newspapers only one newspaper reflects an
    increase and that is Soccer Laduma which went from 292,701 to 317,571.
    The heightening interest in the World Cup is possibly a factor.

    In weekend newspapers, the trend in down for multiracial and
    vernacular titles. The Sunday Times has maintained sales at 504 163.
    Sunday Sun is up from 202,524 to 214,357.

    Surprise losses are City Press which went from 201,790 to 181,816.
    Rapport went from 301,827 to 282,260, Saturday Star from 138,269 to
    130,435 and Sunday World from 203,460 to 180,255.

    There is no change in community newspapers. The Times remains at 140,895.

    Consumer Magazines

    Circulations are mostly down, some up are. Cover prices have not
    increased. Publishers are probably afraid of a negative effect on
    sales. The core reader market is probably declining. The magazines
    that show increases should be checked for their free distribution.

    The major changes are amongst the new launches.

    Celebrity magazine Heat is down from 63,916 to 54,611 and People also
    declined from 113,065 to 96,129. General interest magazine Huisgenoot
    is down from 342,767 to 335,534, You is down from 210,131 to 203,363.

    Conde Nast House & Garden is down from 55,308 to 49,264 and Gardener
    from 34,661 to 28,149. House & Leisure is down from 46,662 to 38,448
    and Garden & Home is down from 67,864 to 60,081

    FHM is down from 80,098 to 74,367 and Men’s Health is also down from
    77,353 to 72,714. Car magazine is down from 105,658 to 95,693 and Golf
    Digest is down from 38,620 to 22,463. Sport Illustrated went down from
    38,805 to 34,844.

    Cleo went down from 30,993 to 22,324 and Cosmo is also down from
    122,714 to 116,714.

    Glamour is down from 98,948 to 90,159 and Elle is down 48,062 to
    39,617. Essentials is down from 44,069 to 38,274. O, The Oprah
    Magazine is down from 74,961 to 54,312.

    Finesse went up from 95,358 to 104,549, Fair Lady increased from
    73,287 to 77,250 and Femina- up 35,532 to 38,201 and Idea/Idees went
    up from 89,746 to 94,729 and Move! is up from 145,779 to 166,630.

    Real Simple has shown a decline from 36,022 to 18,513.

    Sarie is up from 125,612 to 131,064. Soul is up from 37,979 to 54,073.

    True Love is down from 94,468 to 91,479 and Vroue Keur is down from
    89,327 to 82,298. Your Family is down from 65,490 to 63,364. Youth
    magazine, Seventeen is down from 39,452 to 34,306.

    Total circulation includes: Third party bulk sales, PMIE, back issues
    and controlled free distribution.

  5. Die Rapport het ontaard in net nog ‘n Ponie-koerant. Die voorblad is gereserveer vir die twee “has-beens”, Joost en Steve, se veel-wywery & dwelm snuifery. Dit dien ook as ‘n uitstekende advertensie medium vir hul verontwaardigde minaresse se biografiee!

    Ek het lankal belangstelling verloor in Rapport & het dit weke terug al ophou koop! Terme soos “brein-spoeling deur die linkse media” klink dalk na ‘n goedkoop komplot-teorie uit die 80’s maar dis presies waarmee Rapport besig is.

  6. Inderdaad ‘n vreemde spul wat daar by Rapport skrywe. Ek kan bv. nogal goed glo dat mense vir Jan-Jan wil klap. ‘n Ander joernalis se verweer was dat om Jan-Jan te klap is soos om ‘n vrou te slaan. Behalwe dat dit Jan-Jan net nog meer simpel laat voorkom, is dit boonop ‘n flou verskoning aangesien Jan-Jan tog moet besef dat ‘n persoon van die karakter van Steve baie moontlik sy praatwerk met sy vuiste sal wil doen. As jy oor Steve wil skrywe moet jy bereid wees om die klappe en tee in die gesig te vat. Net soos Schuster geweet het dat Kallie Knoetse en Jimmy Abbott hom gaan klap, maar hy was bereid om dit te vat ter wille van sy film.

    Ek vind Koos wel soms amusant, maar vermy enige van sy pogings tot ernstiger kommentaar soos die pes. Dr. Dan som hom goed op; dit wil voorkom asof Koos glo dat alles oukei sal wees as almal net saam gesuip kan raak. (Op Tassenberg of Beyerskloof, of wie ookal hom op daardie stadium borg)

    Nee wat, ek stem saam. Dit is geldmors om vir Rapport se “nuus” in enige vorm te betaal.

    Lekkerlees artikel Dr. Dan.

  7. Raak gevat Dr. Dan. Wat van Bossiekop. of sal dit ook probleme skep?

    Sien uit na die Sondag uitgawe van Praag!!

    ‘n Vraag wat nie hierdie artikel raak nie, maar ek sal graag die derde aflewering van nog ‘n interessante artikel “Twee eeue van onreg deur die Engelse wil lees.

  8. Noem ou Jakes sommer PLOFKOP. Die hare staan mos nes dit wil en sy menings is so onstabiel soos dinamiet.
    Daggakop Kombuis was baie kwaad vir my toe ek kommentaar lewer op sy rubriek, wat eintlik ‘n treurmare oor sy “slegte” pa was.

    My vraag was eenvoudig: “Sou jy jouself beskou as ‘n seun waarop ENIGE ouer trots sou kon wees?” Die antwoord is natuurlik nee. Hy moes ‘n gruwel van ‘n kind gewees het.

  9. Hello Dan

    Daar het ‘n spelfout by hierdie onderstaande rubriek van jou ingesluip. Paragraaf elf. Die woord “gruwelik” is “gruewelik” gespel.

    “14 Augustus: ná 134 jaar word Afrikaans weer onderdruk
    Geskryf deur Dan Roodt
    Vrydag, 14 Augustus 2009

    Gegewe die volslae vertrapping van ons taalregte en die graad van etniese suiwering wat daar reeds teen Afrikaners toegepas word, hetsy in die sin dat ons vanuit ons eie instellings geweer word, hetsy in ‘n letterlike sin waar gruewelike moorde en verkragtings teen ons gepleeg word, is die natuurreg voortaan aan ons kant.”

    Dan wag ek nou al ‘n taamlike ruk dat jy my vraag by die artikel: Dan Roodt – die mens agter die aktivis, antwoord.

    Dankie

    Frikkie Mulder

  10. Dankie vir die uitwys van die tikfout; ek het dit nou reggemaak. Ek is net nou ontsettend besig met allerlei, ook vanaand se toespraak, maar ek kyk weer na jou vraag.

  11. Rapport en Huilgenoot word slegs deur individue sonder rekenaars gelees vermoed ek. Nuus, werklike nuuswaardige artikels, oor werklike en belangrike gebeurtenisse is byna oombliklik op die wereldwye web beskikbaar, gratis, 24 uur per dag, sonder dat dit eers nodig is om na enige courant se webwerf te gaan. Daar word na courante verwys as “the Dead Tree press”, en die media is daarvan bewus.

    Praag is ‘n uitsonderlike en insiggewende webwerf. Dankie.

    Groete
    Cornelia

  12. Mooi artikel Dan. Rapport se kleurling leserstal hou hom aan die leef. Hulle is nou die bevolkingsgroep wat die vinnigste aanteel in SA. Dit is die rede waarom swak joernalistiek, dagga,tik, drank en los seks so baie in die koerant voorkom. Dit is hierdie marksegment se sport.

    Die Afrikaner sal vir hulself moet opstaan soos PRAAG.

  13. Janee, dit bly als dous. Swartes “thrive in chaos” – dis waarom als lyk soos dit lyk, en die bruines is Trojaanse perde – onder die dekmantel dat hul Afrikaans is, dring hulle al wat maatskappy en organisasie in en verengels en veretter als van binne.

    Dous van die duiwel!

  14. afrikaans Rapport
    Estimado Reportero o Periodico, les escribimos desde Chihuahua México.
    Necesitamos información sobre semillas geneticamente modificadas, si nos puidieren dar ma´s infromación les agradecemos Atte. Mario Lerma Sáenz Coordinador del Frente Campesino de Chihuahua

  15. Ek se hoeka laasweek vir n vriend van my. Sedert Tim Du Plessis weg is by Rapport en Liza Alrecht aan die stuur is, koop ek nie meer die Rapport nie.
    Dit komende van iemand wat Rapport sedert sy ontstaan koop en lees ! Deesdae se Rapport lyk meer na n afgewaterde skool tydskrif. Ek kry die idee dat Liza die Britse Ponie koerante probeer nadoen. As Rapport van die toneel verdwyn sal ek dit dus nie eens agter kom nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *