Selfs al word ons militêr deur Oemkoentoe beset, het ons steeds reg op eie skole

Die LUR vir opvoeding in Gauteng, Panyaza Lesufi, wil Afrikaanse skole met lokasieskole saamsmelt, volgens berigte in die media. Vele ouers kan nie eens meer die skoolfonds in Afrikaanse skole bekosting nie, nou wil dié meneer skole saamsmelt sodat hulle die laaste paar rand kan plunder soos in elke samesmelting (munisipaliteite, universiteite, ens.) sedert 1994 gebeur het.

FW de Klerk het gesê hy gaan namens ons onderhandel, toe gee hy sommer oor aan Oemkoentoe. Die ANC het al herhaaldelik gesê dat ons “verower is”. Indien dit wel die geval is, kan ons ons steeds beroep op die tweede protokol van die Geneefse Konvensie wat in artikel bepaal:

3. Children shall be provided with the care and aid they require, and in particular:

(a) they shall receive an education, including religious and moral education, in keeping with the wishes of their parents, or in the absence of parents, of those responsible for their care;

Met ander woorde, hulle het nie die reg om ons skole van ons weg te vat nie, selfs al bevind ons ons onder militêre besetting deur Oemkoentoe, die terroristeweermag van Joe Slovo en Ronnie Kasrils! Al wat in ons pad staan, is die “ekskuus-baas”-houding van al die oud-NP’s en diegene wat ***kruip in die verlede hul beroep gemaak het – en steeds maak.

Het dit nie tyd geraak dat ons ons stemme dik maak nie? Gelukkig is my kinders klaar met skool, maar dit gaan ‘n volslae tragedie wees as ons skole tot lokasieskole “getransformeer” word. Ons kan dit nie aan ons mede-Afrikaners en veral ons kinders aandoen nie!

Naskrif:

HJ Bester, dis nie die swartes wat ‘n obsessie oor blankes het nie; dis ander blankes wat ’n obsessie oor ras het. Mary Metcalfe het eerste hiermee begin, en toe Barbara Creecy, dié vent se voorganger. Dan is daar nog ‘n organisasie soos Section 27 wat deur ’n marxistiese Brit, Mark Hayward, bedryf word en hofsake teen Afrikaanse skole maak of hulle probeer ontwrig deur swartes daarheen te bus en op Engels aan te dring. Die swartes is net pionne of figurante in hierdie Boer-Brit-stryd wat al 200 jaar lank duur. Dis waaroor die stryd tussen my en Steve, aan die een kant, en die Popman Conrad Koch, aan die ander, ook gaan.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *