Christi van der Westhuizen se moralistiese gesanik in Beeld

Ek weet nie wie die snaakste is, Leon Schuster of Christi van der Westhuizen nie! Geen Afrikaner wou in 1992 aan die ANC en SA Kommunisteparty oorgee nie, nie eens diegene (soos ek, tot my spyt) wat “ja” gestem het nie.

Ons is met terreur en propaganda oorwin. En natuurlik liederlik deur FW en Roelf verraai wat ons in ‘n bestel vasgeknel het waarin ons tweedeklasburgers is en daagliks uitgewis word. Dis die ironie van Beeld en elke Naspersorgaan: die werklikheid op die voorblad – moord en doodslag, kragonderbrekings – weerspreek die ekstreem-linkse propaganda op die middelblaaie.

Politiek is ‘n magspel wat bloedweinig met moraliteit te make het. Niemand verstaan dit beter as Links wat nog altyd deur die gedagte van revolusie en geweld aangevuur is nie. PW Botha se hervormings sou geslaag het as daar nie terreur en halssnoermoorde van Links was nie en vandag sou Suid-Afrika ‘n vreedsame federasie of konfederasie gewees het, pleks van dié korrupte, gewelddadige hool wat deur “nuttige idiote” soos Christi met hul dom moralisme goedgepraat word. Natuurlik word die “nuttige idiote” ook goed betaal om ons te onderdruk en ons bates te plunder. Miljarde word verduister, wanbestee of gewoon gesteel.

Daar is feitlik geen opposisiepolitiek in Suid-Afrika nie: die DA is bloot ‘n ANC “Lite” wat regstellende aksie en transformasie beter as die ANC wil toepas. Selfs die bietjie kritiek wat daar op die internet teen hierdie kultuurmarxistiese gemors uitgespreek word, word toenemend gesensureer en mense word met tronkstraf gedreig as hulle die meer groteske geweld en korrupsie aan die kaak stel.

Dis seker wat Christi, die marxistiese feminis wat glo dat die verskil tussen mans en vroue ‘n “sosiale konstruk” is, met “regse populisme” bedoel. Dis nou daardie “abnormale nie-linkses” wat glo dat ‘n lewe nog ‘n waarde het en dat vrouens nie voor die voet verkrag behoort te word nie.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *