Oor randeiers en Boereterroriste soos Hein Grosskopf

Hierdie vent klink al te veel self na ‘n randeier wat nóg iets van internasionale politiek nóg iets van plaaslike politiek begryp. Daar heers oorloë in Sirië en die Oekraïne omdat die Amerikaners dit aanstig. Obama het reeds 7 lande gebombardeer vandat hy aan bewind gekom het. Die VSA is besig om as groot moondheid te taan en destabiliseer een land na die ander uit vrees dat alliansies teen hom mag ontstaan.

Nie net word ons deur ekstremiste regeer wat nou die dag nog motorbomme en restaurantbomme laat afgaan het nie, maar die media in Suid-Afrika is vrot van marxistiese joernaliste wat self gewelddadige revolusie voorstaan en plaasbesettings à la Zimbabwe goedpraat en propageer.

Wie is dus die “radikale Afrikaanse randeiers” na wie hy verwys? Is dit Adriaan Basson en Piet Croucamp wat jag maak op die hoofstroom-Afrikaners wat nog waarde aan hul taal, kultuur, geskiedenis en tradisies heg?

Sy eie gebrek aan helderheid of definisie verklaar dalk sy vrees dat ander hom mag definieer. Daar sterf elke dag 70 mense op die afgryslikste maniere denkbaar – en hy bekommer hom oor ‘n Hein Grosskopf wat iewers in die toekoms weer gaan opduik om terreur te pleeg! Soos die Franse sê: renseignez-vous! Raak ingelig voor jy hier ‘n Klipdrift-en-Coke-briefie kom kwytraak. Julle grysskoen-NP’s het julle dag van glorie gehad en ons land in die gemors gedompel. Die tyd van die Kruiperkaner is vir altyd verby en dis nou weer die Afrikaner wat vir vryheid sal opstaan, soos ons dit nou al van die 1650’s af doen!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *