Antwoord aan ‘n Kruiperkaner

Ene André Smith skryf op Facebook:

En daar is die ander “leier” Dan Roodt wat Frankryk toe gehardloop het om diensplig te ontduik. Nou “veg” hy vir dit waarvan hy weggehardloop het.Selfs Afriforum het hulle van sommige van sy stellings gedistansieer.

Kyk, ou André Smith, jy weet bloedweinig van my af en al die moeilike keuses wat ek al in my lewe moes maak terwyl jy waarskynlik nog altyd die stroom gevolg het, eers onder die NP en nou onder die SAKP/ANC. Dis vanweë julle Kruiperkaners wat nie vir julself kan dink nie dat ons in dié gemors verkeer en soos Zimbabwe net nog ‘n mislukte Afrikastaat gaan word. Wanneer laas was jy in die middestad van Johannesburg, Hillbrow, Berea, ens., die eertydse “Manhattan van Afrika” wat vandag as “Little Lagos” bekendstaan? Kallie Kriel en kie van Afriforum is jaloers daarop dat ek byna 23 000 volgelinge op Twitter het en hulle sukkel om by 1000 te kom. Hulle maak gebruik van smeertaktiek en dink dat hulle so geloofwaardigheid by Naarpers vir hul “knyp-die-kat-in-die-donker”-regsheid sal verwerf. Gaan praat privaat met hulle, dan is dit net Orania voor en agter en die volkstaat wat op die horison wink, maar in die openbaar is hulle te bang om iets te sê want netnou ontneem Adriaan Basson van Beeld hulle van die broodnodige publisiteit waarsonder hulle besigheid nie kan bestaan nie. Ek dink daar is een ding erger as ‘n Kruiperkaner en dit is ‘n Kruiperkaner wat ander Afrikaners in die openbaar belaster of met die polities korrekte teerkwas vir eie gewin bykom!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *