ANC kan nie hernuwe word, moet net weg!

Een van Naspers se werfbobbejane, ene Judith February, skryf vanoggend:

Dit is maklik om die party se trotse stryd teen rasseverdrukking te vergeet teen die agtergrond van die onbeskaamde materialisme van huidige verjaardagvierings.

“Trotse stryd”, watwou! Praat ons nou van die Kerkstraatbom, Magoo’s Bar, die Amanzimtoti-bom, die Quattro-martelkamp, ens.?

Die einste Swede wat die ANC se terreur – ‘n internasionale misdaad! – befonds het, se eerste minister het gesê: “Apartheid kan nie hervorm word nie, dit kan net afgeskaf word.” Net so kan die ANC nie hernuwe word nie; dis so goed jy probeer die Mafia “hernuwe” om voortaan die weeshuise te bestuur. Dis ook ironies dat al die kulturele marxiste wat vir ons al die jare “revolusie” en “radikale verandering” gepredik het, nou skielik bietjies-bietjies wil “hervorm” en “vernuwe”. Totdat die ANC-stelsel afgeskaf word, gaan Suid-Afrika harde bene kou. Al wat ons kan doen, is om onsself te organiseer om die uitwerking van hul wanbestuur, korrupsie en geweld te verminder. Dit beteken meer veiligheidsbuurte, uitwaartse ekonomiese aktiwiteit wat nie aan hul rassewetgewing onderworpe is nie, asook meer vindingryke maniere om aan hul belastings te ontkom. Deur byvoorbeeld geen nuwe motors te koop nie, kan ons baie aan BTW bespaar!

Ook moet die Afrikaanse kultuur herleef – as ‘n alternatiewe identiteit teenoor hul Afro-Saksiese, perverse, siek, dekadente kultuur wat dwelms, prostitusie, misdaad en die uitspattige vermorsing van geld as die ideaal voorhou.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *