Suid-Afrika volg Sowjetgeskiedenis tot op die letter na

Kyk, Suid-Afrika volg nou die Sowjetunie se veelbewoë geskiedenis tot op die letter na, as ‘n mens na die huidige skouverhoor teen Sunette Bridges kyk. Tienduisende mense word jaarliks vermoor, ‘n miljoen vroue word verkrag, maar as jy “ideologies onsuiwer is”, sal jy in ’n openbare skouverhoor verketter en verneder word. En natuurlik speel “die media” in die proses saam. Elke joernalis wil die slaaf van ‘n diktator wees. Dis waarom almal eintlik hunker na die Islamitiese Shariawette en om onderwerp te word. Lees Michel Houellebecq se jongste roman, Onderwerping en hoe Frankryk binne ’n paar uur tot Islam bekeer raak: om hul werke te behou en “in te pas”.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *